Laerskool gesluit ná skarlakenkoors-uitbreking

Argieffoto ter illustrasie.

Die Laerskool Vaalwater in Vaalwater, Limpopo, is met onmiddellike inwerkingtreding gesluit weens ʼn uitbreking van skarlakenkoors.

Die skool het in ʼn kennisgewing gesê die provinsiale departement van onderwys het die skool, sowat 60 km buite Modimolle (Nylstroom), tot verdere kennisgewing gesluit weens die hoogs aansteeklike aard van die siekte.

Ouers is versoek om onmiddellik hul kinders by die skool te kom haal. Die provinsiale departement van onderwys is om kommentaar genader en daar word gewag op terugvoer.

Skarlakenkoors is ʼn bakteriële siekte wat kan voorkom in kinders met keelontsteking of velinfeksies. Dit veroorsaak ʼn uitslag oor ʼn groot deel van die liggaam en daar is amper altyd die simptome van ʼn seer keel en koors. Skarlakenkoors kan ook braking veroorsaak en die kliere in die nek laat swel.

Dit begin gewoonlik as ʼn rooi vlekagtige uitslag en knoppies wat soos skuurpapier voel. Die uitslag kan tot twee tot drie dae voordat ʼn persoon siek voel, voorkom of tot sewe dae daarna.

Skarlakenkoors word met antibiotika behandel. Die uitslag duur drie tot sewe dae en word gewoonlik gevolg deur die verskilfering van die vel. Pasiënte wat nie behandeling ontvang het nie, moet vir ʼn week of twee afgesonder word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Danette Sevenster ·

Uitbreking?! Dis nie ‘n woord nie! Dis ‘n uitbraak.

Sune van Heerden ·

Dagsê Danette

‘n Mens verwys na ‘n “uitbreking” van siektes.
“Uitbraak” verwys slegs na die aksie wanneer iemand vomeer (bv. “Hy het naar geword en al die kos uitgebraak”) en ontsnapping uit ’n gevangenis (bv. “Die uitbraak van ses gevangenes uit die tronk”).

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Lizelda ·

Dankie Sune van MM, party mense lees n berig net om spelfoute ens. op te tel, hulle vergeet vd eintike storie/nuus.

Thelsa ·

Word hierdoe siekte nie gedek deur die immunisering van voorskoolse kinders nie ?

Laura ·

Dit is veronderstel om so te wees. Maar aangesien die “anti-vaxers” glo dat die immunisasies sleg is vir hulle kinders, kom al meer van die amper afgestorwe siektes soos masels, polio, ens. weer te voorskyn.

Claudia ·

Vals Laura, vaccines gee nie immuniteit nie as jy oplees daaroor sal jy dit weet. En daar is nie n vaccine vir die siekte nie. Mense moet bietjie meer om aan hulle kinders se immuniteit te werk en nie te hardloop vir allerhande mediseine nie.

Joelene ·

Thelsa – nee daar is nie ‘n entstof vir die siekte nie . En al was daar is daar nog steeds geen waarborg dat jou kind dit nie kan kry nie. Met al die “live vaccines” word daar duidelik genoem dat jou kind nog steeds masels, waterpokkies of pampoentjies kan kry al word hulle ingeent. No vaccine gives immunity!

Spook ·

Jy kan dit soms steeds maar baie ligter… Julle no vaccine mammas begaan n groot fout….. Tyd sal julle wel wyser maak….

Louise ·

Dit is weird dat dit nie op ander nuuswebtuistes is nie.

@Thelsa; dis complicated en ek dink hulle maak ‘n groter issue daarvan as wat dit is.

Dit word gecover deur die MMR, Measles, Mumps and Rubella inenting.

My jongste (nou 6); het dit 2 keer gehad; alhoewel ek nie 100% seker is dat dit wel dit was nie; want hy’t die simptome van Masels gewys; maar die Dokters kon nie uitfigure dat dit ‘n Masels-rash was nie; tweedens; hy het seertjies in sy mond gehad; toe klassifiseer en behandel die Dr(s) in die 2 gevalle (dit was so 8 maande uitmekaar met seisoensveranderings); vir Skarlakenkoors.

Maar; dit het gepaart gegaan met sy immuniteit was af en hy was besig om sy 5 jaar kiestande te begin sny. My kleinding het “8” keer Babamasels gekry :) :)

Elke keer met van sy eerste tande. Tipiese simptome.

So; net soos met Masels; hulle sluit skole sodra meer as een kind in meer as een graad dit het; maar kinders bo 10 is minder vatbaar daarvoor; so ja; mense moet nie panic nie; dis darem nie Listeriosis nie.

Alta ·

Daar is nie ‘n entstof vir skarlakenkoors nie en dit word ook nie deur enige ander entstof gedek nie. Dit is gelukkig nie meer die lewensbedreigende siekte wat dit vantevore was nie omdat kinders oor die algemeen sterker en gesonder is weens goeie voeding, higiëne en moderne sanitasie. Boonop word dit maklik met antibiotika behandel.

Lizelda ·

Dankie Sune van MM, party mense lees n berig net om spelfoute ens. op te tel, hulle vergeet vd eintike storie/nuus.

Speedguard ·

Daar is altyd die mense wat op ander se “foute” floreer !!

WNwhzn ·

My man wat 39-jaar oud is het 3 week terug Skarlakenkoors gehad, hy het al sy inentings gehad, daar is nie ñ inenting daarvoor nie. As jou immuniteit af is of jy’t ñ swak immuun sisteem kan jy dit kry en antibiotika is nodig om die Strep bakteria op te klaar of dit raak lewens gevaarlik, tas jou hart en niere aan. Dis ñ oudtydse siekte wat weer begin terugkom het, Engeland laas jaar, toe die Kaap, nou Limpopo, ñ paar gevalle in Centurion, niks te doen met anti-vaxxers nie.

GM ·

Van die inentings verhoog party mense se kanse om sekere siektes te ontwikkel. Skarlakenkoors was ook iewers tussen een van die inentings se ‘moontlike nagevolge’. Ek kan net nie onthou watse een dit was nie. Net omdat jy ingeënt is teen iets, beteken nie jy is immuun nie. Die kanse is net skraler dat jy aangesteek word, en as jy wel aangesteek word, is jou simptome gewoonlik minder erg as dié van ‘n persoon wat nie ingeënt is nie. Die prinsiep werk op jou immuunstelsel se ‘memory cells’.
Mense gee ongelukkig te gou antibiotika vir hul kinders, en voltooi nie altyd die dosisse nie, bakterieë raak dus weerstandig. Dit vat ook so lank om ‘n inenting te ontwikkel, en soms wonder ek of als nog so op standaard is soos in die verlede. ‘Let’s face it’ – hulle maak baie geld met inentings, en vir so baie maatskappye gaan dit meer oor geld as oor lewens red.

Daar was ‘n geval waar hul geweier het om ‘n inenting te onttrek nadat dit aan die lig gekom het dat die een jou kanse om kanker te kry, drasties verhoog. (Voor 1986). Die dierestudies is te vroeg gestop. Ander navorsers het toe die inenting vir langer gaan toets, en bevestig dat die inenting karsinogenies is. Dit is toe onttrek, maar hoeveel lewens is nie toe al ‘verwoes’ omdat ‘n maatskappy ‘ignorant’ was nie?

Elkeen moet gaan navorsing doen en self besluit oor inentings. Dis goed EN sleg. Niks is verniet nie.

Riana ·

Uit my eie ondervinding het ek geleer dat veluitslag, baie keer te doen het met ”gut health”.

Spook ·

AB , ek is bitter jammer oor jou kind se diagnose. Ek sal gaan oplees maar ek twyfel baie sterk of dit wel die inenting was. Maar ek voel ook dat meer navorsing gedoen moet word oor autism….. Dit will vir my voorkom of dit meer algemeen voorkom

Leon van Iewers ·

@Spook. Autisme kom meer voor, want soos wat AB se ‘link’ aandui, word meer inentings gegee. Self ‘n kleinkind wat drasties verander het na ‘n inenting.
En ja, ons ‘no vaccine mammas’ HET ‘n groot fout begaan. Ons het te laat ‘n standpunt in geneem teen inentings.
Miskien die tyd spandeer om te gaan oplees na die ware feite, en nie net kritiseer nie?

Cs ·

Ek is n mamma van n klein dogtertjie wat elke keer baie sieklik was na inentings en tydens die tydperk tot die volgende 1. Ons het dus uit gevind sy het n immuum probleem wat CVID in kort genoem word. So vir ons mammas wat wel se Nee vir dit is daar n baie goeie rede. Ek verkies my kind lewend en nie dood agv n vaccination nie. Sy het egter nog 2 ander ouer susters ook waarvan albei al hul inentings ontvang het en niks makeer nie. Soms is dinge net nie moontlik nie. Dink aan ander mense en waardeer hulle moet gaan voor daar vingers gewys word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.