Laerskoolonnie geskok ná skietery

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Laerskoolonderwyseres het haar skrikwekkende ervaring gedeel ná ʼn 29-jarige man Vrydagoggend by ʼn skool in Port Elizabeth geskiet is.

Maroela Media het vroeër berig die man is omstreeks 07:50 buite die laerskool geskiet, oomblikke nadat hy sy verloofde, ʼn onderwyseres, by die skool afgelaai het.

Die juffrou, van Adolph Schauder Primary School, wat anoniem wou bly, het gesê dit was skrikwekkend om die skote te hoor. “Mens dink in daardie oomblik aan die kinders en mense wat rondstaan en dalk raakgeskiet kan word,” het sy gesê. “Mens bly hier in vrees. As ʼn juffrou is ek bang om skool toe te kom met die bendegeweld wat die gebied teister. Die bendelede is glad nie besorg oor wie anders sou seerkry nie.”

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is in sy motor geskiet toe hy by die skoolhek uitgery het. Die skote is glo vanuit ʼn wit VW Golf geskiet, wat onmiddellik van die toneel weggejaag het. “Die man het drie koeëlwonde in sy linkerskouer opgedoen en is na ʼn hospitaal gehaas. ʼn Saak van poging tot moord word ondersoek,” het Naidu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

DPJ ·

Ja-nee die duivel is behoortlik losge laat.
RSA mense kom ons draai na God drie-enig.

François ·

Vorige berigte het genoem dis vermoedelk verwant aan bende geweldige aangesien die persoon wat gewonder is aan ‘n bende groep behoort. Meng jou met die semels dan vreet die varke jou. Moenie nóú na GOD Drie Enig draai nie! Jy móés al daar met HOM gewees het!

Maria ·

Jy is so reg! Baie van ons problem is verkeerde keuses en ons is te dom om dit raak te sien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.