Lamoer en kie gevonnis

Arno Lamoer en Kolin Govender. Foto: Tracey Adams / ANA

Arno Lamoer, die voormalige Wes-Kaapse polisiekommissaris, is Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof tot tronkstraf gevonnis.

Regter Rosheni Allie het Lamoer tot effektief ses jaar tronkstraf gevonnis vir korrupsie. Die sakeman Salim Dawjee is ook tot effektief ses jaar tronkstraf gevonnis.

Lamoer, Dawjee en hul medebeskuldigdes, brigs. Darius van der Ross en Sharon Govender, asook Govender se man, Kolin, het aanvanklik tereggestaan op 109 aanklagte van korrupsie, rampokkery en geldwassery van R1,6 miljoen.

Lamoer is skuldig bevind op een klag van korrupsie nadat hy vroeër skuld erken het. Dawjee is skuldig bevind aan bedrog en korrupsie terwyl Sharon Govender vrygespreek is op al die aanklagte teen haar. Colin Govender en Van der Ross is aan korrupsie skuldig bevind en onderskeidelik tot effektief vier en twee jaar tronkstraf gevonnis. Dawjee se ondernemings is ook met R60 000 beboet waarvan R40 000 opgeskort is.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het die vonnisse verwelkom. “Die hof het tydens die verhoor getuies van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat, die NVG en die Valke geroep om klem te lê op die voorkoms van korrupsie in die polisie. Dit is iets wat ons daagliks moet beveg aangesien dit ʼn realiteit is.”

Lamoer, wat 35 jaar lank in die polisie was, het in sy pleitverduideliking gesê hy het Dawjee 25 jaar gelede ontmoet toe hy nog by die Manenberg-polisiekantoor gewerk het. Hy het volgens hom tussen Desember 2011 en September 2013 lenings by Dawjee aangegaan en sou hom terugbetaal die dag wanneer hy aftree.

Lamoer het skuld beken op ʼn klag van bedrog deurdat die lenings as aanvaarding van vergoeding beskou word. Hy het erken dat hy ʼn brief geskryf het wat bevestig het dat Dawjee ʼn goeie naam het en dat die brief tot sy en ander se voordeel kon strek.

Kolin Govender het in sy pleitverduideliking erken dat hy tussen November 2011 en Oktober 2013 vergoeding van R24 601,44 by Dawjee, sy neef, gekry het in ruil vir spesiale behandeling. Die geld is gebruik vir instandhoudingswerk aan sy swembad, voertuighuur, brandstof en twee vliegtuigkaartjies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Sannie ·

Waar is AG ASSEBLIEF TOG nou wat die polisie heeltyd beskerm . hier is NOG ‘n vrot appel.

anton ·

Ja, wil ek ook weet???
Daar is bitter baie vrot appels in die SAP.
Baie meer as wat die man op straat van weet, glo my!!!

AG ASSEBLIEF TOG ·

Sannie, daar sal altyd die gene wees wat hulle posisie in polisie gebruik vir self verryking. Net soos daar van die publiek is wat late graag n “bribe” sal wil betaal om hulle probleem te laat wil weg gaan. Wat my siek maak is dat mense soos en jy en Anton altyd al wat n polisieman onder dieselfde kam wil skeer sonder om feite na te gegaan, of wat self dink dat julle alles van polisie werk af weet. Maar eintlik weet julle minder as niks.

Trotse Polisieman ·

Anton, die media speel n belangrike rol om die polisie altyd in n slegte lig te wil stel. Dan is daar altyd mense wat op die sosiale media sit en kommentaar lewer oor hoe polisie werk gedoen moet word. Maar glo my weet eintlik niks. Dit is baie tragies dat daar korrupsie in die polisie is. Maar so ook in die private sektor. So, jy en die Sannie moenie te gou en maklik vinger wys nie. Soos die ou gesegde lui, vier vingers wys altyd terug. En hou op om te maak asof julle alles van polisie werk af ken. Want julle weet nie.

LB S ·

Julle behoort julle te skaam om die Polisie almal so af te kraak. Geen wonder dat hul moreel so laag is nie, maar jy verwag om gehelp te word as jy in gevaar is.
HULLE IS NIE ALMAL VROT APPELS NIE!!!!!!!!!!!!!!

waar is res ·

Sannie se Sannie sal sewe sakke sout eet…daar is erger dinge aan die gang oral, nie net in die Polisie nie. The blaming game werk nie

mini ·

wat…. rampokkery is tronkstraf, volgens die FAIS wet, wat mis ek hier …. of tel dit net vir sekere mense …. se maar net

WillieM ·

Die FAIS wetgewing het niks te doen met die skuldbevindinging nie. As jy weet waaroor FAIS wetgewing gaan, sal jy nie nie n opinie gee nie. Ek is net bitter baie baie bly dat die diktators tronk toe moet gaan – vra enige lid van SAPS wat gestationeer was by Kaapstad SAPS waar Governder SK was.

Oom Kalahari ·

Daar gaan ‘n paar gevangenis manne wees wat die Kommisaris en kie met ope arms gaan ontvang. Maar hoekom was Shabir Shaik (gholfspeler) noe ook so bevoorreg om ‘n hotel kamer in gevangenis te deel nie. Janus Waluz was te nagekom en Masuthu het geweir na hy lankal gekwalifiseer het vir parool. Laat mens darem wonder.

Luister ·

Hierdie is swaar strawwe vir relatief ‘min’ geld betrokke.
As almal wat betrokke is/was by staatskaping vergelykbare strawwe gaan kry, gaan tronke vir baie lank vol wees. Laat ons hoop!

Koos ·

Lamoer lig daarvan afgekom. Was die staat se saak só papperig dat hulle sy pleit op slegs één klag aanvaar het? Dis tog absurd. Hier mense, is werklik iets wat AfriForum behoort te ondersoek.

WillieM ·

FAIS staan vir- Financial Advisory Intermediary Services. Ek glo nie dat enige polisie beampte advies kan gee rondom finansiele advies nie. Hulle is nie opgesluit vir sulke oorteding nie.

anton ·

Aan die 2 persone wat weereens die polisie so verdedig wil ek net vra? Hoe weet julle wat ek weet van die polisie en hoe die polisie werk?
As julle werklik weet wat ek weet, sal julle eerder baie stil wees.
Om die waarheid te se, sou iemand vandag in die Sap wees, sou ek eerder dit nie gese het nie maar in skaamte my kop laat sak het oor die ”eens” goeie staats instansie!!!
Dit is teverstane dat julle albei skuilname gebruik!!!

Melt Olckers ·

Dit is waarom ek glad geen vertroue in die Polisie het nie.

CAROL ·

Ek stem saam jou. Ek dink 95% is skelms!!! Nogals net 6jaar vir al daai crime, en dan was hy self n polisieman?????

Hennie ·

Nadat Lamoer 35 jaar in die polisie was moet hy vir 6 jaar die binnekant van ‘n tronksel aanskou. Dit is die oes van 35 diens, wat bewys wat hy vir daardie tydperk gesaai het. Weereens ‘n bewys van wat aangaan in die polisiediens, wat ‘n massiewe skande!

Wentz ·

Mense die punt hier is dat mense in baie senior possisies in die SAPD hulle self skuldig maak aan oneerlikheids misdade. Ongelukkig was die sogenaamde Generaal en Brigadiers maar was hulle regtig hul rang werd en watter wantroue moet hulle aksies nie onder die gemeenskap saai nie.Soos ek verneem was almal hier betrokke nie geliefd onder polisie beamptes nie weens hulle diktator bestuurstyl en disrespek vir mede beamptes .Vredesbeamptes moet onder n ander kam as n gewone burger geskeer word wat hulle het die verantwoordelikheid om die wet toe te pas en vertroue in die SAPD te kweek. DAAR IS DUISENDE FANTASTIESE POLISIE BEAMPTES wat trots is op hulle beroep daarom sal hulle tereg hulle beroep beskerm , so moet hulle nie blameer nie maar ongelukkig is daar wel derduisende KRIMINELE in die SAPD . Ek kan dit se , ek het hulle ondersoek , n krimineel in diens van die SAPD verdien geen simpatie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.