Laerskoolkinders verdrink in Oos-Londen

Argieffoto (Foto: Piper60, Pixabay)

Twee laerskoolkinders het Vrydag in Oos-Londen verdrink.

Kapt. Mluleki Mbi, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

“Twee leerlinge van ʼn laerskool in Mthatha het omstreeks 12:15 verdrink toe hulle by Oostelike strand geswem het,” het Mbi verduidelik.

Die twee skoliere, onderskeidelik 13 en 14 jaar oud, het in die see geswem toe hulle in die moeilikheid beland het. “Paramedici is na die toneel ontbied. Die twee leerlinge is op die toneel dood verklaar. Hulle name sal bekend gemaak word sodra hul naasbestaandes in kennis gestel is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Moes Red ·

Tragies. Kinders wat nie kan swem nie, moet gladnie toegelaat word om in water in te gaan op skooluitstappies nie. Ouers moet kinders verbied, dis hul verantwoordelikheid.

Onnie ·

Moes die kinders nie nog daardie tyd in die skool gewees het nie? Waar was die ouers?

Netta ·

Die onnie in my wonder ook! Daar is veral in landelike gebiede die “…but it’s Friday…”-tendens: geen skool op Vrydae.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.