Die jaarlikse Super 12-skaaktoernooi het die afgelope naweek by die Groenkloofkampus van Tukkies in Pretoria plaasgevind.
Met sy sowat 460 spelers is dit een van die grootste laerskool-skaaktoernooie in die land. Altesaam 21 skole het deelgeneem en spelers het in die junior en senior afdelings meegeding. Spanne het bestaan uit 10 spelers elk.
Die formaat van die toernooi was 5 rondes met 30 minute elk aan ʼn kant.
Die senior afdeling is gewen deur Laerskool Constantiapark terwyl Laerskool Kruinsig en Laerskool Wierdapark tweede en derde plek ingeneem het.
Die junior afdeling is gewen deur Laerskool Wierdapark. In die tweede plek was Laerskool Mooirivier van Potchefstroom en in die derde plek was Laerskool Menlopark.
Die algehele afdeling is gewen deur Laerskool Wierdapark. Laerskool Mooirivier en Laerskool Menlopark het tweede en derde gekom.
Die afrigter van die Laerskool Constantiapark, Justin Wilken, het die skaakstryd as opwindend beskryf. Hy reken egter meer rondes sou gesorg het vir ’n regverdiger uitslag aangesien baie van die topskole nie die geleentheid gehad het om kragte te meet nie.
Chris Greyling, die afrigter van Laerskool Mooirivier, meen die kompetisie is ’n goeie geleentheid waar baie kinders skaak kan speel. Verder is dit positief dat die kinders in spanverband deelneem wat samehorigheid bevorder. Gewoonlik is skaak ’n individuele aangeleentheid vir elke speler en is daar min geleentheid vir die kinders om in spanverband mee te ding.
Vir meer foto’s van die toernooi besoek: Super 12-skaakfoto’s
Vir die volledige uitslae van die skole en spelers besoek: Super 12-uitslae
Ek vergelyk skaak met bergklim. Jy bestyg ‘n berg treë vir treë (skuif na skuif). Die bergroete (skuiwe) is onvoorspelbaar. Jy moet gedurigdeur wakker en op die uitkyk wees om jou nie vas te loop teen ‘n afgrond (skaakmat). Groot is die verligting wanneer jy bo kom (wen).
Daarna gaan soek jy ‘n moeiliker berg (sterker opponent) om te klim ( wen).
Maar die lekkerste van alles is dat jou liggaam (BREIN) OEFENING kry.
Skaak is ‘n mors van tyd.
Korrek “DitisSo”, want “dit is so” dat daar mense is wat skaakmat gebore word.