Landbou dra by tot ekonomiese groei

Ekonomiese groei in die vierde kwartaal van 2017. Grafika: www.statssa.gov.za

Statistieke Suid-Afrika het Dinsdag gesê ekonomiese groei in die vierde kwartaal van verlede jaar is onder meer deur die landbousektor ʼn hupstoot gegee.

Die bruto binnelandse produk (BBP) het met 3,1% toegeneem gedurende dié kwartaal, nadat dit in die vorige drie maande met 2,3% gestyg het, het Stats SA gesê.

“Die grootste positiewe bydraer tot die groei in BBP in die vierde kwartaal was die landbou-, bosbou- en visserye-sektor, wat met 37,5% gestyg het en 0,8% tot die BBP-groei bygedra het,” het die agentskap gesê.

Die handel-, spyseniering- en akkommodasie-sektor het met 4,8% gegroei, wat 0,6% tot die BBP bygedra het, terwyl die handelsbedryf en finansies, eiendom en sakedienste met onderskeidelik 4,3% en 2,5% toegeneem het en elk 0,5 persentasiepunte bygedra het.

Die mynboubedryf het egter met 4,4% gekrimp, wat 30 basispunte van die algehele BBP in die vierde kwartaal weggeneem het.

Ekonomiese groei in Suid-Afrika begin nou momentum toon ná ʼn trae dekade wat die 2008/9-resessie gevolg het.

Die nasionale tesourie het verlede maand die 2017-groeisyfer met 1% opwaarts aangepas vanaf ʼn vorige vooruitsig van 0,7% en gesê ekonomiese groei sal versnel na 1,5% in 2018 en 2,1% teen 2020.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

zoom zoom ·

Gee van die staatsgrond vir die eff en blf sodat hulle kan begin ploeg en plant en help om ekonomie te laat styg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.