Landbank dagvaar ANC-hoës

geld 2Die Landbank dagvaar verskeie ANC-swaargewigte, hoëprofiel staatsamptenare en die eiendomsmagnaat Roux Shabangu, berig die Sunday Times.

Die Landbank poog om ʼn ongemagtigde lening van R82 miljoen te verhaal van ʼn ontwikkeling in Noordwes wat nie plaasgevind het nie. Die ontwikkeling sou ʼn groot toeriste-aantrekkingskrag in die Hartbeespoort-omgewing gewees het, wat sou spog met ʼn hotel, konferensiesentrum, winkelsentrum en meer as 400 deeltitel wooneenhede.

Agt jaar het verloop nadat die tender aan Westside Trading 570 toegestaan is, en die grond is nog steeds nie ontwikkel of verkoop nie. Westside Trading word gelikwideer en die Landbank eis die geld van die lening, met rente, terug.

Volgens hofdokumente wat by die Pretoria-hooggeregshof ingedien is, kon Westside Trading nie daarin slaag om die bedrag van R82 miljoen teen die einde van April 2009 te betaal nie. Dagvaardings is uitgereik teen die maatskappy en sy nege direkteure, wat borg daarvoor staan ​​en mede-skuldenaars is.

Shabangu, Lindiwe Maseko, die speaker van die Gautengse wetgewer, Lydia Sebego, die hoofbedryfsbeampte van die departement van koöperatiewe regering en tradisionele sake, en Desmond Golding, ʼn voormalige lid van die SAUK-komitee, is onder die nege aandeelhouers van die maatskappy. Golding dien ook op die ANC se ekonomiese transformasie-komitee en Cosatu se paneel van progressiewe ekonome. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

alet ·

Gaan ook seker se hulle het nie daarvan geweet nie geld is pasela gegee lekker ou spending money. Sal sien wat gaan word vd storie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.