Laerskoolseun deur leeu aangeval

Jayden Swanepoel in die hospitaal. Foto: Facebook

Jayden Swanepoel in die hospitaal. Foto: Facebook

ʼn Negejarige seun van Springs aan die Oos-Rand moes Dinsdagmiddag geopereer word nadat hy by ʼn lodge en leeupark buite Tzaneen in Limpopo deur ʼn leeu aangeval en gebyt is.

Jayden Swanepoel (9) was saam met sy ouers en ander familielede by die Letaba River Lodge toe die voorval gebeur het. Joost Swanepoel, Jayden se oom, het Woensdag aan Maroela Media gesê hulle was binne ʼn leeukamp waar besoekers interaksie met die leeus kan hê.

“Ons het die leeus gevryf en daar was ʼn gids saam met ons in die kamp wat vir ons leeus die gewys het. In ʼn stadium het Jayden se ma, Sonja, ʼn foto van my en my vrou geneem en in hierdie oomblik het Jayden sy rug op die leeus gedraai en na sy pa toe gestap. Een van die leeus het gehardloop en van agter op Jayden gespring, hom gebyt en begin sleep,” het Joost gesê.

Hy vertel dat hy dadelik op die leeu geduik het om hom van Jayden af te kry, terwyl Sonja vir Jayden opgetel en met hom uit die kamp gehardloop het. Jayden het ʼn oop wond aan sy keel gehad waar die leeu hom gebyt het en was ook stukkend agter sy oor en op sy rug waar die leeu sy naels ingeslaan het.

Joost, ʼn paramedikus, het dadelik na Jayden se wonde gekyk en bevestig dat hulle met hom na ʼn hospitaal moes jaag. “Marius, die bestuurder by die lodge, het dadelik vir Jayden met sy bakkie na die Mediclinic Tzaneen gehaas waar hy die middag geopereer is om die skade te herstel. Die byt was ernstig, want van die spiere is heeltemal afgeskeur, maar dit kon baie erger gewees het. Gelukkig is daar geen slagare afgebyt nie,” het Joost verduidelik.

Volgens Joost het Jayden en sy ouers by hom en sy vrou vir die skoolvakansie in Polokwane kom kuier en hy het hulle juis die dag na die leeupark gevat vir ʼn lekker uitstappie. “Dit is sleg wat gebeur het, maar dit bly ʼn ongeluk. Die mense by die lodge was so behulpsaam en het ons ongelooflik goed bygestaan. Hulle het selfs vir ons akkommodasie en ander onkostes in Tzaneen betaal en het die middag heeltyd by ons gebly by die hospitaal. Gisteraand het hulle weer vir Jayden gaan kuier. Hulle het regtig uit hul pad gegaan om ons te help,” het hy gesê.

Jayden is Woensdagoggend ontslaan en dit gaan tans baie goed met hom. “Sy nek is maar nog seer en hy is bietjie naar wat maar net ʼn newe-effek van die narkose is, maar dit gaan goed met hom.”

Hy het gesê die familie het Jayden Woensdagoggend weer na die leeupark toe gevat om hom kans te gee om die voorval te verwerk. “Ons was nie weer in die kamp in nie, maar het van buite na die leeus gekyk en hy was heel oukei. Hy hanteer die voorval baie goed,” het Joost gesê.

Maroela Media het Marius by Letaba River Lodge gekontak, maar hy wou geen kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Velle ·

Leeus is wilde diere en moet nooit onderskat word nie. Die ouers moes die risiko’s besef het ongeag of die leeus as mak beskou word. Die besering kon noodlottige gevolge gehad het.

Andre Bence ·

Dit was absoluut onverandwoordlik vanaf die veldwagter se kant, want swanger dames en kinders word glad nie toegelaat in enige kamp waar wilde diere gehou word nie. Dit is uiters gevaarlik want hulle word op natuurlike instinkte uitgesonder as maklike prooi. Selfs in leeu kampe waar jy slegs in jou voertuig mag bly kan mens waarneem hoe die leeus die kinders voortdurend dophou.

M'Lady ·

My kommentaar is nie geplaas nie. Was ek dalk te direk? Al wat ek wil se is moet asseblief nie hierdie plekkke besoek nie vir ooglopende redes.

J ·

Leeus val gewoonlik kinders aan al is hulle hoe mak. Dit is die grote van n prooi. Kyk na statistieke hoeveel kinders word aamgeval deur mak leeus. Dit is maar instink. Baie sterkte hoop Jayden word gou gesond.

rafel ·

Aiai…mensdom…n wilde dier bly n wilde dier..word wakker. Sterkte kind.

Cherokee ·

Verseker was dit ‘n leeuwelpie van ‘n paar weke oud. Op ses weke is hulle al kniehoogte en hoër en geweldig spelerig. Ek het in ‘n kamp tussen ‘n trop van hulle gestaan en fotos neem toe een my teen die blaaie tref soos hy gespring het. Toe hy op die grond land het hy bly lê om te speel. Foto van waar hy gemaklik lê en wag vir my is geraam teen een van my mure. En J, asseblief, praat sin. Leeus val buffels aan! Die jonges is egter geweldig spelerig.

E ·

Ek stem saam met almal se kommentare, maar wat vir my uitstaan is die feit dat die ouers en die kampeienaars mekaar bygestaan het en hierdie hele situasie so mooi hanteer het met respek vir mekaar. Dit kon so anders gewees het. Mense hardloop vandag so vinnig howe toe en beskuldig mekaar oor soveel dinge, maar hierdie mense is ń voorbeeld vir ons almal.

Gou gesond word seun en sterkte aan die ouers en eienaars.
Glo daar sal voorsorg getref word vir die toekoms.

Takkie Takuuza ·

Ek stem saam. Dit is ook wat my opgeval het. Al die “post mortem’s” na die tyd bring niks nuuts na vore nie.

Anna Ferreira ·

Wanneer gaan mense leer? Daar is nie iets soos mak wilde diere nie. Hou by honde en katte. Jy ondersteun in alle geval ñ grooter euwel as jy sulke parke ondersteun.

KarooKlong ·

Per jaar in Suid Afrika:
Leeu byt kinders = dalk 3
Kinders sterf in motor ongelukke =
Kinders sterf in muti moorde =
Kinders sterf in wanvoeding =
Kinders word vermoor =
Kinders word verkrag =
Plaasmoorde =
Doen die som en heroorweeg jou aanval.

Aneke ·

Dit is so waar. Enige wilde dier moet uitgelos word. Ek sien so baie hoe kinders aangeval word by dieretuine dan skud ek net my kop. Ons mensdom moet ondou dat hulle nie speelgoed is nie. En jy is reg. Hoekom post hulle oor dit maar los al die moorde, verkragtings, mishandelings uit. Mense moet hulle projariteite regkry. Dit is hoekom ons land in sy glory in is.

cpauw ·

Sit wilde diere met natuurlike instinkte in n kamp saam met hulle natuurlike prooi en speel russian rolette. Dit klink vir my heel aanvaarbaar en ok. Jy wou speel, en toe dit jou beurt was moet almal jou jammer kry. Jammer liewe seun dat jou pa nie kon dink en die potentiële gevaar kon insien en jou eerder wou beskerm nie. Jammer dat interaksie met n dodelike wilde dier, belanriker as jou veiligheid was.

Leanne Stander ·

Daar bestaan nie so iets, soos n mak wilde dier nie…bitter jammer wat met die kind gebeur het. Maar ek is so gekant teen wilde diere in aanhouding, wat mense dink hulle is ewe skielik huis katte. Seun, die tannie hoop jy is gou beter. Sterkte aan die res van die familie.

Anoniem ·

Dis nie net die lodge wat onverantwoordelik is nie….Sorry mense die ouers is net so onverantwoordelik…Ek as n ouer sal nooit toelaat dat my kinders of kleinkinders n hok betree waar gevaarlike diere is nie. JY behoort te weet daai dier is nie betroubaar nie en kan enige oomblik n verandering he in gedrag al word hul ten doelgestel en grootgemaak om interaksie te he met ons as mens.

Natuurliefhebber ·

Een vraag: Hoekom blameer mense altyd eerste die ouers? Dit was ‘n ongeluk mense… Sterkte jong man!

Piet ·

Hi Leanne, ek sien hier is heelwat kenners wat kommentaar lewer, so ek sal maar my insette probeer beperk. Daar is wel diere wat in die wet omskryf word as ‘n “wilde dier wat nie wild is nie”. Die bakoor jakkals is een van hulle. Ek weet nie of die wet verander het nie, maar hier in 2000 was daar sowat 4 of 5 dier soorte, wat hierdie status gehad het. Dit is so omskryf wanwee die feit dat daardie diere so mak word. Gedurende my vrou se meestersgraad wat sy gedoen het in die voortplanting van leeus het ek gereeld met, sogenaamde “mak” leeus tedoen gehad. Die reel met my kinders was nog altyd, “as hy groter (sterker) is as jy is hy te gevaarlik om mee te speel”. Ander mense karring eerder met geen wilde diere nie.

ekke ·

Ons was verlede jaar self daar, en my kinders (8 en 9) is nie toegelaat om by die leeus ( nie eers welpies!!) in te gaan nie. Self’s toe ek en my maan toegelaat is by die jong leeus, is ons uitdruklik gese jy draai NOOIT jou rug op hulle nie. Wat hier gebeur het, was ‘n ongeluk, maar ek stem saam met Andre, daar moet gekyk word na die veldwagter se optrede… maar die ouers self is nie onskuldig.

Nico K ·

Daar is nou al so baie gesê maar ek wil ook ‘n bydrae maak. Ek stem heeltemal saam met die standpunte wat sê dat ‘n leeu altyd eerste ‘n kind sal aanval en al is dit waar wat Cherokee sê dat leeus buffels aanval doen hulle dit in ‘n groep en as hulle baie honger is. Roofdiere gaan altyd eers vir kleintjies en ou of swak diere. Hoekom hard werk as jy iets maklik kan kry? Mens hoor ook altyd die stories dat honde altyd mense byt wat bang is. (Ek het altyd gedink dit is maar lafhartig van honde.) Maar dit is logiese instinkte. Dit is dom om iemand aan te val wat groter en sterker as jy is. Die natuur het nie ‘n behoefte om ‘n held te wees nie. (Behalwe natuurlik as daar baklei word vir leier van ‘n trop of oor ‘n wyfie maar dit is heeltemal ‘n ander storie. En selfs dan weet ‘n dier instinktief of dit die moeite werd is en of hy dit nie maar liewer moet los nie.)

Hannetjie Harvie ·

Baie sterkte aan Jayden en sy ouers. Ek hoop nie die leeu word van kant gemaak nie, dis nie sy skuld nie, dis niemand se skuld nie. Dit is n blote ongeluk. Dankie ook aan die mense van die lodge wat die gesin bygestaan het.

Uvonka ·

Die katjies moenie sonder handskoene aangepak word nie! Instink bly instink!!!!

Andre ·

Die park word baie profesioneel bestuur en die diere word baie goed versorg.Ja , dit is so , enige iets kan gebeur .Dit is waarom dit JOU BESLUIT is as jy deur daardie hekke gaan , jy weet mos dit is nie huiskatte nie.Ek het al van baie meer gevalle gehoor waar eienaars deur hul eie mak hondtjies verskeur en vermink is ,as van leeu aanvalle.

Kotie ·

Dit is jammer wat gebeur het, ongelukke gebeur. Ons moet meer wakker wees saam Wilde diere. Sterkte seun hoop jy genees 100%.

Wilde diere moet nie ingekamp word nie ·

Gebeure soos hierdie maak my woedend! Leeus word mak gemaak en in ‘n kamp gehou vir weereens . . . . . . . . die mensdom se gierigheid! Wilde diere behoort nie ingekamp te word nie. Die leeu is nou seker weer van kant gemaak maar natuurlik sal hy bedreig voel as die mens SY omgewing binnetree.

broos ·

vir ‘n slag is dit verblywend om te kan sien dat die diere en die plek nie vir alles geblameer word nie! wanneer jy, en/of fmailie, hierdie tipe plekke besoek moet jy kan aanvaar dat dit wilde diere is en op eie verantwoordelik ingaan. en ja sulke goed gebeur soms…..ten minste het boeta nou ‘n storie om te vertel eendag as iemand hom uitvra na die scars :-) gou gesond word xx

nicolise ·

Ek was al drie keer daar en by die Groot Leeus in gegaan. Ek dink ouers moenie die klein kinders in neem nie by die hokke nie want kinders skrik en Gil en die Leeus hoy nie van dit nie. Dit is baie lekker daar en ek sal weer gaan. Die mense wat jou in neem vertel jou presies wat die gevare us en dit bly jou Keuse. Hulle is goed opgelei

Takkie Takuuza ·

Mak, wild, eienaars, ouers. Nou die dag het ‘n “pitbull” iemand dood gebyt. Maar soos ons maar is, moet iemand altyd die blaam daarvoor kry. Snaaks is hoe mense verskil van wie dan nou skuldig is. Almal het ‘n ander skuldige. Ek respekteer jou opinie.

charlene ·

Boet-man, leeus is nie katte nie. Die mense wat aan jou gesê het dis ok hy sal nie byt nie moet `n warm klap kry – en ek is seker hulle het vir jou ma ook gesê dis ok hulle byt nie!!!
Ek verstaan net die die mense se kommentaar oor die ouers moes nie die kinders laat ingana nie, “petting zoo’s” is nie vir groot mense nie maar daar juis vir kinders sodat kinders die natuur beter kan leer ken maar die mense van sulke plekke vergeet soms die diere moet ook respek kry… ek blameer glad nie die ouers hier nie, nie eens `n bietjie nie, en nog minder die kind want `n kind se liefde vir diere is `n goeie ding, ek hoop net hy hou sy liefde vir diere en dis nie nou `n vrees nie. Ons as gesin moet sulke plekke vermy want volgens my dogter kan jy enige ENIGE dier `n drukkie gee……. Stekte seun en hoop jy word gou-gou beter en hou aan so mooi smile!

Cherokee ·

Dankie Takkie Takuuza, ek respekteer ook jou opinie. My opinie in geheel is dat die leeuparke (ondermeer) groot en belangrike werk doen (solank daar net nooit geblikte jag betrokke is nie!). Leeuparke doen fantastiese werk en een van my gunsteling kuierplekke wanneer in die Transvaal is by die Muldersdrift Leeupark. Dit is deur leeuparke sowel as leeuboere dat die aanwas van leeus verseker word. Die mense wat kla oor diere in gevangeneskap moet onthou dat leeus nie in hokke is nie maar in groot kampe en dat die aanwas van mense en modernisasie ongerepte natuur waar leeus vry kan wees, verminder teen ‘n geweldige tempo. Leeus in reservate kry 5 Ster behandeling.

Takkie Takuuza ·

Ek sien baie die opmerkings van diere wat vry moet wees. Ek wonder net waar gaan jy dit doen. Ongelukkig laat omstandihede dit nie toe nie, en dit juis vir bewaring doeleindes. Die diere sal uitgeroei word as ons hulle nie op plase en reservate aanhou nie. Vat maar ‘n toer deur ons buurlande, daar is dele waar daar nie meer bome groei nie, want dis afgekap vir houtskool. Ter loops Cherokee, uit die sowat 32000 leeus in Afrika is meer as 20000 in Suid Afrika. Dis nou volgens die internet.

Santie ·

Ons het ook by ‘n leeupark in so ‘n hok gegaan vir foto’s met ons kleinkinders, en sodat hulle aan die welpies kon raak. Ons is egter gewaarsku om baie versigtig te wees omdat kinders eerder aangeval sal word. Daar was die heeltyd ‘ wildbewaarder by ons. So ons het foto’s geneem en was vining uit. Ai Jaydon, ons is bly jy is OK en kon sommer alweer naby hulle gaan staan. Maar leer nou maar van hierdie ou Antie: Als wat ‘n bek het, kan byt – Van ‘n spinnekop tot ‘n leeu. Kyk eerder van buite af. En dis nou ook nie alke Dick, Tom & Harry wat kan spog dat hulle ‘n leeuaanval oorleef het nie. Gou gesond word hoor!

Luister ·

Min mense kan sê dat hul deur ‘n leeu gebyt is, en oorleef het.
Ek dink hierdie praktyk, (om leeus te streel), moet heeltemal gestop word.

perel ·

Een ding is seker, hierdie jongman gaan ‘n storie! van sy vakansie he om te vertel :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.