Land se top-30 onveiligste gebiede vir vroue

Argieffoto: SAPD

Die minister van polisie, genl. Bheki Cele, het die name van die dertig polisiestasies aangekondig in wie se gebiede geweld teen vroue die ergste is.

Cele het pres. Cyril Ramaphosa se uitlatings dat geweld teen vroue ʼn tweede pandemie is herhaal en gesê dit is besig om krisisvlakke te bereik. “Geslagsgebaseerde geweld is ’n euwel in die samelewing wat ten alle koste hokgeslaan moet word.”

Volgens Cele is die verwagting dat alle polisiestatsies in die geïdentifiseerde gebiede ’n permanente toonbank vir geslagsgebaseerde geweld sal hê.

“Dit sal baie help dat die slagoffers van geslagsmisdade op ’n professionele manier deur opgeleide beamptes gehelp word.”

Hierdie gebiede is as brandpunte geïdentifiseer:

  1. Delft (Wes-Kaap)
  2. Mamelodi-Oos (Gauteng)
  3. Tembisa (Gauteng)
  4. Umlazi (KZN)
  5. Empangeni (KZN)
  6. Nyanga (Wes-Kaap)
  7. Inanda (KZN)
  8. Temba (Gauteng)
  9. Khayelitsha (Wes-Kaap)
  10. KwaZakhele (Oos-Kaap)
  11. Alexandra (Gauteng)
  12. Moroka (Gauteng)
  13. Mthatha/Umtata (Oos-Kaap)
  14. Mfuleni (Wes-Kaap)
  15. Plessislaer (KZN)
  16. Dobsonville (Gauteng)
  17. Bloemspruit (Vrystaat)
  18. Diepsloot (Gauteng)
  19. Mitchells Plain (Wes-Kaap)
  20. Ikageng (Noordwes)
  21. Osizweni (KZN)
  22. KwaMashu (KZN)
  23. Ntuzuma (KZN)
  24. Kopanong (Vrystaat)
  25. Honeydew (Gauteng)
  26. Kraaifontein (Wes-Kaap)
  27. Gugulethu (Wes-Kaap)
  28. Orange Farm (Gauteng)
  29. Butterworth (Oos-Kaap)
  30. Bellville (Wes-Kaap)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

marius ·

Dertig plekke dertig jaar later . Fantastiese
vooruitgang !

Jaco ·

Meestal our people se gebiede. Wat dan nou van Black Lives Matter en die “feit” dat our people volgens ramaphosa so peace loving” is, asook die ander “feit” dat net wit mense rassisties en gewelddadig is?

Nici ·

As ons iets wil doen aan geweld teen vroue en veral seksuele geweld – verban pornografie. Dis geweldadig en vernietig respek tussen geslagte deur vroue te verneder en seer te maak. Ek ken geen vrou wat deur drie mans gegryp wil word nie maar hierdie gemors hits jong mans en seuns aan om meisies te misbruik. Totdat goeie mans genoeg omgee om hulself hierteen uit te spreek ter wille van hul vroue en kinders, indien nie vir hulself nie, gaan dinge net erger word.

Moedeloos ·

Hierdie plekke is ook waar daar altyd optogte en brandstigtings voorkom. Het geen resep of maniere nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.