Ruben Venter, ʼn gr. 1-leerling aan die Laerskool Queenswood in Pretoria, het besluit om Facebook as die onderwerp vir sy taak te gebruik en sodoende te probeer wys hoe vinnig inligting oor die internet kan versprei en hoe die internet mense van dwarsoor die wêreld bymekaar bring.
Drika, Ruben se ma, sê die taak is vir Laerskool Queenswood se jaarlike wetenskap-ekspo. “Die kinders moet enige onderwerp kies, navorsing daaroor doen en dan die bevindings aan die klas voorlê en ʼn uitstalling doen.”
Sy sê Ruben het op Facebook as ʼn onderwerp besluit, aangesien “min mense die impak van sosiale media op ons lewens besef”.
Drika het namens Ruben ʼn foto van hom op Facebook gedeel waar hy ʼn plakkaat vashou. Op die plakkaat vra Ruben vir mense om die foto te deel en dan in die kommentaargedeelte hul ligging te skryf. Klik hier om die foto te sien.
Ruben se foto is sedert Sondagaand al meer as 170 000 keer op Facebook gedeel. Meer as 16 600 gebruikers hou daarvan en meer as 61 000 mense het kommentaar gelewer. Ruben se foto het tot dusver al kommentare gekry vanuit Australië, Nieu-Seeland, Duitsland, die VSA, Nederland, Alaska, Nigerië en Japan om slegs ʼn paar te noem.
“Die terugvoer is ongelooflik. Ruben is in die wolke, hy kan dit nie glo nie en voel baie trots. Ek dink nie hy besef regtig hoe gewild sy foto in hierdie stadium is nie.
Ons hou hom deurgaans op hoogte en probeer aan hom verduidelik hoeveel mense sy foto volg aan die hand van voorbeelde soos hoeveel mense op Loftus Versveld kan rugby kyk. Ons was in die begin van die vakansie op ʼn toer deur Loftus Versveld, dus is dit vir hom min of meer ʼn aanduiding van hoeveel mense dit is.”
Drika sê hoewel Ruben nog te jonk vir sy eie Facebook-blad is, hy wel weet waaroor dit gaan. “Hy kyk van tyd tot tyd saam met my na foto’s van ons vriende en familie op my blad.”
Terwyl Ruben se foto dwarsoor die wêreld versprei word, geniet hy intussen nog eers die laaste paar dae van die skoolvakansie saam met sy gesin by die see in KwaZulu-Natal.
Klik hier om jou voorstad en land op Ruben se foto te skryf.
Klik hier om sy Facebook-blad te besoek.
My adres is : Eeufees straat
Pretoria Noord
Pretoria
0182
Gauteng
Suid Afrika
Suidelikke halfrond die aarde. Die blou palneet derde van die son. Die Melkweg sterre stelsel die Heelal.
Dagsê Pierré
Kan ons jou dalk vra om asseblief direk op die foto jou ligging te gaan invul?
Ruben kan nie die statistiek byhou indien dit hier op Maroela Media geplaas word nie.
Die foto is hier beskikbaar: https://www.facebook.com/photo.php?fbid=10152251974782705&set=a.10150915926522705.412583.722997704&type=1&theater
Dankie!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Greetings from Cyprus !
We live Belgium in Belgium but are on holiday in Cyprus.
Hey Liesbeth
Would it be possible for you to post your location directly on Ruben’s photo? He won’t be able to track the progress on Maroela Media.
Follow this link: https://www.facebook.com/photo.php?fbid=10152251974782705&set=a.10150915926522705.412583.722997704&type=1&theater
Thanks!
Best regards
Suné
on behalf of Maroela Media
Ek het ook die foto hier in HongKong gesien.
En o ja, Alaska is in die VSA.
Dagsê Andre
Kan ons jou dalk vra om asseblief direk op die foto jou ligging te gaan invul?
Ruben kan nie die statistiek byhou indien dit hier op Maroela Media geplaas word nie.
Die foto is hier beskikbaar: https://www.facebook.com/photo.php?fbid=10152251974782705&set=a.10150915926522705.412583.722997704&type=1&theater
Dankie!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Good luck with your project!!
Mossman, Queensland, Australia
Hey Susan
Would it be possible for you to post your location directly on Ruben’s photo? He won’t be able to track the progress on Maroela Media.
Follow this link: https://www.facebook.com/photo.php?fbid=10152251974782705&set=a.10150915926522705.412583.722997704&type=1&theater
Thanks!
Best regards
Suné
on behalf of Maroela Media
Made it to Sydney Australia buddy
Hey Erin
Would it be possible for you to post your location directly on Ruben’s photo? He won’t be able to track the progress on Maroela Media.
Follow this link: https://www.facebook.com/photo.php?fbid=10152251974782705&set=a.10150915926522705.412583.722997704&type=1&theater
Thanks!
Best regards
Suné
on behalf of Maroela Media
Jislaaik jys ougat! Eks in Pretoria Noord.
Dagsê ND
Kan ons jou dalk vra om asseblief direk op die foto jou ligging te gaan invul?
Ruben kan nie die statistiek byhou indien dit hier op Maroela Media geplaas word nie.
Die foto is hier beskikbaar: https://www.facebook.com/photo.php?fbid=10152251974782705&set=a.10150915926522705.412583.722997704&type=1&theater
Dankie!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Sterkte
Slim kind!!! Dit wil gedoen wees!! Ek is van Kempton Park.
Dagsê AmY
Kan ons jou dalk vra om asseblief direk op die foto jou ligging te gaan invul?
Ruben kan nie die statistiek byhou indien dit hier op Maroela Media geplaas word nie.
Die foto is hier beskikbaar: https://www.facebook.com/photo.php?fbid=10152251974782705&set=a.10150915926522705.412583.722997704&type=1&theater
Dankie!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Kaapstad (brackenfell)
Dagsê Rene

Ek het hier kommentaar gelewer en toe die kommentaar gaan lewer op sy foto.
Ek dink die seun is baie oulik!!!