Lamoer, vier ander weer in hof

Voormalige lt.genl. Arno Lamoer. Foto: www.defenceweb.co.za

Die voormalige Wes-Kaapse polisiekommissaris, lt.genl. Arno Lamoer, en vier ander mense sal na verwagting Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn op aanklagte van korrupsie en rampokkery.

Lamoer, drie brigadiers en ʼn sakeman staan tereg op meer as 100 aanklagte van korrupsie, rampokkery en geldwassery van sowat R1,6 miljoen.

Lamoer en die ander beskuldigdes het hulself in April 2015 aan die polisie oorgegee. Hulle het onskuldig gepleit op die aanklagte teen hulle.

Lamoer en brig. Darius van der Ross, brig. Kolindren Govender en sy vrou brig. Sharon Govender word daarvan beskuldig dat hulle ʼn korrupste verhouding met die sakeman Salim Dawjee gehad het en geld ontvang het in ruil vir spesiale behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.