Laerskool ondersoek oor Afrikaans-besluit

skoolskoene-2

Argieffoto

Die Gautengse onderwysdepartement gaan die besluit van die Laerskool Meyerspark in Pretoria, om Afrikaans as onderrigtaal af te skaf, ondersoek.

Oupa Bodibe, ʼn woordvoerder, het bevestig die departement wil vanmiddag met die skool se beheerliggaam vergader om vas te stel watter prosedures gevolg is voordat die skool se taalbeleid verander is. “Ons is nog nie seker van al die feite nie en daarom gaan ons ʼn ondersoek van stapel stuur. ʼn Skool moet egter eers die ouers en beheerliggaam raadpleeg voordat hierdie soort besluite geneem kan word,” het Bodibe gesê.

Dit volg nadat ʼn prokureursbrief Maandag aan die departement oorhandig is, waarin verskeie ouers beswaar aangeteken het teen die skool se besluit om Afrikaans af te skaf.

Maroela Media het verlede week berig oor die laerskool in die ooste van die hoofstad wat tydens ʼn algemene jaarvergadering aangekondig het Afrikaans val weg as onderrigmedium by die skool in 2017 vir gr. 2 tot 6. Die skoolure sou ook verleng word van 07:30 tot 16:00 en die skool se uniform en embleem moet ook verander omdat dit ʼn Afrikaanse leuse bevat. Die naam van die skool sal na Meyerspark Maths, Science and Technology School verander word.

Ouers wat gekant is teen die besluite het gesê hulle is nie kans gegun om hul standpunt tydens die vergadering te stel nie. Boonop is ʼn behoorlike stemmery oor die besluite ook nie gehou nie.

Die ouers van Afrikaanse leerlinge sê dit gaan vir hulle oor die toekoms van hul kinders. “Ons as bekommerde ouers het Saterdag bymekaargekom om uit te vind watter stappe gedoen kan word teen hierdie besluit van die skool se beheerliggaam. Ons was sowat 50 ouers van alle kulture en ons veg saam vir die taal en gehalte van onderrig,” het Elsa Combrinck, ʼn ouer van ʼn graad 2-leerling, gesê.

“Hierdie ma gaan baklei vir haar eie kind en ander kinders se toekoms. My kind se menseregte word geskend en haar toekoms word weggevat. Ek sal dit nie toelaat nie,” het nog ʼn ouer van graad 2-leerling, Yolande Huyzer, gesê.

Die groep bekommerde ouers het gesê hulle sal daarop aandring om die vergadering tussen die departement en beheerliggaam vanmiddag by te woon sodat hulle hul besware kan opper.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Anoniem ·

Dit is waarskynlik hoekom Trump Amerika gaan uitsorteer. Want hy “worry” nie waar sy volgende salaris vandaan gaan kom nie. Skoolhoofde is op die payroll en het baie om te verloor. Geen negatiwiteit teenoor skoolhoofde. Ek maak self kinders groot. Duur maar vervullende stokperdjie.

Jan ·

Gaan kyk op hul webwerf. Dis Juan Van Der Poel, dan lyk dit my die personeel is mense met bykans almal Afrikaanse vanne.

Emile ·

Taalbeleid is ‘n Skoolbeheerliggaam verantwoordelikheid, nie die skoolhoof s’n nie. Wie is die SBL voorsitter en hoe is die besluit geneem?

JC ·

MOOI SO JULLE, VEG TERUG.
Julle ouers het beslis ruggraat, ter wille van julle kinders se beste belang!!
Alle Afrikaners benodig bietjie van jul houding!!!

Chris ·

Ons kan nou maar raas en blaas soos ons wil. Ek wil ‘n storie vertel en die storie loop so. Daar is ‘n skool. Daar is dissipline en daardie taal word as hooftaal gebruik. Ewe skielik kom daar ander kinders aangery en hulle is eers min en dan al meer en meer. Hulle wil nie leer in daardie taal nie. Hulle soek hom die ander taal. Hulle verander ook die goeters van daardie taal se mense wat dit is boos. Die kanker tree in en stelselmatig vreet dit alles voor die voet. Daardie skool is nooit weer dieselfde nie.

Cacophony ·

Hoe kon die beheerliggaam daarmee weggekom het? Moes daar nie eers met ouers gekonsulteer word nie of was ouers nie betrokke by besluit nie?

Maria Van Dieweeck ·

Mooi julle, mens moet van jou laat hoor in hierdie dae. Die hoof, van der Poel, kon darem seker die proses beter hanteer.

Johann ·

Dit laat my dink aan die liedjie van lank gelede dink: “Where have all the flowers gone, long time passing? ….”

Baie, baie tragies die gebeure in ons land.

Sue ·

Stupid vraag…is die skool beheerligaam nie juiste uit dir skool se ouers saamgestel nie? Indien wel…dan is my vraag inderdaad n stupid een.

andrea van vuren ·

Mnr van der Poel, ek het nog nooit van ‘n skoolhoof gehoor wat toelaat dat sy kosbare skool onder hom uit gesteel word nie. Nee wat, gaan soek vir jou ‘n ander skool!

Vra-ma-net ·

Ok, ek het ‘n vraag.

Ons almal besef dat, veral in Gauteng, daar nie genoeg skole is nie.
Ons almal weet ook dat skole die helfte van die jaar leeg staan.
Verkeer is ‘n nagmerrie in Gauteng.
Ons almal wil kwaliteit onderrig vir ons kinders hê.

So waarom nie helfte van die jaar, tydens skool vakansies, so ‘n skool Engels of Tswana of Zoeloe of Chiness, of wat ookal maak nie, met onderwysers wat in daardie taal kan onderrig?

Dan het jy:
1. Dadelik twee enkel-medium skole met goeie infrastruktuur wat verseker dat kinders kwaliteit onderrig ontvang in die taal waarin hy groot word.
2. Meer werksgeleenthede in onderwysers, skoonmakers ens.
3. Geen additionele bou koste vir ekstra skole nie.
4. Kinders in die area word nie weggewys nie.
5. Minder verkeer aangesien nie almal op dieselfde tye skoolgaan nie en mense op verskillende tye verlof sal neem.
6. Kwaliteit huistaal onderrig vir baie meer mense.

As die ware kwessie, soos die Gautengse Onderwys dept. aanhoudend vir ons vertel, slegs toeganklikheid is, waarom nie so ‘n stelsel oorweeg nie? Eerder as om skole wat reeds goed presteer en opereer die afgrond in te stuur?

Is daar enige kenners wat dit vir my kan beantwoord?

Elne Spang ·

Bring jul kinders na Learn@Grace, n onderrig sentrum net om die draai! Hulle is goed vir die kinders en goed vir die Ouers kyk maar bietjie vir hulle Facebook blad en webblad

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.