Laer brandstofpryse wink

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Maroela Media)

Aansienlike dalings in brandstofpryse word in September verwag, met petrol wat tot R2,60 goedkoper kan wees.

Die Automobiel‑Assosiasie (AA) sê volgens die huidige ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds (SEF) sal Suid-Afrikaners volgende maand na verwagting onder R23 per liter vir petrol betaal. Die AA meen hoewel dit steeds hoër is as aan die begin van die jaar, behoort dit tog ’n mate van verligting vir verbruikers te bring.

Volgens die data sal 95-oktaan-petrol met R2,60 per liter daal en 93-oktaan-petrol met R2,45 per liter. Die groothandelprys van diesel sal na verwagting R2,30 per liter goedkoper wees en die prys van paraffien sal moontlik met R2,00 daal.

Volgens die AA sal die verwagte dalings ook nie deur enige terugbetalings aan die algemene brandstofheffing geraak word nie.

“Die dalings in brandstofpryse in Augustus is ietwat geneutraliseer deur die 75c/l vir petrol en diesel wat aan die algemene brandstofheffing teruggegee is. Maar die afnames wat in September verwag word, het nie daardie probleem nie,” het die AA in ʼn kort verklaring gesê. Die vernaamste drywers agter die dalings is ’n versterkende rand en laer internasionale oliepryse.

“Die verwagte dalings is goeie nuus vir verbruikers wat die afgelope ses maande deur hierdie pryse geknou en gekneus is.” Die AA sê hoewel hierdie syfers belowend is, moet in ag geneem word dat dit slegs middelmaanddata is en dat die prentjie aan die einde van Augustus wel kan verander voordat die aanpassings vir September gemaak word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Vinny ·

Nee die kospryse daal nooit wanneer brandstofpryse styg nie, maar sit pryse dadelik op met die geringste styging….

Kobus ·

Met die pryse wat styg kan jy dalk een en ‘n halwe brood en nie 2 brode koop nie

Harley Davidson ·

Wanneer skrap die regime die buitensporige heffing hulle gebruik dit in elk geval nie vir waarvoor dit bedoel is nie.

Voilet ·

Regtig??? Nog steeds vrek duur

Ek loop gister in Makro en was so lus vir hot dogs..maar om R80 vir ‘n pak viannas te koop is belaglik. Hierdie petrol pryse laat die voedsel pryse net so erg styg. Hoe leef jy ??

Koos 100 ·

Ek word gedwing om navorsing te doen en daarvolgens inkopies te doen. Ek het die naweek 1kg viennas, nogal ‘n handelsmerk, teen R40.00 gekoop. Doen jou huiswerk en moenie skroom om kleiner winkels ook te besoek nie. Groot supermarkte is in my opinie aansienlik duurder met items nie op “special” nie.

Elma ·

Kan kruideniersware ook nou goedkoper word asb? Lyk vir my die trokke wat die appels en pere aflewer gooi erens nog steeds van die duur brandstof in.

Swerwer ·

Grapjas! Nou lekker gelag. Natuurlik kan die pryse nie daal nie want dit is te veel werk om dit te verminder!

Swerwer ·

Smeer heuning om die monde van die wesens om verdere opstande en vernietiging te probeer voorkom maar as die einde van die maand aanbreek is hierdie sogenaamde verlaging van die baan en word die oorlog weer die skuld gegee vir die olieprys wat konsuis weer die hoogte in geskiet het en is daar nie ‘n merkwaardige verskil in die prys nie. Wat van gas pryse?

JohanR ·

Wow! Kan nie wag om my tenk vol te maak! Hule dink hulle doen nou die land ‘n hengse gins.

Willem ·

Net jammer die winkeliers gee nie die verlaging deur aan die verbruiker nie. Húlle mag miskien minder betaal om die goedere by hul winkels te kry maar óns betaal nie minder nie. Die pryse bly dieselfde.

Bart-Man ·

Moet sak met nog R10 pl voordat dinge naastenby terug na normaal sal wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.