Lady Antebellum kom nié meer na SA

Lady Antebellum (Foto: Facebook)

Die Amerikaanse musiekgroep Lady Antebellum se twee konserte in Suid-Afrika is gekanselleer.

Big Concerts het dié nuus Dinsdag bevestig.

Die groep was veronderstel om op 13 Oktober in Kaapstad op te tree en op 15 Oktober in Johannesburg.

Die organiseerders het in ʼn verklaring gesê die konserte word gekanselleer in die beste belang van Hillary Scott, die groep se hoofsanger, en haar ongebore tweeling se gesondheid.

Die groep, met die ander lede Charles Kelley en Dave Haywood, het aan Suid-Afrikaanse aanhangers om verskoning gevra. “Ons is baie bly vir Hillary en haar tweelingdogtertjies, maar ons wil groot verskoning aan ons aanhangers vra. Ons droom al vir jare daarvan om in Suid-Afrika op te tree en kan nie wag om nuwe planne te maak om julle pragtige land te besoek nie.”

Só werk die terugbetalings

As jy jou kaartjie by Computicket gekoop het, sal die geld outomaties weer in jou bankrekening terugbetaal word. As jy jou kaartjie by ʼn winkel gekoop het, moet jy na ʼn Computicket gaan om daar ʼn terugbetaling te ontvang. Alle terugbetalings sal binne 30 dae van die konsertdatums geskied.

Vir meer inligting, stuur ʼn e-pos na Computicket by [email protected] of skakel 0861 915 8000.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Koos1 ·

En wie kry die rente op die miljoene rande wat aan Computicket betaal is en in hulle rekening gelê het?

Lola ·

Wel ou Koos, ek hoop Computicket of Big Concert. Daardie mense het almal verniet gewerk. Jyt nie eers ‘n kaartjie gekoop nie so moenie dat dit ‘n probleem vir jou wees nie.

Alida ·

BLY WEG UIT SA!!!! Julle sal op die lughawe al besteel en beroof word.

Amelia ·

Janee hoor as julle gesien het wat het met ‘n hele toergroep HOLLANDSE toeriste gebeur sou ek julle ook eerder afraai om OOIT SA te besoek. Julle is fantastiese sangers en ek is een wat julle graag sou wou hoor, maar asb ter wille van julle eie veiligheid BLY WEG UIT SA UIT!

Boet Fasie ·

Baie goeie besluit – bly weg uit Suid Afrika met sy staatskaping, motorkapings, bende geweld, plaasmoorde en duur brandstof.

Carien ·

Ag liewe hemel Boet en Amelia en Alida is daar werklik niks positief in julle lewens nie? Ons het n fantastiese land met wonderlike mense en julle sien niks goed daarin nie…

Cacophony ·

Ja ons het ‘n fantastiese land maar feite is feite! Kan nie weghardloop van die feite oor die nonsens wat hier aangaan nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Die dae toe nuus deur ‘n posduif afgelewer is is lankal verby en vandag versprei nuus soos die klap van die vinger. Wie sal na ‘n land gaan waar hy beroof, verkrag of vermoor word? Hierdie groep het besef hul lewes is nie veilig nie.

charmaine ·

Het sy nou eers uitgevind sy is swanger, HUH? En ja tien teen een sou hulle klank toerusting op OR “weggeraak” het.Stem saam met Sarie van Heerden. En dan mors hulle geld om te gaan se hoekom ons die rugbybod moet kry? Regtig? Dit sal nou vir jou n oop veld wees om mense plat te duik en te beroof! Hoop daai Hollanders gaan vertel wat se wonderlike baie kort skade vakansietjie hulle hier gehad het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.