Lamberti bedank ook as Imperial-hoof

Mark Lamberti (Foto: Facebook)

Die Imperial-groep het Woensdag bevestig dat hy Mark Lamberti, uitvoerende hoof van die groep, se bedanking ontvang en aanvaar het.

Volgens ʼn verklaring sal Lamberti op 30 April as uitvoerende hoof uittree.

“Hierdie ontwikkeling [Lamberti se bedanking] spruit voort uit die hooggeregshof wat ten gunste van ʼn voormalige werknemer [van die Imperial-groep] en teen die Imperial-groep en AMH beslis het aangaande ʼn reeks voorvalle wat in 2014 plaasgevind het,” lui ʼn verklaring van die groep.

Lamberti se bedanking volg kort nadat die Noord-Gautengse hooggeregshof hom skuldig bevind het aan diskriminasie nadat hy vroeër na ʼn senior en ervare vrouepersoneellid as “ʼn vroulike gelyke indiensnemingskandidaat” verwys het.

Regter Pieter Meyer het bevind dat Adila Chowan, nou nié meer werksaam by die maatskappy nie, se waardigheid wel aangetas is deur Lamberti se opmerking en dat daar wel teen haar gediskrimineer is op grond van ras en geslag.

Lamberti het vroeër vandeesmaand ook uit die Eskom-raad bedank. Pravin Gordhan, die minister van openbare ondernemings, het die Imperial-hoof se bedanking destyds aanvaar en gesê Lamberti se bedanking is ʼn bewys dat hy die Eskom-raad, die maatskappy en Suid-Afrika bo alles gestel het.

Meer inligting was nie onmiddellik bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
BANGJAN

Te vreemd hoe wittes weghol as hulle van rassisme beskuldig word en swartes STAAN op hulle punt en motiveer ook nog hoekom hulle rassisties is (Tumi, student by Tuks, Minister, LUR). Hierdie was glad nie rassisties of seksisties nie maar ‘n verwysing na ‘n posisie wat deur WETTE op firmas afgedwing word hoekom mag mens dit nie by die naam noem nie? Sulke klein verwysings na iets wat die ANC ingestel het word as rassisties beskou maar steeds skreeu Malema KILL THE BOER en niks word aan hom gedoen nie.

Schalk

Presies. Dit is politiese aanstellings vereistes wat nou mooi gepraat moet word.
Dit is ook feite dat mense nie oornag alles sal weet en korrek optree nie. Onregverdigheid kan nie geregverdig word met nuwe onregverdige regulasies nie.
Groot denkers beweeg aan en hou hulle nie op met sulke speletjies nie.

Piet Pompies

Meeste senior bestuurders is kapitaliste, hierdie soort mense is ingestel op wins en geld, dit maak nie saak wat. Hulle sal die ondergeskiktes misbruik deur hulle ‘n minimum salaris te betaal en besluite neem wat uitsluitlik op geldmaak gegrond is. Ras, kleur en herkoms speel nie ‘n rol, hy stel net belang in die persoon wat die meeste inkomste kan skep. Hierdie is ook ‘n groot probleem in SA want in SA is daar geen middelklas, hier is net arm mense en mense wat werk en swaar kry en dan die rykes.

jaco

As jy ‘n wit man in nogal ‘n bestuurspos in SA is, voer dan jou pligte nougeset uit volgens jou posbeskrywing, double check op ALLES voor jy goed sê, besluite neem ens en HOU JOU MOND as jy lus is om subjektiewe goed te sê soos “you can’t get promotion now, because you are just a female employment equity appointment”. Laastens, as jy ‘n wit man in ‘n bestuurspos in SA is, hou dan elke oggend van elke dag ‘n biduur van ten minste 1 uur lank waarin jy NET vir die Vader in die hemel dankie sê dat jy… Lees meer »

Leahim

Kan verseker wees sy pakket was n paar getalle met ses nulle agter.