Laerskoolmeisie deur weerlig doodgeslaan

(Argeiffoto: Terry McGraw/Pixabay)

ʼn Laerskoolleerder van Bloemfontein in die Vrystaat is Maandag deur weerlig doodgeslaan.

Die meisie was ʼn gr. 3-leerder aan die Bloemfontein Oos Intermediate School, het die Vrystaatse departement van onderwys in ʼn verklaring gesê.

Volgens Howard Ndaba, woordvoerder van die departement, het die meisie saam met ander leerders van die skool af huis toe gestap toe sy deur die weerlig getref is.

“Die voorval het naby haar huis in die Khayelitsha-gebied in Mangaung plaasgevind.”

Ndaba het gesê die kind se ouers en skoolgemeenskap sal berading ontvang.

“Ons betuig ons innige meegevoel met die oorledene se familie, vriende, medeleerders en personeel van die skool.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dries ·

Baie hartseer. Op n verkeerde plek op n verkeerde tyd. Hoe kan n mens dit verklaar.
Simpatie met die familie.

Skappie ·

Baie sterkte aan die familie, skool maats . Baie hartseer om jou kind op so ‘n manier te verloor.

Riana ·

Soe wat gaan aan in Bloem, elke dag op Maroela Media is daar artikel van kind wat oorlede is… dit is baie hartseer innige simpatie vir die ouers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.