Laerskool gesluit oor betoging

EFF (Foto: Facebook)

Laerskool Nelspruit in Mpumalanga was Dinsdag vir leerders gesluit nadat lede van die EFF kennis gegee het dat hulle Dinsdag voor dié skool sou betoog.

Collen Sedibe, die EFF se leier in Mpumalanga, het aan Maroela Media gesê die betoging het oor verskeie kwessies gehandel.

“Daar is onder meer vyf Afrikaanse klasse in elke graad en slegs een Engelse klas. Dit neem ons terug na die apartheidsera toe Afrikaans vir kinders verpligtend was. Die nietoelating en uitsluiting van swart leerders is ook onder die kwessies wat ons met die skool se bestuur bespreek het,” het Sedibe gesê.

Sedibe het vroeër op Facebook die leerders van Laerskool Nelspruit en die inwoners van Nelspruit genooi om deel te neem aan die betoging “teen die uitsluiting van swart leerders” by die skool.

Volgens hom was daar sowat 35 betogers. Hulle het ʼn memorandum met griewe aan die skool se bestuur oorhandig wat onder meer melding maak van die gelykstelling van Afrikaans en Engels by die skool, die toelating van alle leerders wat by die skool wil skoolgaan of alternatiewe planne wat vir hulle gemaak moet word indien hul nie onmiddellik geakkommodeer kan word nie en die oprig van tydelike strukture by die skool.

Die EFF het glo ook beplan om by Laerskool Bergland in Nelspruit te betoog, maar het van plan verander nadat dit aan die lig gekom het die skool is “baie samewerkend en redelik” en dat hul glo ʼn klompie swart leerders by die skool registreer het.

Die party beplan wel nog protesaksie by Laerskool Laeveld. “Ons sal later met ons griewe na die departement van onderwys gaan. Voorlopig betoog ons by die skool want dis hiér waar die leerders en die ouers geraak en frustreer word deur die situasie,” het Sedibe gesê.

Laerskool Nelspruit het intussen op Facebook gesê dat die vreedsame protesaksie teen 09:20 afgehandel was. Volgens dié inskrywing is atletiekoefening vir Dinsdagmiddag gekanselleer, maar die normale akademiese program asook buitemuurse aktiwiteite sal Woensdag soos normaal voortgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Jaloersbokkie ·

Jaloesie is n lelike ding. Snaaks dat die EFF die land regeer. ANC kruip agter die EFF weg. Shame

Blits ·

Ek wil nie snaaks wees nie maar regtig die eff moet n nuwe lewe kry, hulle is erg deurmekaar en het te min werk vir hulle hande, die eff is na my meening n klomp wat heeltemal te lui is vir werk maar wat net wil vat wat nie hulle sin is of wat hulle toekom nie

Irene ·

Ons is al so moeg vir hierdie soort nuus om te sien if hoor eff soek net stemme

ex-Laerskool Laevelder ·

Hi. Ek mag verkeerd wees, Nelspruit het nie ‘n Laerskool Bergvlam nie, net Hoërskool Bergvlam. Die laerskool is Laerskool Bergland?

Tania Heyns ·

Dagsê ex-Laerskool Laevelder

Dankie vir jou valkoog! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms. Maroela Media

BELAGLIK ·

Wat ek in my LEWE nie sal verstaan nie is dat die EFF nou kwaad is omdat die skool gesluit is want hulle wou daar gaan betoog en amok maak. MAAR eintlik is hulle nie kwaad vir die skool nie, eintlik het hulle niks teen die skool nie maar teen die NASIONALE DEPARTEMENT van ONDERWYS wat nie genoeg skole bou nie. Nou HOEKOM gaan betoog hulle nie daar nie? Hoekom die arme kinders en ouers in Nelspruit se skool wil bangmaak? Hulle moet elke keer die skole sluit as die EFF wil gaan brandsteek en klipgooi . .totdat hulle sien dit het GEEN effek meer nie!

Swaai die vlag ·

Waar is die liberale wittes nou wat gekerm het oor die ou vlag op Swart Maandag? Pla die EFF vlag julle nie? Ook nie die ISIS vlag wat geswaai word by EFF betogings nie of weet julle nie wat dit beteken nie?

christa ·

kyk maar net wie is die goed wat amok maak. Altyd die selfde mense. En die polisie doen absoluut niks. Hulle is mos gediend met die onluste. As hulle ingryp is dit teen hulle sin en dan net vir die skyn. Betogers word weer vry gelaat.

Beginvaneinde ·

Ek kan net my hande saamslaan uit blote ONverbasing. Ek het familie in Tzaneen en terwyl hulle nog in LaLaland glo dit gaan hulle nie oorkom nie, wil ek tog diegene aanraai wat wel begin besef: oorweeg maar die koshuise by die paar laaste staande goeie Afrikaanse hoërskole in die stad. Ons gaan moet skop en met hand-en-tand veg teen die blatante uitfasering van ons geliefde taal. Ek vermoed die platteland is eerste…

Fire's ·

Ek stem saam dat dit alle openbare Afrikaanse skole se voorland is. Die antwoord lê egter nie daarin om die openbare skole in die stad te ondersteun nie, maar eerder om ons eie te begin en uit te bou. Op die einde van die dag gaan alle openbare skole swig onder die aanslae. Al die geld wat ons spandeer op openbare skole(lees ANC beheerde skole) kon baie eerder op ons eie gemeenskapgerigte private Afrikaanse skole spandeer word. Dan is dit ook ‘n nalatenskap vir jou Afrikaanse kleinkinders.

Tania Heyns ·

Dagsê Jack Daniel

Dankie vir jou valkoog! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms. Maroela Media

Charmaine ·

En hoekom mag daar nie Afrikaanse skole wees nie ? Ons betoog nie by Engelse of Zulu skole nie !!!! Afrikaanse leerlinge het mos ook ‘n reg om in hulle eie taal onderrig te word.

Charmaine ·

Dit gaan nou al lankal nie meer oor ras nie maar oor Afrikaans !!!! Ons kinders het ook mos ‘n reg om in hulle eie taal onderrig te word. As skole vol is beteken dit mos die kinders wil in hulle moedertaal leer.

Hans ·

Hoekom gaan betoog ens die klomp EFF nie in Limpopo waar 250 kinders in een klaskamer sit-seker te bang die plaaslike gemeenskap dreun hul op.

Ada ·

Blits jyis soo reg!
Waarom bou die eff nie nog skole nie? Dan kan die kinders in hulle eie taal skoolgaan. Of is daar nie genoeg geskoolde onderwysers in swart tale nie?
Hulle is mos “bemagtig”
Waar is hulle?

Johanna Botha ·

Soek net aandag noudat die zuma storie op n einde kom . 35 mense wow !

Casper Labuschagne ·

By Overvaal word betoog vir die opstelling van ‘n enkele Engelse klas in ‘n Afrikaanse skool om 55 swart leerders te akkommodeer. By Laerskool Nelspruit word betoog dat die 20% van klasse wat reeds Engels is vermeerder moet word. Hier sien ons dus die glibberige glybaan van om hoegenaamd toe te gee aan eise om Afrikaans in die eerste plek in te boet.

My persoonlike siening is dat ons nou hier eerstehands waarneem hoedat die minderheidsregte waarvoor daar voor 1994 beding is, nou finaal uitgewis word. Kan iemand tog aan my bewys dat ek verkeerd is?

PJC ·

Dit word net al hoe meer duidelik dat Afrikaners maar hulle eie skole sal moet in plek kry anders sal hulle kinders nooit in vrede en veiligheid kan skool gaan nie. As daar genoeg kinders is sal dit bekostigbaar wees.

Cherokee ·

Die betogers laat weet voor die tyd wanneer betoog gaan word. Kan nie verstaan waarom daar nie ‘n teen-betoging gereël word voor skole elke keer nie.

Judy ·

Die Laeveld het ‘n tekort aan skole, en hierdie is nie ‘n probleem wat oornag gebeur het nie. Jaarliks berig die plaaslike koerant, die Laevelder oor ouers se frustrasies om hul kinders in skole ingeskryf te kry met alle skole met waglyste van tot 100 leerders wat wag om by ‘n skool geplaas te word. Hoekom betoog hulle nie by die Onderwys Departement nie, dis tog waar die fout lê? Laerskool Nelspruit was al reeds teen Augustus 2017 tot kapasiteit vol.

Oom Kalahari ·

Ja die EFF vlae is ongewens vir ons ook. Die EFF betaal die betogers ‘n daaglikse fooi om by plekke amok te maak en dan ondersteun hul weer vir borg as enige arrestasies plaasvind. So betoog en intimideer hul oral en pleks van doen ordentlike bydraes tot strategiese bevordering van gemeenskappe wat sal opsien na hul positiewe bydraes. EFF-Everything For Free, is nie werkbaar nie.

PATTY ·

Snaaks genoeg in ‘n Noordelike woonbuurt van die Kaap is die inname van Afrikaans sprekenkende kinders so ‘n jaar gelede deur die Beheerliggaan afgeskaf omdat daar nie genoeg Afrikaanse kinders aansoek doen nie maar meer Engelse kinders. Die WKOD moes ingryp en die inname van Afrikaanssprekende kinders het gebly ondanks die feit dat elke standard ook net EEN AFRIKAANSE KLAS HET. Snaaks dat die EFF nie hieroor behaai maak nie of is dit nie deel van die apartheidsjare nie?

Sommernetso ·

Elke kind het die reg—

(a) op ’n naam en nasionaliteit vanaf geboorte;

(b) op gesinsorg of ouerlike sorg, of op gepaste alternatiewe sorg wanneer die kind uit die gesinsomgewing weggeneem word;

(c) op basiese voeding, skuiling, basiese gesondheidsorgdienste en maatskaplike dienste;

(d) om teen mishandeling, verwaarlosing, misbruik of vernedering beskerm te word;

(e) om teen uitbuitende arbeidspraktyke beskerm te word;

(f) om nie verplig of toegelaat te word om werk te verrig of dienste te lewer nie wat—

(i) onvanpas is vir ’n persoon van daardie kind se ouderdom; of

(ii) ’n risiko vir die kind se welsyn, opvoeding, liggaamlike of geestelike gesondheid of geestelike, morele of sosiale ontwikkeling inhou;

(g) om nie aangehou te word nie, in watter geval, benewens die regte wat ’n kind kragtens artikels 12 en 35, die kind slegs vir die kortste gepaste tydperk aangehou mag word, en die reg het om—

(i) afsonderlik van aangehoudenes bo die ouderdom van 18 jaar aangehou te word; en

(ii) op ’n wyse behandel te word, en in omstandighede aangehou te word, wat met die kind se ouderdom rekening hou;

(h) om, in siviele verrigtinge wat die kind raak, deur die staat op staatskoste van ’n regspraktisyn voorsien te word indien dit andersins tot wesenlike onreg sou lei; en
(i) om nie regstreeks in gewapende stryd gebruik te word nie, en om in tye van gewapende stryd beskerm te word.
(2) ’n Kind se beste belang is van deurslaggewende belang in elke aangeleentheid wat die kind raak.

Andre ·

Met al die Staatsgeld wat onregmatig in politici, staatsamptenare en kontrakteurs se sakke verdwyn het kon daar al n paar skole gebou gewees het, dan was dit nie nodig om geboue te gebruik wat deur die vorige regering gebou en onderhou is nie. Die EFF hou betogings oproer en verbrand staatsgeboue, onder andere skole. Die situasies wys net die onvermoee van ouers om kinders op te voed voorskool, geen respek vir hulself en vir ander persone en hul eiendom nie. Wat het geword van al die geld wat voorheen gebruik was om n oorlog te finansier, Waarom het die “Nuwe Suid Afrika” dit nie aangewend vir Onderwys nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.