‘Lady R-paneel gaan moeilike vrae moet beantwoord’

Die onafhanklike paneel wat Sondag aangestel is om die bewerings te ondersoek dat Suid-Afrika wapens deur middel van die vragskip Lady R aan Rusland verskaf het, gaan nou moeilike vrae moet beantwoord.

Só sê Kobus Marais, die DA se skaduminister van verdediging en militêre veterane.

“Sodra die nodige vrae beantwoord is, sal diegene wat verantwoordelik is vir die diplomatieke flater verantwoording kan doen.”

Die president het regter Phineas Mojapelo as voorsitter van die paneel aangestel, met adv. Leah Gcabashe en Enver Surty wat as lede in die paneel sal dien.

Die ondersoek volg ná Reuben Brigety, die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, se onlangse bewerings dat Suid-Afrika einde verlede jaar wapens en ammunisie aan boord van die Lady R, wat in Desember in Simonstad vasgemeer het, na Rusland gestuur het.

Volgens Marais moet die departement van internasionale betrekkinge veral antwoorde gee oor hul rol in die hele debakel aangesien Brigety gesê het Suid-Afrika is op diplomatieke vlak ingelig voor die Lady R se aankoms in Suid-Afrika.

Marais sê gegewe die president se skielike aptyt om hierdie saak op te los, hetsy weens druk vanuit internasionale diplomatieke kringe óf die sakesektor, moet antwoorde dringend op die volgende vrae verskaf word:

  • Waarom is die skip toegelaat om die amptelike toegangs- en uitgangspunte van Portnet-hawens te vermy en Suid-Afrika se vlootbasis te misbruik?
  • Kan die vragmanifes van die Lady R bevestig word en is daar bewyse daarvoor? Die Lady R se vragmanifes moet volgens internasionale skeepsregulasies beskikbaar gestel word.
  • Wie het toestemming gegee dat die Lady R deur twee vlootvaartuie na die Simonstad-vlootbasis begelei word en wie het toestemming gegee dat AB Logistics, Krygkor se logistieke maatskappy, die basis mag gebruik?
  • Was AB Logistics verantwoordelik vir die ontvangs en aflewering van die vrag by die Ammu-depot in Mookgopong, asook die aflewering van enige gelaaide vrag?
  • Wat was die geldige invoertydperk van die ammunisie-invoerpermitte wat in 2019 en 2020 goedgekeur is? Indien verleng, wanneer is die aansoek gedoen en wanneer is dit deur die Nasionale Konvensionele Wapenbeheerkomitee (NCACC) goedgekeur?
  • Wie het toestemming gegee vir die verslapping van die veiligheids- en sekerheidsmaatreëls van die vlootbasis, sodat die beweging van vrag, voertuie en mense feitlik ongehinderd kon plaasvind gedurende die nagte van 6 tot 8 Desember 2022?
  • Was die minister van verdediging, die opperbevelhebber van die Suid-Afrikaanse Weermag en die opperbevelhebber van die Suid-Afrikaanse Vloot daarby betrokke om hierdie toestemming te gee of bewus daarvan? Indien nie, hoekom nie? Indien wel, wat was hul rolle en hoekom het hulle dit nooit erken nie?
  • Was gemagtigde amptenare van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), departement van binnelandse sake, departement van handelsnywerheid en mededinging en polisie beskikbaar en betrokke by die af- en oplaai van die vrag? Indien nie, hoekom nie? Indien wel, wat was hul opdragte en rolle in hierdie verband?

Oorreaksie

Die Russiese vragskip Lady-R. (Foto: Twitter)

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê die aanstelling van die paneel is ’n oorreaksie op die gebeure rakende die Lady R.

“Hierdie oorreaksie maak dit duidelik dat die voorval ’n groot verleentheid vir die regering is,” sê Groenewald.

“Dit is nie nodig om so ’n omvattende paneel van ondersoek van drie mense daar te stel nie. Een ondersoeker sou voldoende gewees het.

“Eintlik behoort die president net die nasionale konvensionele wapenbeheerkomitee te vra om hom van die dokumentasie oor die gebeure te voorsien. Die wet vereis dat alle in- of uitvoere van wapens deur hierdie komitee goedgekeur moet word.”

Groenewald meen ook dat dit onaanvaarbaar sal wees indien die paneel gaan probeer om gewone amptenare die sondaars te maak vir die gebeure om politici skotvry daarvan te laat afkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

annie ·

Al die ou grensmanne wat vir ‘n ander se volk en vaderland geveg en gesterf het en vas geglo het hul veg saam met 007 teen die staaltand-Russe wil graag ‘n VSA staande mag in die Kaap ontplooi sien in ‘n onafhanklike staat met Big John as onse Zelensky. Die Amerikaners begeer beheer oor die ou Kaapse roete. When a stupid plan comes together. Dwaas verby.

Republikein in die Wes Kaap ·

Baie van ons ou grensmanne hou ook nie van Amerika nie, maar indien hulle ons kan help met onafhanklikheid is die saak reg. Die res van die hool is nou ‘n korrupte rioolput wat gedoem is. Terloops, die DA steun (nog) nie onafhanklikheid nie, al verbeel die premier hom hy is in beheer van die provinsie se buitelandse beleid.

Di ·

Asof die President nie alreeds die waarheid weet nie! GEEN komitee wat deur die korrupte ANC kaders od the President aangestel word, kan vertrou word nie. Hulle sal verseker weer ‘n plan he om alles toe te smeer.

JohnnyS ·

Nog ‘n tandelose ondersoek wat miljoene belasting geld gaan mors en op die einde van die dag nie eers die papier gaan werd wees waarop dit geskryf is.

Servaas ·

Die hele spektakel sal n nulletjie baar. Nes al die ander. Ek kul jou hier en ek kul jou daar en ……

Leon ·

Die insluiting van n oud ANC minister in die paneel laat die wenkbroue lig. Hier is duidelik geen sprake van n onpartydigheid nie.

Kobus ·

As opperbevelvoerder van die weermag / president van die land wonder ek waaro nog ‘n kommissie aanstel. Die agbare prseident behoort mos die minster van verdediging en hoof van die vloot in te roep en te vra of dit waar is of nie. Geen top ampenaar gaan aan die pen ry nie. Laer range gaan weer onder die bus gegooi word. Hier was/is mos protokol wat gevolg moes word. Waarom voer die ANC weer ‘n eierdans rondom hierdie kwessie uit? Hier is iets nie pluis nie en om ‘n voormalige ANC minister deel van die ondersoek te maak is lagwekkend. Vraag is, as een lid van die paneel die waarheid uitwys en die ander twee stem teen hom/haar,wie se geloofwaardigheid gaan weerspieel word?

Republikein in die Wes Kaap ·

Die keuse is eenvoudig, maar tog moeilik. Dis óf EU/NAVO wat binnekort ook Japan en Australië insluit óf die BRICs geleide groep wat binnekort ook Argentinië, Mexico, Iran, Saudi Arabië, Indonisië, Maleisië, Viëtnam, Nigerië, Kenia, Ethiopië en Egipte insluit. Wees pelle met die eerste groep en jy is gewild in die Weste, maar vervreem van die ander leiers in Afrika wat sal voordeel trek uit groeiende betrekkinge met China en bekostigbare brandstof en gas.

Danie ·

Korrek net n mors van tyd en geld.Die spul weet presies wat hulle gedoen het moet nou net kul jou hier en sien daar.

Jaco ·

Kan die Lady R-paneel asseblief ook uitvind waarom Rusland nie SA se “steun” vir die oorlog teen die Oekraïne beloon nie? Goedkoop petrol uit Rusland en Russiese tegnologie om eskom reg te ruk, sal regtig báie help.

domheks ·

Maar weer die ou ou storie – cr skep werk vir sy kaders. Die trog moet leeg!

Heinrich ·

Ons wag nog op reaksie van die verslae van die wapenskandaal en Zondo, as hulle die verslag op die tafel het, wat dan?

Marthinus ·

Weet Suid Afrika Se nommer 1 dan nie wat in sy eie land aan gaan Nie? G’n wonder ons sit vandag waar ons sit

Willempie ·

Oogverblindery. Tbe Report has already been signed, sealed and delivered. Dit was die SKIM.

Dup ·

Waarom duisende rande verkwis om ñ “paneel” saam te stel?
Erken die president daarmee dat hy,(en sy regering), nie weet wat in SA aangaan nie?
Sekerlik moes iemand tog bevele gegee het en dan ook sekere reëlings getref het!
Ons woon in ñ land waar niks meer ordentlik funksioneer nie.
“The Lady R” het soos ñ groot speld verdwyn…..

André ·

“verantwoording” Was nog nooit in die ANC se woorde skat nie – Anders sou meeste van hulle in die tjoekie gewees het

Martin ·

Die Lady R wat in Simonstad, Suid Afrika was vaar onder die vlag van die Russiese Federasie en behoort aan Rusland. Die skip is ‘n vrag skip met ‘n 603 TEU kapasiteit (Vermoë om 603 shipping containers aan boord te laai). Enige skip het ‘n cargo manifest met ‘n spesifieke manifest nommer, die vrag details word bekend gemaak in die manifest met ‘n gedetaileerde beskrywing by watter port dit gelaai word asook die eindbestemming. Die mense by Customs asook Port Authorities in Suid Afrika sal oor die manifest details beskik. Daar kan somtyds komplikasies wees oor wapens wat per charter skip vervoer word dit is waarom sensitiewe informasie nie openbaar aan die publiek bekend gemaak word nie. Ons regering het nou ‘n blik wurms oopgemaak en nou moet Suid Afrika verduidelik wat op daardie skip was. Die skip is tans naby Ukraine in die Swart see oppad vanaf Novorossiysk na China.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.