Lamoer se skuldigbevinding verwelkom

Arno Lamoer en Kolin Govender. Foto: Tracey Adams / ANA

Fikile Mbalula, minister van polisie, het Arno Lamoer, die voormalige Wes-Kaapse polisiekommissaris, se skuldigbevinding aan korrupsie verwelkom.

Maroela Media het vroeër berig Lamoer en vier medebeskuldigdes, Salim Dawjee en brigs. Darius van der Ross en Sharon Govender, asook Govender se man, Kolin, het aanvanklik skuld ontken op 109 aanklagte van korrupsie, rampokkery en geldwassery van R1,6 miljoen.

Lamoer, Van der Ross en Kolin Govender het egter vroeër vandeesmaand skuld beken, elkeen op een klag van bedrog.

Lamoer, Dawjee, Van der Ross en Kolin Govender is gevolglik Maandag skuldig bevind op aanklagte van korrupsie. Sharon Govender is onskuldig bevind op al die aanklagte. Die saak is tot 16 April vir vonnisoplegging uitgestel.

Mbalula het Dinsdag gesê die skuldigbevinding “stuur ʼn sterk boodskap uit” dat niemand bo die reg verhewe is nie. “Dit boesem ook vertroue in die land se strafregstelsel in dat misdadigers die volle mag van die reg in die gesig sal staar,” het Mbalula gesê.

“Ons het polisiebeamptes nodig wat besef hul werk is hul roeping en dat dit hul plig is om die mense van Suid-Afrika te dien en te beskerm.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

christa ·

tot in die hoogste kringe het die skurke in gesypel. Hoop maar CR hou sy word en roei wortel en tak uit.

Swannie ·

HY sal seker net `n boete betaal , of `n opgeskorte vonnis kry en daarna met pensioen gaan.

Genieve ·

Dit was pure gulsigheid..dis reg laat hulle boet hulle wat korrupsie moet beveg maar het netso deel aan dit maak van hom ook n voorbeeld.

Zoro ·

Ai! Dis tragies – Blink buite (range) vrot Binne wat n skande ek my kop diep in die grond gedruk het

Alida ·

Mens sou dink mense in daardie posisie behoort skaam te kry. Maar nee pryk op die voorblaaie. Sies wat dink sy kinders en familie van hom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.