Ladybrand-vrou met steekwonde in afgebrande huis gekry

mes-aanval

Argieffoto

Die kêrel van ʼn 34-jarige vrou van Ladybrand in die Vrystaat verskyn Dinsdag in die dorp se landdroshof nadat hy haar vermoedelik vermoor het en toe haar liggaam aan die brand gesteek het.

Kapt. Phumelelo Dhlamini, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie en brandweer is Saterdag omstreeks 19:30 deur die bure van die vrou, Kedebone Ramabodule, ontbied toe hulle opgemerk het haar huis is aan die brand.

“Brandbestryders het die brand onder bedwang gebring, waarna hulle die vrou se verbrande liggaam in die puin gevind het. Daar is vasgestel dat sy ook verskeie steekwonde aan haar liggaam opgedoen het,” het Dhlamini gesê.

Die polisie het begin ondersoek instel en vasgestel dat die oorledene vroeër die dag saam met haar kêrel by die huis gesien is. Die polisie het na hom begin soek en hom by ʼn gewilde ryloopstaanplek in die dorp opgespoor.

“Hy is aan die moord verbind deur sy klere wat bloedmerke opgehad het. Hy is dadelik in hegtenis geneem en na die Ladybrand-polisiestasie geneem.”

Die man staan tereg op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

René ·

Ja dit is baie grusaam. Ek is ‘n inwoner van Ladybrand en daar is ma ‘n rowwe storie agter die storie.. Maar hy het ook baie erge dinge anders haar gedoen. Maroela Media moet ‘n volledige berig doen as die saak verby is en al die detail kry. Die man sal tien teen een borg kry. Dis mos hoe hulle gestraf word in ons land.
Dankie Maroela Media vir julle goeie berigte en dat julle ons op hoogte hou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.