’n Voertuig wat Covid-19-toetsmonsters vervoer het, is Maandagmiddag net buitekant ’n kliniek in Motherwell, digby Port Elizabeth in die Oos-Kaap, gekaap.
Maroela Media het vroeër berig kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die Port Elizabeth-polisie, het gesê die kapers het ʼn vuurwapen op die bestuurder van die voertuig en ’n passasier gerig. Die kapers het die bestuurder en passasier van hul persoonlike besittings beroof voordat hulle in die voertuig gevlug het.
Naidu sê die voertuig is later 500 meter van die kapingstoneel gevind. Die Covid-19-toetsmonsters was egter nie in die voertuig nie.
Die nasionale gesondheidslaboratoriumdiens (NHLS) in Port Elizabeth het die kapers en lede van die publiek gewaarsku om nie aan die toetsmonsters te raak nie aangesien dit hoogs aansteeklik kan wees.
Tabita Makula, die laboratorium se provinsiale bestuurder, het gesê patoloë probeer steeds om vas te stel hoeveel toetsmonsters gesteel is, asook die aantal mense wat weer getoets moet word. Die toetsmonsters was in 40 ℓ-koelhouers vervoer.
“Ons kan bevestig die maatskappy is deur ons opdrag gegee om toetsmonsters by ons fasiliteite in die omgewing op te laai,” het Makula gesê. Die kaping het veroorsaak dat al die toetsmonsters nie by die klinieke opgelaai is nie.
Makula sê die kaping sal daartoe lei dat die Covid-19-toetse in die Oos-Kaap nou verder agter raak.
Die polisie ondersoek ’n saak van kaping en diefstal.
’n Drawwer het verlede maand ook Covid-19-toetsmonsters langs die N2-snelweg in Oos-Londen gevind. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het die koeriermaatskappy wat daardie monsters vervoer het, afgedank. Die maatskappy het later erken hulle was nalatig.
Kyk , nou het ek alles gehoor . Die virus het sekere mense se enigste twee breinselle opgevreet .
And what exactly what will those hijackers do with the stolen little monsters?
Selling it on the black market?
Wat my meer bekommer is dat hulle nie weet hoeveel monsters was op die voertuig nie? Het die maatskappy wat dit vervoer hetnie ontvange erken daarvoor nie? Het die plekke waar hulle dit op gelaai het nie aangeteken hoeveel hulle vir die maatskappy gegee het nie? Uiters swak, of is die som om te maak te groot!
In ons land word elke dag die “presiese” getalle gegee, maar dis nou die tweede keer dat monsters “wegraak”. Is die provinsiale regering nie dalk hieragter nie, siende dat die Oos-Kaap se getalle drasties begin klim?
Koos10
Presies wat ek ook wonder, hoe gebeur dit dat die laboratorium niekan dadelik bevestig hoeveel en WIE se toets monsters weg is nie.
Laai hulle die koeler maar net tot hy vol is en gryp die eerste en die naaste toets monsters en gooi dit in.
Dis UITERS SWAK SWAK SWAK en Koos dis maar twee keer waaroor berig was…
Hoeveel raak weg waarvan dieNIEMAND bewus is nie…
Seker nog vakleerlinge in die bedryf, gaan dit seker probeer om as skroot te verkoop.
Die voertuig was duidelik nie goed genoeg gemerk dat dit uiters gevaarlike biologiese materiaal vervoer nie. Nóú wil hulle mense waarsku! Hoe belaglik kán als nog raak? Sjuks, as ek daardie bestuurder sou wees, en iemand rig ʼn vuurwapen op my, sou ek darem mooi vertel: “Dankie, tog, Meneer! Ek is só dankbaar u wil eerder die risiko oorneem om van die monsters in hierdie voertuig aan te steek as ek! Vat gerus die stuurwiel, want dit was absoluut aaklig vir my om die werk te moes doen sonder enige erkenning van my werkgewer af!” Hahahaha! Terloops, daai monstertjies is useless om te toets as hulle te lank rondgerits het of ver bokant vriespunt opgewarm het. Praat van onbetroubare statistieke–dis waarskynlik hoekom NHLS se resultate so ʼn lae proporsie positief is. So kom die waarheid uit!
Tragies dat byna elke regerings instelling ineengestort het…niks werk meer effektief nie en die land is gedreineer van geld en kennis.
Die storie klink nie waar nie. Die voertuig is 500 meter van die kapings toneel af gevind. En die kroeks vat so wragtig die Coronavirusse saam? Dis dik vir ‘n daalder.