Lamberti bedank ook as Imperial-hoof

Mark Lamberti (Foto: Facebook)

Die Imperial-groep het Woensdag bevestig dat hy Mark Lamberti, uitvoerende hoof van die groep, se bedanking ontvang en aanvaar het.

Volgens ʼn verklaring sal Lamberti op 30 April as uitvoerende hoof uittree.

“Hierdie ontwikkeling [Lamberti se bedanking] spruit voort uit die hooggeregshof wat ten gunste van ʼn voormalige werknemer [van die Imperial-groep] en teen die Imperial-groep en AMH beslis het aangaande ʼn reeks voorvalle wat in 2014 plaasgevind het,” lui ʼn verklaring van die groep.

Lamberti se bedanking volg kort nadat die Noord-Gautengse hooggeregshof hom skuldig bevind het aan diskriminasie nadat hy vroeër na ʼn senior en ervare vrouepersoneellid as “ʼn vroulike gelyke indiensnemingskandidaat” verwys het.

Regter Pieter Meyer het bevind dat Adila Chowan, nou nié meer werksaam by die maatskappy nie, se waardigheid wel aangetas is deur Lamberti se opmerking en dat daar wel teen haar gediskrimineer is op grond van ras en geslag.

Lamberti het vroeër vandeesmaand ook uit die Eskom-raad bedank. Pravin Gordhan, die minister van openbare ondernemings, het die Imperial-hoof se bedanking destyds aanvaar en gesê Lamberti se bedanking is ʼn bewys dat hy die Eskom-raad, die maatskappy en Suid-Afrika bo alles gestel het.

Meer inligting was nie onmiddellik bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

BANGJAN ·

Te vreemd hoe wittes weghol as hulle van rassisme beskuldig word en swartes STAAN op hulle punt en motiveer ook nog hoekom hulle rassisties is (Tumi, student by Tuks, Minister, LUR). Hierdie was glad nie rassisties of seksisties nie maar ‘n verwysing na ‘n posisie wat deur WETTE op firmas afgedwing word hoekom mag mens dit nie by die naam noem nie? Sulke klein verwysings na iets wat die ANC ingestel het word as rassisties beskou maar steeds skreeu Malema KILL THE BOER en niks word aan hom gedoen nie.

Anoniem ·

Dis ‘n lafaard wat nie wil aanvaar dat hulle nie die ondervinding of verstand het om die spesifieke posisie te beklee nie! Niks rassisties aan wat Lamberti gesê het nie. M.a.w ALLES is nou rassisties en nêrens word ‘n lyn getrek of die Malemas aangetree nie! Dubbelde standaarde!

Schalk ·

Presies. Dit is politiese aanstellings vereistes wat nou mooi gepraat moet word.
Dit is ook feite dat mense nie oornag alles sal weet en korrek optree nie. Onregverdigheid kan nie geregverdig word met nuwe onregverdige regulasies nie.
Groot denkers beweeg aan en hou hulle nie op met sulke speletjies nie.

Piet Pompies ·

Meeste senior bestuurders is kapitaliste, hierdie soort mense is ingestel op wins en geld, dit maak nie saak wat. Hulle sal die ondergeskiktes misbruik deur hulle ‘n minimum salaris te betaal en besluite neem wat uitsluitlik op geldmaak gegrond is. Ras, kleur en herkoms speel nie ‘n rol, hy stel net belang in die persoon wat die meeste inkomste kan skep. Hierdie is ook ‘n groot probleem in SA want in SA is daar geen middelklas, hier is net arm mense en mense wat werk en swaar kry en dan die rykes.

Middelklas ·

Nee hoor, of jy is nie meer in SA nie, of jy is oningelig. In SA Is nog ‘n baie groot middelklas waarvan meeste mense wat hier kommentaar lewer DEEL is. Daar is steeds ‘n goot middelklas, wat wel verander het is dat die mense wat gesukkel het maar wel ‘n inkomste gehad het nou in wit plakkerskampe opge-eindig het want hulle tegniese posisies is eerste afgeneem, so ook hulle verblyf wat hulle by sommige instellings gekry het … . Heelwat rykes het middelklas geword nadat hulle besighede moes opgee of vir ‘n kleiner salaris moes gaan werk .. MAAR ek stem saam dat daar nog ‘n klein groepie supperrykes is EN dat die armblankes vermeerder maar ek kan nie saamstem dat daar NIE meer ‘n middelklas is nie .. meeste van ons is darem nog hier – gewone salarismanne wat nog rekenings kan betaal en eenkeer ‘n jaar met vakansie gaan .. Die woord kapitalis bly vir my vreemd . ALMAL SOEK GELD< maar net die rykes word kapitaliste genoem .. kyk hoe vinnig het diegene wat vir die 'poorest of the poor' al die jare geveg het KAPITALISTE geword ..

Buffel ·

Neem aan jy is waarskynlik nie ‘n bestuurder nie, of dalk ‘n baie junior een….

Anoniem ·

Is dit so, praat jy uit ondervinding of is jy net ‘n lafaard wat saampraat? As iemand aangestel is op gronde van regstellende aksie en nie opgewasse of opgelei is vir ‘n spesifieke posisie is dit mos hoe dit is! Of stem jy vir leiers met std. 1?

jaco ·

As jy ‘n wit man in nogal ‘n bestuurspos in SA is, voer dan jou pligte nougeset uit volgens jou posbeskrywing, double check op ALLES voor jy goed sê, besluite neem ens en HOU JOU MOND as jy lus is om subjektiewe goed te sê soos “you can’t get promotion now, because you are just a female employment equity appointment”.
Laastens, as jy ‘n wit man in ‘n bestuurspos in SA is, hou dan elke oggend van elke dag ‘n biduur van ten minste 1 uur lank waarin jy NET vir die Vader in die hemel dankie sê dat jy nog steeds so ‘n lekker werk kan hê. Daars 10duisende wit mans in SA wat NOOIT so bevoorreg sal wees nie.

Shame ·

Baie oulike idee die biduur maar in SA sal jy weer soveel mense ‘offend’, jy sal dissipliner verhoor word en afgedank word. Jy mag mos nie jou geloof bo ‘n ander een s’n plaas nie. En verder moet die WIT MAN SY MOND JOU sien ek . jou boodskap vir vandag . die ander mag se wat hulle wil .. ? Dit is nou wat jy brainwash noem.

Leahim ·

Kan verseker wees sy pakket was n paar getalle met ses nulle agter.

PLP ·

Leahim, Kan verseker wees hy het heelwaarskynlik sy hele lewe hard gewerk daarvoor en duisende mense in die proses werk gegee

PLP ·

Jammer dat so n groot sakeman wat duisende mense in hierdie land werk gegee het van alle kleure nou bedank agv so n klein onbenullige uitspraak. Gun werkgewers wat hierdie land help opbou n plek in die son.

Eish ·

Laat Mnr. Lamberti n lekker baard groei en gebruik hom by Afriforum om staatsbestande besighede te ontwerp , op die been te bring en aan die gang te hou.

Theresa ·

Praat orals neutraal.
Dis ‘die ruimte eeu.
Omdat geregtigheid skeef aangewend word, is dit die beste raad wat mens kan gee – neutral en niksseggend.
Dink dit sal groot frustrasie meebring vir dié wat daagliks op die uitkyk is hoe om mense wat hul foutief uitspreek waaroor ookal, dit nie meer doen nie…

Rupert Ashford ·

En so verloor SA heel moontlik nog ‘n kundige persoon.

Anoniem ·

Nou wonder ek, as ek vir ‘n pos aansoek doen en my werknemer sê vir my… Your skin is too white… Wat maak dit minder “rassisties”? Dan moet al die witmense wat dit vertel word maar ook begin sake maak!

jaco ·

Ja dit is rassisties, maar onthou jy HET REEDS werk alhoewel jy wit is. Ons is 8% van die bevolking en daar is oral aanslae teen ons. Bly net stil, doen wat van jou verwag word en wees bly jy het darem werk. Duisende wit mense is nie so bevoorreg soos jy nie.

Gerrit ·

Hy moes bedank wat nou word hy gebrandmerk as n rassis en die maatskappye wil nie met hom geassosieer word nie .??

jaco ·

julle wat almal so krities is, dink net bietjie: sal enige van julle, as julle bestuurders is, vir iemand wat nie wit is nie so n lelike ding se soos: “you cannot apply for promotion because you are just a female employment equity appointment”?
OF
as julle nou nie wit was nie en so iets word vir julle in die werkplek gese, sal elkeen van julle dit maar net aanvaar?

Collin ·

Ek het die voorreg gehad om onder Mnr. Mark Lamberti te werk. Hy is die laaste persoon wat van rassisme beskuldig kan word. Hy is een v.d. mees bekwame sake manne wat RSA ooit opgelewer het en in die klas van Mnr. Anton Rupert, Mnr. Oppeheimer et al. Dit gaan RSA se verlies wees as Mnr. Lamberti RSA verlaat.

Andre ·

Ek kan vir julle een ding van Imperial se, geen mens kan vir sulke mense werk nie,veral nie n vrou nie. Daar is kantoor romanses en as jy daarteen skop sit jy op straat vra maar verskeie vrouens die minagtelike manier wat daar na hulle verwys word en die manier wat met hulle gepraat word. Geen wonder die dinge gebeur nie ,ek praat van ondervinding.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.