Landbank nou op rommelstatus ná Moody’s-afgradering

Die kredietgradeerder Moody’s Investors Service het die Landbank se status na rommel afgradeer.

Moody’s sê die negatiewe vooruitsig weerspieël die verminderende vermoë van die Suid-Afrikaanse regering om die Landbank – wat aan die staat behoort – te ondersteun indien nodig.

“Die uitdagende bedryfstoestande, asook die onvermoë om ʼn permanente uitvoerende hoof aan te stel wat ʼn deurlopende oorsigrol oor die Landbank se bedrywighede kan speel en strategiese rigting kan gee, plaas ook druk op sy [die Landbank se] finansiële vertoning, losstaande assessering en beleggersvertroue,” het die agentskap vandeesweek gesê.

Die landbouorganisasie TLU SA sê intussen die afgradering is net die begin van die finansiële uitdagings wat die landboubedryf vanjaar verder gaan knou.

“Dit raak voortdurend moeiliker om ʼn positiewe gesindheid oor die toekoms van landbou in Suid-Afrika te hê. Nie net moet ons boere daagliks sukkel om kop bo water te hou met uitdagings soos plaasveiligheid, onredelike arbeidswette, veesiektes, droogte en beperkte uitvoergeleenthede as gevolg van swak ekonomiese toestande nie, maar nou word hulle nog verder in skuld gedompel deur ʼn afgradering van die Landbank wat vir die meerderheid boere krediet verskaf,” het Louis Meintjes, president van TLU SA, gesê.

land-grond-landbou-onweer-donderweer-weerlig-wolke-deur-eugene-triguba-unsplash

(Foto: Eugene Triguba/Unsplash)

Die Landbank word reeds sedert November verlede jaar dopgehou en Moody’s het toe al gewaarsku dat ʼn afgradering wink. Die bank is ná dié gradering een keep laer op Ba1, oftewel rommelstatus.

“Dit gaan nou duurder vir die Landbank word om sake te doen, want die bank is afhanklik van fondse van elders om krediet aan kliënte te verskaf. As gevolg van die afgradering sal die Landbank nou meer moet betaal vir die fondse wat sal lei tot ʼn verhoging in die rentekoers vir sy kliënte,” het Meintjes gesê.

Hy waarsku ook dat die afgradering bes moontlik net die begin is van die afgradering van verskeie ander staatsinstellings – en eindelik die land self.

“Vir TLU SA is dit ʼn verdere dolk in die hart dat die Landbank – wat in 1905 op die versoek van TLU SA gestig is – weens jarelange onbekwame bestuur en wanbesteding nie in sy mandaat kon slaag nie en waarskynlik verantwoordelik gaan wees vir die ondergang van verskeie boere.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Ou Bees ·

Die Landbank het gesneuwel toe hy oorgevat is…..nes die res.

Presies ·

Die totale aanslag duur voort. En intussen praat ons nie openlik daaroor nie. Ons almal kyk na die ander om iets te doen.

Wilhelm ·

Het die staat nog enige bates of is alles wat hulle gekry het in ’94 nou rommel ?

Kerneels ·

90% van die staatskorporasies se funksies is in elk geval uitgedien. Hulle verskaf net werk aan kaders.

Lou ·

En wie moet ons bedank vir die rommel status gradering. Die ANC en al sy skelm kaders wat absoluut alles in die land op alle vlakke verwoes.

Johan Venter ·

Die regering wil mos nie na die graderingsagentskappe luister nie, hulle bly teen die prikkels skop, al beduie Cyril hoe en vertel van hul planne, en al verlaag die reserwebank die rentekoers, so nou begin die graderingsagentskappe die staatsbeheerde instellings afgradeer.

Feite ·

Hierdie sosialistiese regering is n “failed state” met net een doel voor oe en dit is om alle staatsbeheerde entiteite in die grond in te bestuur deur selfverryking, sodat hulle kan motiveer oor hoekom gewone Suid Afrikaners geen keuse het as om toe te laat dat die “failed state” gewone mense se geld ook kan vat. Opposisiepartye gaan meer drastiese stappe teen die staat moet begin oorweeg, anders sal hul versuim om die regering te stop, gewone Suid Afrikaners bankrot laat terwyl ANC kaders al die pad na die bank in Dubai toe lag!

Sven ·

Dis nie werklik ‘n mislukte staat nie, net gesonde dekoloniasering. Vir Afrikane is dit normaal en aanvaarbaar.

aj ·

“Mantshantsha said that, in his view, the true saboteurs were “the empty suits that are running this country.

That is where the sabotage is happening”.”

Jack Klok ·

Landbank, SAL, DEnel, ESKOM – almal val soos dominos.

Emma ·

Ek bly se die arbeidswette , die droogte ga an dit nie maklik maak vir die boere nie. So dit is geen verrassing nie het dit verwag. Maar die anc wil alles beheer met reels en regulasies

Hans ·

En die plan is om die Resewe Bank ook oor te nee – I wonder what can go wrong?

Hb ·

Dit hou net nie op nie. Ek gaan ophou nuus lees en my kop inni sand druk. Beter vir my gesondheid

Thinus Erasmus ·

Wag net nog bietjie totdat die RSA Reserve Bank genoeg geld druk om almal se probleme te laat verdwyn. Ek verwag vanjaar nuwe R500 en R 1000 nootjies om aan die aanvraag te voldoen.

Boervrou ·

As dit die geval is,moet die blanke mense wat vir boere werk maar nie kyk vir werk oor see nie.Want waar gaan als eindig.Gaan daar ooit vir ons boere kinders n toekoms wees in Suid Afrika as dit so aan gaan.

Martina ·

So val die een staatsinstelling na die ander.
Dan is daar nog sowaar mense wat die vinger, so lagwekkend as wat dit klink, na die apartheidstel wys.
Die ANC het ‘n Suid-Afrika gekry waar alle instellings gewerk het, dis hulle eie onbevoegdheid wat hulle ongeskik maak om ‘n land te regeer.
‘n Land is soos ‘n besigheid, as bekwame mense deur onbevoegdheid vervang word, stuur dit op bankrotskap af.
Dan is daar boonop die misdaadsyfer wat hemelhoog is en waaraan hulle niks doen nie.
Dis eintlik lagwekkend dat Ramaphosa oorsese beleggers probeer oortuig watter goeie beleggings moontlikhede daar in Suid-Afrika is.

WiseOwl ·

Die van julle wat die n moontlikheid het om SA te verlaat, doen dit nou, die kanse om dit later te kan doen word minder en minder. SA is verby, of julle daarvan hou of nie, dit is ń feit.

Pap en Sop ·

Selfs ander mense van Afrika lag nou vir wat hier aangaan! Vra maar mense van die buurstate wat hier werk!

Marous ·

Verkrampte waarskuwings 30 jaar gelede is nou realiteit…

Petrus ·

Die verkramptes se waarskuwings was eintlik 100 jaar te laat.

Thinus Erasmus ·

Jip Marous die wysheid van die verkrampte is betroubaarder as die drome van die verligte.

JO ·

Ek se mos altyd, FW De Klerk by die CODESA onderhandelinge, het vir Afrikaners die geleentheid geskep om die land in vrede te verlaat terwyl mens nog kan mens goedere te verkoop en te pack for Perthfontein. Maar nou ja wees bewus van die werklikheid en kyk uit vir geleenthede oorsee anders werk men menself net in armoede in in Suid-Afrika.

Wat gaan daai R100 000 werd wees wanneer n brood eendag n R1000 kos met hyperinflasie soos Zimbabwe of Venezuela.

Andre ·

Die skrif was al in 1980 aan die muur. Ongelukkig het dit die meeste van ons lank geneem om dit te besef.

Afgradering ·

Wie moet ons blameer – Jan van Riebeeck (sal seker so staan volgende jaar in die geskiedkundige boeke wat die kinders op skool kry om te leer)…is mos die boodskap wat versprei word deur die kabinets lede!!

BEES ·

Afrika werk uit dieselfde handboek.Kon nog nooit uitstyg en floreer nie.Duisternis is op hande.Daar heers al klaar n semi burger oorlog wat net gaan eskaleer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.