Lagie verf moet ‘boomboelies’ in Nuwelandwoud help stuit

Verf word gebruik om die bome in Nuwelandwoud teen stropers te beskerm (Foto: Verskaf)

Besoekers wat gereeld die Nuwelandwoud aan die oostelike hange van Tafelberg se prentjiemooi kort staproetes aanpak, moenie skrik as hulle mense sien wat bome verf nie.

SANParke het verlede maand aangekondig dat volwasse en saadproduserende bome voortaan ʼn laag grys watergebaseerde PVA-verf sal kry om onwettige basstroop-aktiwiteite in die woud hok te slaan.

Tafelberg Nasionale Park (TMNP) en die Nuwelandwoudbewaringsgroep het nou ʼn gesamentlike poging van stapel gestuur om die jare lange probleem met sogenaamde boomboelies tot ʼn einde te bring.

Volgens Willem Boshoff, medestigter van die Nuwelandwoudbewaringsgroep, is dié gemeenskapsgebaseerde groep se doelwit om die publiek bewus te maak van onwettige basstroop-aktiwiteite en dit heeltemal te stuit.

“Die onwettige stroop van bas is seker nog altyd met ons, maar die laaste tien jaar het dit heeltemal hand uit geruk,” sê Boshoff.

“Mense besef nie die erns van die saak nie; bome gaan onnodig dood en dit het ʼn geweldige impak op die omgewing.”

Boshoff het verlede jaar gewaarsku dat indien SANParke en die gemeenskap nie waaksaam bly nie, onwettige basstropery gaan toeneem – en dit het.

“Daar is gevalle waar meer as 25 bome oornag van hul bas gestroop word.”

Volgens Boshoff word ongeveer 50 volwasse bome maandeliks op hierdie manier gestroop.

“Sodra die bome van hul bas gestroop word, vrek hulle stadig weens die onderbreking van die voedingvervoerstelsel,” sê Boshoff.

“Die boom verloor stadigaan al sy blare en na twee of drie jaar val dit om. Dit veroorsaak weer die beskadiging en uiteindelike dood van talle ander bome en plantspesies.”

Die inheemse bome wat meestal geteiken word, is die Kaapse boekenhout, Kaapse kastaiing, wildeperske, assegaaihout en stinkhout.

Die ouer bome word gewoonlik eerste geteiken en dit het ʼn vernietigende uitwerking op die woud se ekostelsel, sê Boshoff.

Boosdoeners is volgens Boshoff al vasgetrek, maar dit blyk nie ʼn prioriteit vir die vervolgingsgesag te wees nie. “Die voorvalle is skynbaar lukraak, dit gebeur enige dag van die week, maar ons weet die stropers is in die nagtelike ure, tussen 23:00 en 04:00, bedrywig.”

Die Nuwelandwoudbewaringsgroep se webwerf verduidelik dat boombas al dekades lank landwyd deur tradisionele genesers vir medisyne, oftewel moetie, gebruik word. Dit is egter nie tradisionele genesers wat die skade aanrig nie, maar onafhanklike stropers wat die boombas aan hulle verkoop.

“Ons vermoed daar is ʼn sindikaat wat die boombas aan tradisionele genesers verskaf. Hulle [die owerhede] het ’n paar jaar gelede drie mans met meer as 60 kg boombas betrap, maar sover ek verstaan het daar niks van gekom nie.”

Boshoff sê onwettige basstropery verdien dieselfde swaar straf as die onwettige stropery van renosterhoring.

Bome wat van hul bas gestroop word (Foto: Verskaf)

“Oortreders moet strenger beboet word. Dit is hoog tyd dat die polisie en die vervolgingsgesag onwettige basstropery as ʼn prioriteitsmisdaad hanteer.”

Boshoff sê die verf wat gebruik word om die bome in die Nuwelandwoud teen stropers te beskerm, is suksesvol in stedelike gebiede gebruik en het basstropers gestuit om geteikende boomspesies te oes.

Die verf besoedel die bas wat dit dan minder aanloklik vir stropers maak, verduidelik hy.

(Foto: Verskaf)

“Dit is nie ʼn foutlose oplossing nie, maar dit help beslis om die bome tot ʼn mate teen onwettige basstroop-aktiwiteite te beskerm.”

Boshoff sê die plan is om eers die volwasse bome van die geteikende spesies te probeer red.

“Veral bedreigde bome soos assegaai en stinkhout. Ons sal ook bome in swaar gestroopte gebiede verf om die oorblywende bome te probeer red.”

Die verf besoedel die bas wat dit dan minder aanloklik vir stropers maak (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

TruthDealer ·

Jaaaa jong…sommige mense is soos die Sprinkaan waarvan die bybel praat. Kan net mooi niks uitlos nie. Hierdie irriteer my verskriklik. They should just make the forest a snake sanctuary. Non-venomous snakes, free range. Maybe then, most tree bark strippers would feel less inclined to venture in there.

Feite ·

Stem saam – Sprinkaan plaag! Net waar jy kyk in hierdie eens pragtige land van ons. Kaal gevreet en verwoes.

Astrain ·

En so ken ons die soort mense – oes waar hulle nie gesaai het nie!!!

Papsak ·

En hulle hou net aan en aan verwoesting saai hoekom begin hulle hulle nie self vernietig nie dit sal baie goed wees regtig hulle is hordes meer as ons los die bome en plante uit dit pla hulle mos nie soos springkane orals waar hulle deur trek is alles kaal getroop dit wys jou maar net

es ·

Tiepies, nes in ander lande reeds gebeur het, vernietig al wat lewe, en wil dan huil dat hulle honger is….dis in hulle natuur

Di ·

“sekeres” sal alles vernietig omdat hull aan al die snert glo van sangomas en tradisionele genesers! Die Chinese het al genoeg skade berokken in ons land nou is dit ook ons eie landsburgers. GROTER strawwe moet opgele word vir die spul wat gevang word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.