Laekoste-behuising op gholfbane kan eiendomswaarde bedreig

Argieffoto (Foto: Angus Fraser/Pixabay)

Die VF Plus meen die Demokratiese Alliansie se voorneme om laekoste-behuising in die Kaapstadse metro te vestig, onder meer op bestaande gholfbane, beteken dit kan ook in ander metro’s en munisipaliteite gedoen word waar die DA in beheer is.

John Steenhuisen, leier van die DA, het luidens ’n berig in Netwerk24 in ’n onderhoud met die nuuskanaal Newzroom Afrika gesê hy het reeds opdrag aan Kaapstad se metroraad gegee om gholfbane vir behuising beskikbaar te stel aangesien daar ʼn “oorvloed” bane in die metro is.

Steenhuisen het gesê daar word gekyk na moontlikhede van gholfbane binne die stad se stedelike grense. “Daar is plekke waar daar ʼn oorvloed gholfbane is. Ons het die stad opdrag gegee om te kyk hoe ons moontlik dié stukke grond, wat goed geleë is, kan aanwend vir gemengdegebruik-ontwikkelings waar mense kan woon, werk en speel binne die stedelike grense.”

Volgens Steenhuisen is dié gebiede ideaal omdat skoolgeleenthede, gesondheidsdienste reeds ingerig is en dit toegang bied tot ekonomiese geleenthede.

Volgens hom is die vinnige koers van verstedeliking nie net beperk tot Kaapstad nie, maar ook die res van die kontinent.

Stad Kaapstad het in Februarie verlede jaar aangekondig dat hy van voornemens is om 45 hektaar openbare grond aan die Rondebosch-gholfklub te verhuur, eerder as om dit vir behuisingsontwikkeling te gebruik. Behuisingsaktiviste het meer as 1 660 besware uit die publiek ingedien teen die hernuwing van die huurooreenkoms.

Die VF Plus is egter bekommerd oor die feit dat die DA klaarblyklik nie die impak van hierdie besluit op die ekonomie, werkskepping en eiendomswaarde in ag neem nie.

“Die stap sal verreikende gevolge inhou vir honderde mense van alle rasse wat vir hul lewensbestaan van gholfbane afhanklik is,” sê Lennit Max, VF Plus-burgemeesterskandidaat in die Kaapstad-metro. “Daar sal ‘n impak op eiendomswaarde in gebiede waar dié laekoste-behuising gevestig word wees. Die waarde van eiendomme in só ’n gebied sal oornag ingrypend verminder.”

Max sê hierdie besluit moet in ’n baie ernstige lig beskou word aangesien Steenhuisen as leier van die party wat in die Wes-Kaap en die Kaapstad-metro regeer, nie verkiesingsbeloftes kan maak sonder om dit na te kom nie.

“Die VF Plus sal graag wil hoor watter gholfbane in die Kaapstad-metro as oorbodig beskou word en watter prosesse gevolg gaan word om dit te onteien en te ontwikkel. Duisende klublede, werknemers en talle sake-ondernemings en kontrakteurs wat ’n inkomste uit gholfbane verdien en direk geraak kan word, en veral diegene wat eiendom in die omgewing van ’n gholfbaan besit, verdien om nie hieroor in die duister gehou te word nie.”

Die VF Plus is van mening dat hierdie aangeleentheid ernstige gevolge vir gemeenskappe sal inhou wat getrou hul belastings en dienstegelde betaal om die stad se koffers aan te vul.

Max voeg by die kwessie van beskikbare grond in die metro vir bekostigbare, of laekoste-behuising, het lank reeds ontaard in ’n moddergooiery tussen die DA en die minister van openbare werke en infrastruktuur, Patricia de Lille en dit het klaarblyklik tot hierdie besluit gelei. Die VF Plus sal hierdie proses ten sterkste teenstaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Bernard ·

Intussen duur die Xhosa-migrasie uit die OosKaap ongestoord voort. Maak dit lekker en mense sal kom.

Owlie ·

VF Plus julle is punk Dit is totaal belaglik om Golf bane wat n reuse toerisme aantreklikheid is n ook n reeds fevedtigde behuiding het asook eiendomswaarde in die omtrek verhoog vir lae koste behuising te gebruik Daar is meer as genoeg on gebruikte of selfs onwettig besette grond wat vir lae koste behuising gebruik kan word. Gaan ry op die Kaapstad N1 en kyk na die weermag kamp se grond wat net ongebruik lê, hierdie is een van vele gronde Vraag is of die DA, minister van openbare werke en regering langs of naby hierdie lae koste behuising sal bly

Moereloosverby ·

Ruik effens na sosialisme of kommunisme of stinkisme…

Hardekwas ·

Ek dink dis n puik idee. Dié grond is huidiglik slegs beskikbaar vir n baie klein persentasie bevoorregtes. Die rykes dink mos hulle loop op water en is onaantasbaar. En nee, ek is nie n da ondersteuner nie.

Harley Davidson ·

Dit is vir my die domste idee ooit,gebruik die ongebruikte grond vir behuising en los ontwikkelende grond wat reeds inkomste genereer uit.

Hardekwas ·

Die alternatief wat wag is dat plakkers op jou erf kom huis opslaan. Ek verkies om golfbane prys te gee ter wille van die behoud van my eie eiendom.

Harley Davidson ·

Ek dink dit is nie haalbaar en net ‘n foefie om stemme te wen.

Harley Davidson ·

Die vuil politiek is erg die jaar da val vf+aan en andersom maar niemand het die moet om onderhandelinge te begin vir ‘n onafhanklike tuisstaat waar al probleem sal wees om onwettige immigrante uit te hou.

Di ·

Kyk, nou het ek als gehoor maar DIT is absurd! Lyk my die DA begin nou nes die ANC dink

Misky ·

Indien ek ‘n huis koop of in eiendom belê, kyk ek na die omgewing en watse atraksies daar in of naby die buurt is. Boonop bly ek so ver moontlik weg van informele behuisings areas. Nou wil hulle dit in en na die gegoede buurte bring. Laaste bietjie respek vir Steenhuisen verloor!!!!

Danie ·

Tot honderde se nadeel maar tot honderde duisende se voordeel.
Neewat die skrif is aan die muur.
Die beste is om geen eiendom in hierdie piesang land te besit nie.

Swerwer ·

Belaglik, daar is genoeg onbesette staatsgrond waar die laekoste behuising opgerig kan word. Die ANC doen nou alles in hul vermoë om stemme te werf vir die verkiesing. Mag ons Hemelse Vader vinnig ingryp.

Winnie ·

Kan jy glo en ek was van plan om DA te stem. Nou bleik dit fout te wees

Harley Davidson ·

Ek sekondeer daar is nou geen party meer om voor te stem nie ,sal maar op verkiesing dag in die tuin werk en ‘n vleisie braai .

Francois Le Cochon ·

Ek sal graag wil weet watter skole naby gholfbane is nie alreeds oorvol nie, en watter verkeer naby gholfbane is nie alreeds chaos nie.

Jack ·

Jy gaan nie stemme by die plakkers kry nie en jy gaan myne verloor. Swak ondeurdagte besluit wat herrinner aan die distrik ses ontruiming.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.