Land Bank kry lening van R900 miljoen by Duitse bank

Argieffoto

Die Land Bank het Donderdag aangekondig dat hy ʼn lening van R900 miljoen bekom het by die Duitse Ontwikkelingsbank (KfW).

Die Land Bank het gesê die lening, wat in die plaaslike geldeenheid beskikbaar gemaak word met gunstige terme, sal ʼn noodsaaklike hupstoot gee vir landbou-ontwikkeling in Suid-Afrika en dra by tot die Land Bank se bronne vir transformasie- en ontwikkelingsfinansiering.

Die lening is terugbetaalbaar vanaf Maart 2020 in 17 halfjaarlikse betalings tot 2028.

Dit sal die bank se langtermyn likiditeit verhoog tot voordeel van die landboubedryf in Suid-Afrika.

Tshokolo Nchocho, uitvoerende hoof van Land Bank, het gesê die lening sal die bank ook in staat stel om met sy Greenfields-projekte voort te gaan. “Ons word bemoedig deur die vertroue wat beleggers in ons belangrike werk plaas om landelike ontwikkeling te ondersteun en om te voldoen aan al ons verpligtinge teenoor sleutel-aandeelhouers.”

Nchocho het gesê met sulke tipe lenings bly Land Bank in ʼn posisie om produktiwiteit, vooruitgang en werkskepping te bevorder en voedselsekuriteit in die land te verseker.

Thomas Duve, KfW-direkteur vir sub-Sahara-Afrika, het gesê die lening fokus daarop om finansieringsoplossings te bied vir handelsboere en punt-tot-punt-sakeondersteuning vir opkomende boere, veral met die doel om langtermynfinansiering teen mededingende voorwaardes aan te bied.

Land Bank het die afgelope jaar soortgelyke lenings aangegaan met die Wêreldbank en sy MIGA-arm (ter ondersteuning van ʼn langtermyn handelslening van Standard Chartered Bank en DZ Bank), bykomend tot die Land Bank se finansieringspogings in die plaaslike kapitale en skuldmarkte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Johann ·

“transformasie en ontwikkeligs finansiering” nogal? Vertaal in AFRIKAniaans en veral ANCliaans hoor ek bedrog, korrupsie, MELKPLAAS PROJEKTE IN VREDE, weggee sonder kontrole, onbevoegdheids voorkeure vir ANC kronies en politieke lite eerder as werklike voedsel sekerheid… en ek kan aangaan. Ek sidder om te dink wie wat belowe het om die lekker ANC BONUS te kry so voor n verkiesings jaar? Maar. die Wereld leer eenvoudig nie.

Anni ·

Ek wil amper saamstem. Met die ANC se korrupsie rekord moet ons nie kwalik geneem word as ons die slegste dink en verwag nie.

TDW ·

Ek sal graag meer wil weet wat dit beteken vir ons en ons toekoms. Kan enige iemand met ‘n breër finansiële agtergrond hier kommentaar lewer asb.

Alida ·

Nou gaan hulle daai geld roekeloos uitleen aan sekere boere en die opregte boere kry niks. Die grond gaan brak bly en nuwe karre gaan gekoop word. Nie n enkele sent gaan vir die regte doel aangewend word nie. Dit is oor en oor bewys.

Katvis ·

Kom zuma, hier is geld vir nog n swembad, bedoel vuurpoel.

Alida ·

Oor n paar jaar dan moet ons weer instaan vir daai skuld want daar niks geboer word nie.

Elvira ·

Dankie tog. Hoop net die boere wat so swaar kry gaan ook gehelp word. Koop sommer vir elkeen n masjiengeweer ook hulleself te beskerm teen die moordenaars wat hulle so aanval.

Derick ·

Jy is doodreg Boerseun ….. en jy het nie ‘n finansiële agtergrond nodig om dit te verstaan nie.

Veritas ·

Wat mý verstand te bowe gaan, is dat bankiers, nogal van Duitsland, nie weet dat hulle netsowel die geld as donasie kon gee nie. Skuld betaal is nie hoog op staatsinstansies se lys nie. Dit sal insiggewend wees om te weet watter persentasie van Landbanklenings, terugbetaal word. Daar was ‘n tyd dat Duitsers as bogemiddeld intelligent beskou was maar dié tipe optrede en die toelating van massas moslem-immigrante, laat mens wonder hoe lank Duitsland nog ‘n vooruitstrewende land gaan bly.

Bossie ·

EN… die belastingbetaler gaan weereens opdok wanneer die kaarthuisie ook intuimel. Daarna gaan daar soveel meer werkloosheid en skuld wees en nog minder kos. Tyd het gekom om ons grasperke in groentetuine te omskep en te bid vir reën want swak beplanning en instandhouding gaan veroorsaak dat krane se water gaan opdroog. Doemprofeet? Nee, net baie realitisties!

Duitser ·

Groot fout…. luister na Presedent Trump oor SA en afrika.

o ·

Ek kan net my kop skud. Ons (die belastingbetalers) gaan op die ou end weer die spit afbyt om die lenings terugbetaal te kry

Milwa ·

Die Landbank word nie met belastinggeld gesubsidieer nie, gaan lees op hulle webblad

Whaaaaaaaaaaaaaaaa ·

O hel julle gaan nog spyt wees, maar dan was Duitsland mos nog maar al die jare pro-meerderheidsregering in SA. Julle moet net onthou die manne like nie van terugbetaal nie .. maak nou al voorsiening vir die verlies van daardie geld. Julle het duidelik nog nie julle les met AFRIKA geleer nie. Lag my alie af .. lees julle nie koerante nie, of moet ek dit eerder in DUITS vra?

Schon ·

Die Duitsers kruip nog altyd in by die ANC, hulle kan OF nie ENgels verstaan nie, OF hulle lees nie koerante nie. AS ek hulle is bepaal ek myself eerder by die MERKEL krisis in Duitsland en minder by die AFrikane in Afrika. Hier is geen salf te smeer nie, al is dit 900 miljoen se salf .julle kan dit solank op julle maag skryf en met julle hemp afvee. Hier is darem nog ‘n paar ou ANC themde met Zuma se gesig op wat niemand meer wil he nie. WIE NIE WIL HOOR NIE MOET VOEL!!

Casper Labuschagne ·

Hier op die plaas klink 900 miljoen rand na een groot hoop geld, maar in der waarheid is dit net onder €61 miljoen in Euros. En in Duitsland is sulke lenings aan Afrika eintlik maar net ‘n aansporing van die staat ten gunste van vervaardigers van luukse Duitse motors. Hoe anders gaan Afrika se waBenzie klas betaal vir hul Black Mans Wheels en hoe anders moet die Duitse regering verseker dat daar nie eerder Volvo motors gekoop word nie? Boonop weet almal in die Weste wat lenings aan Afrika maak, dat daardie lening oor ‘n paar dekades noodwendig afgeskryf sal word.

wraggies ·

Wonder of die Duitsers hulle “due diligence” gedoen het, lyk nie so nie.

Fanie ·

Wonner hoe baie mense gaan nou nuwe Merc’s en Land Rovers kry ?

Piet Pompies ·

Hierdie geld word deur die privaat sektor geleen en die staat befonds dit nie. So die projek het niks met die staat en enige minister te doen. Die geld is sbekikbaar teen gunstige rentekoers en gunstige terugbetalings ooreenkomste. Dit is goed vir ons land, buitelandse valuta stimuleer ekonomiese groei.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.