Lagos-kerkramp: SA’ners se lyke nog nie terug nie

Die gebou wat ineengestort het Foto: Channel NewsAsia

Die gebou wat ineengestort het Foto: Channel NewsAsia

Dit is steeds nie duidelik wanneer die lyke van meer as 80 Suid-Afrikaners, wat dood is toe ’n kerkgebou verlede maand in Nigerië ineengestort het, na Suid-Afrika teruggestuur sal word nie.

“Ons reken ons sal teen die einde van die week moontlik meer inligting hê,” het Phumla Williams, woordvoerder van die regering, gesê. Sy het gesê daar sal ʼn mediakonferensie gehou word sodra meer inligting beskikbaar is.

Minstens 116 mense, waaronder 84 Suid-Afrikaners, is op 12 September dood nadat ʼn kerkgebou by profeet TB Joshua se Synagogue Church of All Nations in Lagos inmekaargestort het.

City Press het vroeër die maand berig dat ʼn mediese ondersoeker van Nigerië gesê het die liggame sal teen die einde van die maand terug in Suid-Afrika wees.

Klik hier om vorige berigte oor die kerkramp te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.