Lamoer en drie brigadiers geskors

Lt.genl. Arno Lamoer. Foto: www.defenceweb.co.za

Lt.genl. Arno Lamoer. Foto: www.defenceweb.co.za

Die Wes-Kaapse provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Arno Lamoer en drie brigadiers, is Dinsdag met betaling geskors.

“Die volgende stap is dat ons ʼn interne dissiplinêre verhoor sal hou kragtens ons voorskrifte,” het lt.genl. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die ondersoek word gedoen deur onafhanklike persone uit die paneel van kenners van die sektorale bedingingsraad vir veiligheid en sekuriteit.”

Makgale het gesê in die geval van die drie brigadiers sal klagtes geformuleer word indien die ondersoek sou bevind dat daar ʼn saak is. ʼn Beampte sal dan as voorsitter van die dissiplinêre verhore aangestel word. In die geval van lt.genl. Lamoer sal die Raad van Ondersoek kragtens die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens aanbevelings aan die nasionale polisiekommissaris maak oor hul bevindings.

Lamoer en brigs. Darius van der Ross, Kolindren Govender en Logambal Govender, asook die bekende sakeman Mohammed Salim Dawjee het Vrydag in die Goodwood-landdroshof verskyn vir hul beweerde betrokkenheid by korrupte aktiwiteite as deel van ʼn kriminele sindikaat. Hulle is vrygelaat op borgtog van R5 000 elk.

Lees alle vorige berigte oor Arno Lamoer op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

CJAN ·

Skitterend man!!!!!!!!! Polisie moet die skelms vang nou van die polisie die polisie.

Benito Odendal ·

As jy steel of korrup is terwyl jy in diens van die staat is behoort jy alle voordele te verloor hangende die uitslag van die ondersoek en jou skuldigbevinding al dan nie …..Indien onskuldig kry jy jou geld en voordele terug . Ondersoeke moet ‘gefastrack’ word en mag nie langer as 30 werksdae duur nie…..selaris ,pensioen,medies …..en alle toelaes moet onmiddelik staak sodra ‘n persoon verdink of geskors word…..’n jakkals maak gewoonlik baie planne en skryf altyd self die reels…. so die kanse dat bogenoemde ooit sal geld is nul !!!!

Lindie Lourens ·

Hoe op aarde word ‘n mens “met betaling geskors”? ‘n Mens word geskors wanneer jy verkeerd gedoen het en dan word jy daarvoor betaal?! Ek is te dom om dit te verstaan.

Rene ·

Lindie, ek wonder ook. Wanneer ons byvoorbelled geskors word, word ons geskors sonder betaling. Maar ja, hulle kry ook alles reg wat ons nie kan nie. En dit is ook nie die eerste lot wat “geskors word met volle betaling nie”. Die meeste groot koppe wat “verkeerde goed” doen, word geskors met volle betaling vir soms ‘n jaar lank of dalk langer en niks gebeur nie. Is eintlik lekker, want nou word jy betaal vir ‘n “diens” wat glad nie verrig word nie, want die ander kollegas moet dit mos nou doen. Salig sit ons dan lekker by die huis en ontspan. Die “nuwe” SA werk nie vir my so lekker nie. Te veel korrupsie, moord, ens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.