Laerskoolleerder dood toe hy TikTok-video naboots

’n Laerskoolleerder is dood toe hy TikTok-video nageboots het. (Foto: AP)

’n Graad 7-leerder van Effingham Heights Primary School in KwaZulu-Natal het weens ernstige brandwonde beswyk nadat hy glo ’n TikTok-video nageboots het.

Die leerder het glo ’n bakkie met saniteerder gevul en aan die brand gesteek het  – soortgelyk aan ’n video wat op die TikTok-toep te sien is.

Die bakkie met saniteerder het toe glo ontplof. Hy het ernstige brandwonde opgedoen en is Donderdagaand dood.

Muzi Mahlambi, ’n woordvoerder van die departement van onderwys in KwaZulu-Natal, het bevestig dat die voorval nie by die skool plaasgevind het nie en sê dat hulle tans met oproepe oorval word.

“Ons medelye gaan aan die skool en familie uit. Ons doen ’n beroep op almal om die familie ’n kans te gee om die verlies van hul kind in vrede te verwerk. Al wat ons kan doen, is om vir hulle te bid.”

Logan Pillay, skoolhoof, sê die leerder se dood gaan ’n groot leemte in die lewe van sy vriende en familie laat.

“Mag God hulle die krag gee om sy ontydige dood te verwerk.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Mrs H ·

So so jammer en onnodig. Wens daar kan n foon ontwerp word, wat alleenlik toegang tot educational sites het, en algemene slim fone n ouderdomps beperking het soos drank en sigarette – want dit het net so gevaarlik geword vir ontwikkelende mensies wat basies nog niks regtig weet en van baie nie besef nie. Ek glo dit sal ook help om kinders se onskuldigheid langer te beskerm en preserveer, aangesien vandag se sillabus en gejaagde lewe reeds so drukkend is en die ‘kind wees’, van vroeg uit hulle sqeeze…

Eltan ·

Ek stem. Maar aan die ander kant…opvoeding, disipline en bewusmaking begin by die huis..

Johan D ·

Kinders moet soos jy sê net toegang hê tot studie materiaal en oproepe kan maak, tot in matriek, geen sosiale media nie!

Boksombende ·

Tragies! Dit bewys net vir my nou weer dat kinders nie toegelaat moet word op sosiale media voor ‘n sekere ouderdom nie.

Linx ·

Ek wens net hierie tikTok besigheid Kan vi eens en altyd geban word,dt is die hoeveelste geval maar dit gaan net aan &aan

Linx ·

Soos ek elke dag vir my dogter sé,my eerste selfoon het ek gekoop toe ek werk,maar vandag kry die kinders die duurste fone en die ouers is so trots as d 3jarige op n foon “speel” wat het gwrd van inkleurboeke,ai x seker verskriklik oudtyds

Adri ·

Word “saniteerder” erken as ‘n Afrikaanse woord? Ek sou “ontsmettingsmiddel” verkies. Wat is hierdie TikTok-video’s waarna die kinders kyk? As dit sulke dodelike optredes aanmoedig, moet dit mos verbied word? Ai, ons kinders is darem blootgestel aan snaakse goed!

VaalDonkie ·

Ouers moet hulle kinders leer om onnoselikheid te kan herken en te vermy.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.