Laerskool-verkragting: Graad 2’s verkrag glo graad R-dogter

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Graad R-skooldogter ontvang berading nadat sy glo deur drie seuns in graad 2 by ʼn laerskool in Kaapstad verkrag is.

EWN het Dinsdag berig die vermeende verkragting het twee weke gelede by ʼn laerskool in Rocklands, Mitchell’s Plain, plaasgevind. Die seuns het glo vir die meisie gesê hulle sal haar doodmaak as sy vir iemand daarvan vertel, maar sy het die volgende dag haar onderwyseres in kennis gestel. Die kind se ouers het eers dae later daarvan te hore gekom.

Beamptes van die departement van onderwys het Dinsdag by die skool aan die uitsaaier gesê die saak geniet hoë prioriteit en word ondersoek. Die ouers ontvang ook berading.

Klik hier om meer te lees.

Bron: EWN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ncede (my Zulu naam) ·

Kan net nie verstaan wat aangaan met al die wreedheid wat deesdae plaasvind nie???
Tot klein dogtertjies word nou al deur laerskool seuntjies verkrag….wat leer hulle alles vir mekaar? Waar is die ouers dan?

Rentia ·

Ek is heeltemal onkundig wat dit aanbetref, is dit enigsins moontlik dat ‘n graad 2 seun ‘n ereksie kan kry?

Hoekom het die betrokke onderwyser nie dadelik met die ouers in verbinding getree nie?

Ek is werklik geskok oor die voorval.

Slim Daan ·

Inderdaad Rentia. Van hulle betrag hul eerste lewenslig met hul punt innie wind. Daarna slaan hul oor na konyn-“mode”.

Shannon ·

Onthou nou, die minderjarige 9 en 10 jaar oue graad twee verkragters en hul ouers moet ook berading ontvang.
Die frustrasie en verleentheid van die spin dokters loop reeds so hoog dat ek my kan voorstel die eerste akademikus wie weier om in die publiek te ontken dan verkragting geneigdheid geneties van aard is aan sy nek opgehang sal word.

Ek het net so idee dat indien iemand die guts kry om vas te stel wat werklik elke dag in Mitchellsplain en in die townships aangaan dit waarskynlik nie geskik sal wees vir `n TV dokumentêr nie. Dis nou bo en behalwe die feit dat so iets ook glad nie wettig is in die Hollywood verstand van die gemiddelde media mol nie.
Werklik, as iets te barbaars is om oor te berig dan word dit voor die voet geïgnoreer as `n soort van frats … `n once in a blue moon occurance. Diefstal, verkragting en moord is nie a way of life nie. Dit is beslis nie geneties van aard nie. So `n postulasie sou beteken dat slawerny dalk geregverdig kon word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.