Foto’s: Laingsburg-busongeluk eis 4

Laingsburg-ongeluk

Laingsburg-busongeluk Foto: @_arrivealive, Twitter

Vier mense is Donderdag dood en 32 beseer toe ʼn bus en ʼn vragmotor mekaar op die N1 naby Laingsburg in die Wes-Kaap getref het.

“Die bus van Eldo Coaches het na bewering aan die verkeerde kant van die pad gery toe dit omstreeks 02:00 die vragmotor reg van voor getref het,” het Donald Grant, LUR van vervoer in die Wes-Kaap, in ʼn verklaring gesê. “Die voorlopige ondersoek dui daarop dat moegheid moontlik ʼn rol gespeel het in die ongeluk.”

Die snelweg is eers vanoggend om 10:00 weer oopgemaak vir verkeer nadat die ongelukstoneel skoongemaak is.

Die twee bestuurders is al twee beseer en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

“My diepste meegevoel met die families en geliefdes van diegene wat in die ongeluk omgekom het,” het Grant bygevoeg. “Ons wens die beseerdes ʼn spoedige herstel toe.”

Grant het gesê die departement sal fokus op beter padveiligheid voor die Paasnaweek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

Hartseer.
Hoeveel nog?
Is die benaming ‘snelweg’ reg?

Drieks ·

Hoekom is daar spesifiek om daardie pad altyd sulke lelike ongeslukke.?

dries ·

Die hoofoorsaak van hierdie ongelukke is spoed. n Mens kry die indruk dat mense gee net nie meer om , om te sterf nie . En dis gewoonlik die mense wat n ander se lewe eis. Mense ry stadig daar is geen beheer op die pad nie, en jy is op jou eie as jy vinnig ry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.