Laerskoolkinders verkrag glo maat in koshuis

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Saak van verkragting is teen drie laerskoolleerlinge van die Pionierskool se Langerugkampus in Worcester, Wes-Kaap aanhangig gemaak nadat hulle glo ʼn seksuele daad met ʼn medeleerling in die skoolkoshuis gepleeg het.

Volgens ʼn bron wat nie genoem mag word nie om die kind se identiteit te beskerm, het die voorval in studietyd tydens die eindeksamen in die koshuiskamer wat die seuns met ʼn ander seun gedeel het, plaasgevind.

Die drie seuns, tussen 11 en 13 jaar oud, het glo die 11-jarige slagoffer gedwing om sy mond oop te maak en hul geslagsdele in sy mond te sit. Die toesighouers het hulle betrap en dadelik opgetree. Die seun is na ʼn privaat kamer geskuif, daar is gereël dat die kinders berading ontvang en die kind se voogde en die provinsie se departement van onderwys is in kennis gestel.

Paul Greyling, hoof van die skool, mag nie met die media oor die voorval praat nie en het alle navrae na die departement verwys.

Jessica Shelver, woordvoerder van die departement, het Woensdag aan Maroela Media gesê die skool en departement het ná die voorval aan die lig gekom het, standaard protokol gevolg. Sy het bevestig dat die oortreders en slagoffer berading ontvang het, en dat die voorval by die Thuthuzela-sorgsentrum en Worcester-polisie aangemeld is. Die slagoffer is ook vir mediese waarneming gestuur en het as voorsorgsmaatreël antiretroviralemedisyne ontvang.

Die dossier is tans by die staataanklaer vir beslissing.

Die Langerugkampus het sowat 130 hoër- en laerskoolleerlinge met leergestremdhede en emosionele probleme.

Volgens die bron gaan dit goed met die seun, hoewel hy gespanne is en wil nie oor die voorval praat nie. Die seun was onlangs vir ʼn opvolgondersoek en het negatief vir MIV getoets.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Estelle ·

dit is omdat kinders weet daar mag nie aan hulle geslaan word nie! buig die boompie van klein tyd af! kan my net indink wat ek met hulle sou doen as ek op hulle afgekom het, gat velle die klaskamer vol!!!!!!!!

Anoniem [Familie van kind] ·

Nogal nie 2 is dieselfde ras as die slagoffer.

lillian ·

En waar kom die kinders hieraan? Hulle is in ‘n koshuis …

Anoniem [Familie van kind] ·

Die jongste oor die aangeleentheid.
“Die skool het nog niks van die landdros gehoor nie, maar die beheerligaam het die kinders vir die 1ste kwartaal uit die koshuis geskors. Hulle moet dan weer aansoek doen vir toelating. Weet nie of hulle sal skool toe gaan nie, seker net as hulle ander blyplek kry. Die skool het gister namiddag gebel.”

Boodskap van die voog af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.