Lamoer skuldig aan korrupsie

Arno Lamoer. Foto: SAPD

Arno Lamoer, die voormalige Wes-Kaapse polisiekommissaris, is Donderdag aan bedrog skuldig bevind nadat hy skuld beken het.

Lamoer en sy vier medebeskuldigdes, Salim Dawjee en brigs. Darius van der Ross en Sharon Govender, asook Govender se man Kolin, het aanvanklik skuld ontken op 109 aanklagte van korrupsie, rampokkery en geldwassery van R1,6 miljoen.

Lamoer, Van der Ross en Kolin Govender het egter nou skuld beken, elkeen op een klag van bedrog.

Lamoer, wat 35 jaar lank in die polisie was, het in sy pleitverduideliking gesê hy het Dawjee 25 jaar gelede ontmoet toe hy nog by die Manenberg-polisiestasie gewerk het. Hy het gesê hy het tussen Desember 2011 en September 2013 lenings by Dawjee aangegaan en dat hy hom sou terugbetaal die dag as hy aftree.

Lamoer het skuld beken op ʼn klag van bedrog deurdat die lenings as aanvaarding van vergoeding gesien word. Hy het erken dat hy ʼn brief geskryf het wat bevestig het dat Dawjee ʼn goeie reputasie het en dat die brief tot sy en ander se voordeel kon strek.

Kolin Govender het in sy pleitverduideliking erken dat hy tussen November 2011 en Oktober 2013 vergoeding van R24 601,44 by Dawjee, sy neef, gekry het in ruil vir spesiale behandeling. Die geld is gebruik vir instandhoudingswerk aan sy swembad, voertuighuur, brandstof en twee vliegtuigkaartjies.

Die saak gaan Maandag voort wanneer Dawjee na verwagting sal pleit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

janna ·

Dit lyk vir my as ek so kyk asof korupsie en bedrog nie tronkstraf regverdig nie.Dit is hoekom hulle so aangaan.

PJC ·

Dit raak elke dag moeiliker om vertroue in die polisie te hê. Om hierdie rede is ń mens uiters huiwerig om van hulle diens gebruik te maak of om voorvalle aan hulle te rapporteer. Dit is ook een van die hoof redes waarom die publiek hulle self bewapen sodat hulle hulself kan beskerm.

Johanna Botha ·

Die helfte is ongeskool soos nou onlangs bevind en die res is skelm …geen wonder daar is geen wet en orde in die land !

Manna ·

Hy het darem erken hy het fout gemaak nie soos ons President wat na alles nog steeds onskuldig pleit.

Pieter ·

Dit is die rede hoekom die misdaad so erg is die polisie is self te besig om hulself te verryk en het nie genoeg tyd om hulle werk te doen nie .

Johan. H. ·

Maak van hom n voorbeeld, Hy het alles erken omdat hy uitgevang is, geen ander rede nie,,,Daar is nog baie van hulle, Sogenaamde polisimanne…. sies man

Theresa B ·

Lekker man Lekker in hierdie land. Kry die poste op ‘n skinkbord. Kry die groot salaris wat daarmee gepaard gaan en dan gebruik ons, ons posisies om nog meer ekstra “spending” money te kry en lekker te lewe. Ons hou ons maar besig met die tipe dinge – moenie worry oor die ernstige misdade en plaasmoorde in die land nie. Ons is te besig met self-help transaksies.

Willie ·

Weerneens die SAPD is regtig die korrupste organisasie in die land. Ek kyk met afsku na hulle, geen trots, geen vertroue, geen dissipline, geen opleiding, geen sin vir regverdigheid. Die SAPD is vrot, eindelik n skande vir SA!

CAROL ·

Willie ek stem 100% saam jou. Dankie jy voel soos ek oor ons SAPD!!!

CAROL ·

Willie ek stem 100% saam jou. Dankie dat jy oor die SAPD voel soos ek

Devils - Advocate ·

The Holy Truth is…. Human Beings are Corrupt…. and that by Choice …. Society lacks the Will Power in General to Combat Corruption ….
When you make a statement that the police as an organisation are corrupt…. then you, Who dont even know me….
Are Directly saying That I am Corrupt…. Well i have some News to you and Those with the Same Mindsets alike…..
I take offence…. I am NOT Corrupt…. within 31 years of service Yes I was offered on many times a Bribe …. However Thank To God Almighty whom are my Moral compass …
By His Grace and Mercy I am standing Today knowing that evil must never be allowed to triumph over Good….
I am Not better then any other…
YET my Standards by the mercy and grace of God Almighty are Very Different than most….

Doris ·

Ek hoop nie hulle is net geskors met volle betaling nie, hou al daardie pensioen gelde terug vir al hulle bedrog en skelm streke.

stem saam ·

stem saam Manna, die res moet ook maar hulself oorgee wat skuldig is aan die soort van goed

CAROL ·

Ja nee dis hoekom ons land so in n toestand is – kyk na ons polisie !!!!

Genieve ·

Geskok tot in my voete. Hulle werk vir baie groter salaris as die gewone man.dus n skande vir n leier na wie ons moet opsien in die polisie en dan ook nog in n hoer gesag posisie.

Johan van Wyk ·

Patetiese voorbeeld ( lead by example ) van die leiers in die SAPS se top struktuur !!! So gaan dit in elke Staats ??????????????????????????

Willie ·

Toe Lamoer in Pretoria was, het hy baie te se gehad oor vuurwapen lisensies… Kroek

Willie ·

Moet my nie vertel die Miniter van Polisie is so onbewus van al die Generaals se skelmstreke nie…

Devils - Advocate ·

Thank You, for Failing the Few woman and men with the SAPS, that on a daily basis, Serve this Country by the Grace and Mercy of God Almighty, that are Not Currupt!!!
Once again another top official have Failed the Few men and woman, that on a Daily basis Do Our Utmost to be That Bright Star, in a Pitch Black Storm of Demonic Culture, of Corruption and Organisational Injustices.
To you, the Righteous public I say, instead of standing on the side line and Criticising Left Right and Centre…. Instead Pray for US, the Few men and woman that Still Serves This country and citizens with Pride…… with Conviction….

Alida ·

Genade die lys van skelms word al hoe langer. Hoeveel gaan nog uitgekrap word.

cassie ·

Ongelukkig maak een vrot appel die hele boks vrot.Vir my is die kersaie op die koek Brian Molefe wat skielik ‘n kolonel in die weermag is .Ek glo daai aanstelling kom van mense wat wil dankie se dat hy hulle ryk gemaak het.

speak if you have facts ·

Oh Carol jy is sekerlik nie vreeslik besig buiten met veralgemening nie

Linda ·

Alida, ek glo daar is nog baie korrupsie in die SAPS en die wat weet wil nie praat nie. Ons klein outjies het nie ‘n kans teen die hoë range nie en indien jy jou mond oopmaak word jy sumier net stil gemaak vra my ek het al ‘n grief gerig na baie hartseer en pyn, en sit ek maar nog met net soveel hartseer en pyn want elkeen sorg net vir homself in die hoë range. Soms is jy te bang en maak jou mond oop, te bang jy gaan jou werk verloor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.