Landbank in finansiële verknorsing

Die benarde posisie van die Landbank het Woensdagoggend uit ʼn voorlegging aan die parlementêre begrotingskomitee duidelik geblyk, maar dit was asof die ANC-LP’s in die komitee nie besef het die geld is op nie.

Die Landbank se bestuur het verduidelik die bank was in “ʼn baie sterk geldposisie tot verlede jaar”, hoewel die nasionale tesourie nou al jare lank waarsku dit gaan net een landbouramp verg om die bank se finansiële appelkar om te keer.

Die rede daarvoor is dat die toestaan van lenings die enigste bankdienste is wat by dié bank verskaf word. Die enigste inkomste is dus rente op lenings, en dit sal nie hou as ʼn groot landbouramp die noorde van die land en die somerreënvalgebied tref sodat boere nie hul lenings en rente kan betaal nie.

Dis toe net mooi presies wat verlede jaar gebeur het met die droogte en siektes soos bek-en-klouseer en voëlgriep. Dit is dus nie korrupsie of wanbesteding wat die Landbank op sy knieë het nie, maar natuurrampe en ʼn riskante sakemodel.

Dit het daartoe gelei dat die kredietagentskap Moody’s die Landbank se beleggingstatus sedert November verlede jaar vier keer afgegradeer het. Gevolglik het die bank se potensiële finansierders die hasepad gekies en lenings ingeroep.

Bankamptenare het Woensdag openlik aan die komitee toegegee dit gaan bitter moeilik wees vir die Landbank om weer bo rommelstatus uit te kom. Die bank het tans bates van R5 miljard en laste van R45 miljard.

Dié organisasie het tans 29% van die land se lenings aan boere op sy boeke. Kommersiële banke het 60% van die lenings terwyl die ander 11% op die boeke van koöperasies en ander kleiner instellings is.

Tydens vraetyd het die ANC se LP’s bly hamer daarop dat swart boere en swart diensverskaffers gebruik moet word. Die ANC-LP Sfiso Buthelezi meen geld van die Openbare Beleggingskoöperasie (dis grootliks staatsdienspensioene) moet gebruik word om die Landbank te voorsien van geld aan spesifiek onervare swart boere, wat deur suksesvolle kommersiële banke as ʼn te groot risiko beskou word om te finansier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pieter ·

Niks snaaks als is in die moeilikheid waar die ANC betrokke is. Die op komende boere betaal nie terug nie. Die belasting betaler sal maar weer betaal vir julle gemors. Julle kan en sal nooit n land kan best nie nie nou nie en ook nie 200 jaar van nou af nie

JohanR ·

Ek is seker ons kan almal al die R10 biljoen reddings paket sien aankom? Thinks are so predictable with the ANC.

Jan ·

Dankie Anc julle wys weer julle kan niks bestuur nie. Gaan bestuur eerder taxi

marius ·

Waar is Sydney Khando se geskiedenis liewe landbank ? Dit was lank voor droogtes en peste ….

Burgermeester ·

Selfs hier vanuit die vlaktes duskant Hebron kan ‘n mense sien hoe onkundig en agterlik ANC lede is. Dit blyk vir my ANC mense verstaan nou nog nie die konsep dat geld kan opraak nie. Van hulle is net so toe soos ‘n klei-os se agterstewe.

capie ·

Die eerste en laaste parragraaf som die situasie duidelik op. Die mense het nie die insig om te besef wat dit is nie. Presies dieselfde met betrekking tot hulp aan besighede tydens die pandemie. Presies dieselfde hoekom feitlik alle “kleinboere” ook nooit ‘n sukses sal maak nie

Eerlik ·

Hier gaan dit weereens oor watse ras voorkeur kry!! En natuurlik weereens WANBESTUUR!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.