Vier persone het in die Mamelodi-landdroshof verskyn op aanklag dat hulle kruideniersware, wat deel was van ʼn laerskool se voedingsprogram, gesteel het.
Die Gautengse departement van onderwys het gesê die vier persone, wat die kruideniersware vir Ramahlale Primary School in Mamelodi-Oos hanteer, is Donderdag in hegtenis geneem in verband met die diefstal. “Die vier persone is by hul huise in hegtenis geneem, twee in Nellmapius en twee in Mamelodi-Oos.”
Die polisie het beslag gelê op van die gesteelde kruideniersware waaronder groente, blikkieskos, rys, kitspap en melk.
“Die verdagtes is vrygelaat op borgtog van R2 000.”
Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het gesê hy loof die polisiebeamptes vir hul vinnige optrede om die oortreders aan te keer.
Dat julle eie mense nie verstaan julle verneuk mekaar nie en dan vat wat bedoel is om te help vir die wat dit so nodig het gaan my bo my verstand. Laat my dink aan lets help ourselves first.
Mens kan net hoop dat SAPD en die NVG hulle werk in die geval behoorlik sal doen en dat die skuldiges behoorlik gestraf sal word. Lekker lang tronkstraf. Ongelukkig is dit oor en oor bewys dat SAPS nie behoorlike ondersoeke kan doen en NGV se rekord is maar pateties.
Wat is die waarde van die kruideniersware en wat is die faktuur wat die entrepreneur van die voedingsprogram daarvoor ingedien het ?