Lamoer en kie dan gevonnis

Arno Lamoer. Foto: Tracey Adams / ANA

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Maandag uitspraak gelewer in die saak teen Arno Lamoer, die voormalige Wes-Kaapse polisiekommissaris, en sy vier medebeskuldigdes.

Lamoer en sy vier medebeskuldigdes, Salim Dawjee en brigs. Darius van der Ross en Sharon Govender, asook Govender se man, Kolin, het tereggestaan op 109 aanklagte van korrupsie, rampokkery en geldwassery van R1,6 miljoen.

Lamoer is Maandag onskuldig bevind op 81 aanklagte van rampokkery en geldwassery, maar skuldig op een klag van korrupsie nadat hy vroeër die maand skuld erken het. Van der Ross en Kolin het ook vroeër skuld erken op een klag van korrupsie. Dawjee het verlede week skuld erken op verskeie korrupsieklagte.

Lamoer, Dawjee, Van der Ross en Kolin is Maandag skuldig bevind op aanklagte van korrupsie. Sharon Govender is onskuldig bevind op al die aanklagte. Die saak is tot 16 April vir vonnisoplegging uitgestel.

Lamoer, wat 35 jaar lank in die polisie was, het in sy pleitverduideliking gesê hy het Dawjee 25 jaar gelede ontmoet toe hy nog by die Manenberg-polisiekantoor gewerk het. Hy het volgens hom tussen Desember 2011 en September 2013 lenings by Dawjee aangegaan en sou hom terugbetaal die dag wanneer hy aftree.

Lamoer het skuld beken op ʼn klag van bedrog deurdat die lenings as aanvaarding van vergoeding beskou word. Hy het erken dat hy ʼn brief geskryf het wat bevestig het dat Dawjee ʼn goeie naam het en dat die brief tot sy en ander se voordeel kon strek.

Kolin Govender het in sy pleitverduideliking erken dat hy tussen November 2011 en Oktober 2013 vergoeding van R24 601,44 by Dawjee, sy neef, gekry het in ruil vir spesiale behandeling. Die geld is gebruik vir instandhoudingswerk aan sy swembad, voertuighuur, brandstof en twee vliegtuigkaartjies.

 

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.