Laer brandstofprys verwag weens koronavirus

Argieffoto

Die Automobiel-Assosiasie (AA) sê die petrolprys sal teen volgende week na verwagting tussen 9c en 19c per liter daal, terwyl diesel met tot 55c per liter sal daal.

Die prys van paraffien sal op sy beurt na verwagting met 68c per liter daal. Dít te danke aan die gevolge van die gevreesde koronavirus, oftewel Covid-19, op die internasionale ekonomie.

Die uitwerking van vrese vir dié virus op die internasionale ekonomie het vir een van die skerpste dalings in petroleumpryse die afgelope jare gesorg

Luidens die verklaring is dit moeilik om voorspellings te maak oor die petrolprys aangesien die rand se waarde sedert die begrotingsrede vroeër vandeesweek nog nie teenoor die Amerikaanse dollar versterk het nie.

Volgens die AA neem die algemene konsensus onder ekonome boonop toe dat dit nie meer lank gaan duur voordat Suid-Afrika verder afgradeer word nie.

“Dit sal die wisselkoers tussen die rand en die Amerikaanse dollar onvermydelik beïnvloed, maar die wêreldwye afname in vertroue en ekonomiese uitset weens die koronavirus kan ʼn balanserende faktor wees in die vorm van laer internasionale petroleumpryse.”

Die AA waarsku dat Suid-Afrikaners nie moet staatmaak op bepaalde uitkomste te midde van die gevreesde koronavirus nie, aangesien die gevolge daarvan en die toekomstige ekonomiese toestande in Suid-Afrika nog glad nie duidelik is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
ZeldA

Shame

Ronel

Hulle begin klaar verskonings uitdink hoekom dit volgende maand met R3/L gaan styg. Maak ons mak met ‘n paar sente af, dan weer ‘n skerp styging.

Santjie

Goed…. nou hoe kom ons by daai som uit…. het die brandstof nou minder “skop”?

Pieter

Olie prys daal dalk maar die Rand verswak so sleg teenoor die Dollar dat ek dit nie kan sien gebeur nie. Plus die R3-71 wat die petrol prys gaan toeneem met die belstinhs en levies… R20 per liter hier kom ons.

Johann

Ons mag wonder wanneer en óf die rand óóit veld sal wen teen internasionale geldmarkfondse.