Landbou-ekonoom op kleinhoewe vermoor

Frikkie Liebenberg. Foto: Facebook.

Frikkie Liebenberg. Foto: Facebook.

ʼn Senior lektor aan die Universiteit van Pretoria (UP) is Vrydagaand op sy kleinhoewe doodgeskiet.

Dr. Frikkie Liebenberg (53), ʼn senior lektor en lanbou-ekonoom, is op sy kleinhoewe in Vaalbank, net wes van Bronkhorstspruit, doodgeskiet terwyl hy by sy skootrekenaar gesit het. Hy is in die rug geskiet.

Volgens Vasti van der Merwe van die Bronkhorstspruit GPF (sektor drie) het mense in die omgewing glo Vrydag tussen 21:00 en 22:00 drie skote gehoor.

Volgens Van der Merwe het een van Liebenberg se werkers Saterdag omstreeks 07:00 op Liebenberg se liggaam afgekom. “Hy het een van die bure in kennis gestel wat my toe laat weet het op een van ons WhatsApp-groepe. Die gemeenskap het dadelik reageer en die hele gebied afgesper.”

Van der Merwe het gesê ʼn onbekende aantal verdagtes het die draad geknip en so toegang tot die perseel bekom. “Daar is ook bloed in die huis gevind; dit is onduidelik of dit Liebenberg of een van die verdagtes se bloed was. Dit sal eers duidelik wees ná die forensiese ondersoek. Dit lyk egter asof daar dalk ʼn skietery was en een van die verdagtes gewond is. Daarom het die gemeenskap die gebied afgesper en gewag vir die polisie se honde-eenheid om die spoor te kom volg. Die polisie het so 10:00 daar opgedaag.”

Volgens Van der Merwe was die gras kort gesny. Dit was dus moeilik om vas te stel hoeveel verdagtes daar na gesoek word. Die soektog is omstreeks 14:00 afgelas. Die verdagte(s) het ʼn venster gebreek en so toegang tot die huis bekom.

“Dit is baie moeilik om vas te stel of daar enigiets gesteel is tydens die voorval. Sy skootrekenaar was wel nog daar. Daar word in die gemeenskap bespiegel dat ʼn gewonde persoon later die dag deur ʼn ambulans opgelaai is naby die Wetnose-dierewelsynsorganisasie in Bronkhorstspruit, maar ek kon dit nie bevestig by een van die hospitale hier in die omgewing nie,” het sy gesê.

Kapt. Marissa van der Merwe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê dat geen verdagtes nog in hegtenis geneem is nie.

Hannetjie MacMillan, Liebenberg se suster, het aan Maroela Media gesê haar broer was ʼn landbou-ekonoom en ʼn senior lektor aan die fakulteit Natuur-en Landbouwetenskappe. Hy was verbonde aan die departement Landbou-ekonomie en Plattelandse Ontwikkeling.

“Sy tesis vir sy doktorsgraad het gehandel oor die ontstaan, ontwikkeling en verloop van landbou in Suid-Afrika sedert 1910,” het MacMillan verduidelik.

“Frikkie het die afgelope nege maande alleen op die kleinhoewe gebly ná sy egskeiding. Hy was baie geliefd en gewaardeer onder sy hele familie. Dit is vir ons ʼn vreeslike skok.”

Frikkie word oorleef deur sy twee kinders, drie broers en twee susters.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

Fritz ·

Vevolg Malema. Carte Blanche was duidelik waar die instruksies om boere te moor vandaan kom. Boere bewapen julle self en staan vir julle self op. Hulle gan nie ophou tot ons dit self stop nie.

Johannes ·

Nee Fritz, kom ons hou eerder nog debat in die parlement. Of teken petisies. Of vat hande met die polisie sodat plaasaanvalle ‘n “prioriteit” kan word.

oumie ·

Ja Fritz so duidelik in soveel woorde het hy gesê op TV ons kom vir julle ag ek weet nie meer wat om te sê nie anders as GOD help ons want ons kan dit nie alleen doen nie Amen

BOLANDER ·

Fritz, ek het dit ook gekyk. Daardie gemors gaan sowaar as die vet weg kom met dit. Wie het die moed om hom agter tralies te sit??????????????? En hy weet dit, dit is hoekom hy so arrogant is. Ek hoop en bid en vertrou dat iemand na gisteraand iets gaan doen. Afriforum asb, ek behoort ook aan julle. Julle moet asb daardie monster stop voor hy verder gaan!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

rico ·

Handed vat, bid, werk saam met die polisie….
Asseblief mense, word wakker. As jul nie jul self gaan help gaan niemand anders dit vir jul doen nie!

Sooo ontstellend ·

Baie liefde en simpatie aan sy familie. Jammer aan al sy studente, sjoe dit is net te veel!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

AL ·

My innige simpatie aan al sy naasbestaandes. Dit was n koelbloedige moord wie die skuldiges moet boet vir hul dade.

Moedeloos ·

Ons het Frikkie persoonlik geken en dit is ‘n groot skok en verlies! Dit maak mens moedeloos om elke dag gebombardeer te word met die wreed-aardigste en sinnelose plaas aanvalle op onskuldige mense! Mense wat gemartel word op die mees afgryslikste maniere deur ‘n hele groep aanvallers! Hoeveel mense moet nog hulle lewe verloor in hierdie afgryslike moorde voordat iets gedoen gaan word? Waar is die regering? Ons mense word afgemaai en ons leef elke dag agter toe deur en hoë mure omdat jy te bang is om uit te gaan!! Genoeg is genoeg!!

Oom Walker ·

Mense in die omgewing het reeds Vrydag tussen 21:00 en 22:00 drie skote gehoor, maar niemand het toe die moeite gedoen om te gaan ondersoek instel nie?

Celia ·

Mense is gewoond aan geweld,dit tref my dat mense

Skokkend.Dalk kon hy nog geleef het as hulp betyds opgedag het. My diepste medelye aan sy naasbestaandes. Wat n verlies vir Suid Afrika! Ek sidder, wat le nog vir ons voor!

marous ·

Die opdrag is duidelik , vanaf die regering self – maak al die witmense dood. Dit is besig om te gebeur en debatte en versoeke gaan dit nie keer nie .

Zeus ·

Moet nie bang wees nie. Al val een miljoen aan jou regterkant en een miljoen aan jou linkerkant jy sal bly staan as jy glo jy gaan bly staan. “It is done on to you as you believe” Mense moet nie in vrees leef nie. Bewapen julle self en wees positief en glo dat dieselfde krag wat die aarde om die son laat wentel en strek deur die kosmos met julle is.

Genieve ·

Iets moet gedoen word omtrent di plaasmoorde..dis te erg ..lyk dan nou vir my na n stokperdtjie nee dis teveel.Die boere moet waarlik hulle self beskerm teen di boosewigte.

vierkleur ·

Die vraag is net, hoe verdedig 1 boer homself teen 7-10 terroriste?

maverick ·

Mense as julle so graag wil bid, bid dan dat die heer ons sal help om die satans te oorwin, want as julle bid en vra dat hulle ons mense moet ophou moor dit sal mos noit gebeur nie. Dit is nou tyd vir ophou praat ons moet saam staan soos die trotse sterk afrikaaner folk wat ons is en ons moet terug baklei.. genoeg is genoeg , ek dink genieg van ons mense is dood gemaak gematel gebrabd met stryk ysters oe uit gesteek verkrag .. klein kindertjies dood gemaak, wat meer sal dit vat vir ons afikaaners on saam te staan en aksie te neem!! Engels en afrikaans ons moet saam staan wantmore Iis dit miskien jy en jou familie wat gemartel word en dood gemaak word… dit is tyd vir aksie die tyd vi bit en hoop en sit is nou verby…

Apie ·

Waar is die Steve Hofmeyr wonderwerk wat sou plaasvind? Geweet dis ‘ n foefie! Skande

Henry McDonald ·

Onbeantwoorde vrae bestaan alvorens die voorval as ‘n plaasmoord beskou kan word. Te veel soortgelyke voorvalle het al in die verlede plaasgevind wat toe geblyk het nie ‘n ‘plaasmoord’ te wees nie……….en het die saak ‘n ander wending geneem.

Chris ·

Dit sal nie ophou nie mors van skryf en debateer boere beveilig hulle wel maar mens het nie oe agter hulle rug nie dis hoe hulle te werk gaan soos n dief in die nag goddeloos en lafhartig.

Pop ·

Oom Walker, dis tipies van mense. Nou het almal iets gehoor ens ens. Hier op maroela kekkel almal saam maar as push comes to shove dan sluit hulle deure en vensters en maak of dit ander se probleem is. Saamstaan sal ons nooit!!!???

Phillip Middleton ·

The problem is that we are like frogs that were put into the pot to get boiled the heat was slowly turned up. Now that the pot is boiling the international world still doesn’t believe us. I have had friends from America say why don’t we hear about it. Because the media has been stopped from publishing any violence that may tarnish the reputation of the country. It will backfire on the government. Remember one thing God knows everything and he is in control, if you fear God first and trust in him and call out to God in times like these He will fight on your behalf or help you to defend yourself. Look at Abraham when the enemy carried away lot. He asked God should I pursue them? And God said yes. And God gave him the victory. I believe that God will do the same for us we need to call on the most high authority to get His blessing. Then we can do as he orders us to do.

Leo ·

2 punte uit die berig is opvallend:

Punt 1: 3 skote is gehoor reeds Vrydag in die omgewing van 21h00 en 22h00. Waarom het iemand nie toe reageer nie?

Punt 3: Sy skoot rekenaar was nog op die toneel.

Ek wil amper die afleiding maak dat gegewe die bovermelde inligting, die motief nie roof was nie, maar eerder net koelbloedige moord.

Ek lees berigte waar aanhitsing van moord onder blankes aan die orde van die dag is. Nie eens ons eie regering prober die aanhitsing stop nie, want hulle doen dit self. Wat gaan van ons word? Is dit net ‘n kwessie van tyd voor elkeen van ons ‘n statistiek word?

Johan ·

Ons is die weeskinders van Afrika. Hierdie is n droewige en Godverlate plek.

Mari ·

Ek dink die boere moet maar vir hulle mense kry wat hulle kan vertrou om op hul plase te werk. Ek dink baie van hierdie moorde is inside jobs

Anton ·

…ongelukkig kan dit nie gedoen word nie…want dan sal daar n genadelose aanslag op alle witmense wees…wat n burgeroorlog tot gevolg sal ontketen…ons ken die uitslag van so n oorlog…n totale uitwissing van die kleiner groepe…Malema soek moeilikheid…hy wil graag tronk toe gaan…sodat hy as die volgende Mandela gekroon kan word…dit is sy mikpunt…

Hans ·

Ons moet opstaan teen die vyand.Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie maar teen die bose magte wat in die geweld doeners is

Tyd ·

Dit het die polisie 3 ure geneem om daar aan te kom! Glad nie aanvaarbaar nie!!
Ek sien gister dat die ma wat betrokke is by haar baba se ‘wegraak’ tot die BBC se nuus gehaal het. Dan kan hierdie moorde ook seker wêreldnuus haal?
Wat ‘n groot verlies is hierdie geleerde man nie vir SA!!
Ek sal as rassisties uitgekryt word indien ek sy geleerdheid vergelyk met die binnekant van die koppe wat hom vermoor het en doen dit dus nie.

Theresa ·

Sjoe, ek’t ook gewonder waarom die mense wat al Vrydagaand die skote gehoor het nie ALS probeer het om d m v die Gemeenskapsdiens vas te stel wie dalk geskiet is nie. Al het dit ure geneem om oral te vra, kon ‘n lewe gered gewees het???

Rox ·

Indien julle na Carte Blanche gekyk het sal julle n goeie idee kry wie die oorsaak is van moord op boere

Rynhardt ·

n Oud moordenaar het gistraand op Carte Blanche gese dat Malema hom weer gekontak het om boere te moor! n Uittrekse deur Carte Blanche was gespeel waar Malema die massas toegespreek het.Hy het die volgende gese aan alle jong Afrikanermans:”We are coming for you Afrikanerboys and we gonna teach you a lesson!” Daar het julle dit.Ek het in verlede vir maroela media uitgedpel dat die EFF n militante vleuel van Anc is.Beide ondersteuners van Anc en EFF word gebreinspoel dat blankes grond gesteel het.Carte Blanche het egter versuim om te se dat beide partye die Vryheidsmanifes ondersteun wat rewolusie uitspel teen blankes.Wat publiek tans ervaar, is maar net die begin.Die moorde gaan met mening floreer teen wit boere.

marous ·

Jy is reg . Die eskalasie het klaar begin . Die ontwapening en uitlewering aan ‘n eensydige regstelsel is ook in plek . Die ideologie van ‘n reenboognasie was ‘n rookskerm , soos wat daar gwaarsku was , en nou slaan die realiteit toe.

Dirk01 ·

Ek wil graag n voorstel maak aan Afri forum,TLU en Maroela media om n bewusmakings veldtog te begin soos volg , om n bankrekening te stig waar die publiek en maatskappye geld kan skenk om informante asook verklikkers te betaal vir enige informasie wat misdaad teen plaasboere beplan(die detail kan bespreek word} . Die media in alle aspekte moet betrek word veral swart tv stasies asook radio stasies ,koerante ,media borde en taxi organisasies waar mede swart boere en blanke boerre hulle kant ook kan stel en aanvalle wat hulle ervaar .Die oomblik waar geld uit geloof word en goed bekend gemaak word sal in media mense na vore kom .Die media is sterk en kan goed benut word.Die uitbetaling van fondse na suksesvolle arrestasie moet nie deur polisie beheer word nie asook n waghond wat toe sien informasie word opgevolg .Dit is alom bekend misdadigers veraai mekaar vir geld ver al goeie geld wat beslis meer as n plaas roof werd is

Francis ·

Mense, asb hou op om te sê ons kan nie saamstaan. Woorde het krag en hierdie is afbrekend. Ons kan, wil en moet saamstaan. Ons het dit bewys met die droogte. Tweedens wonder ek maar net of hy nie ‘ n byenes oopgekrap het met sy tesis nie. Iemand wat nie wil hê dat hy nuut ontdekte waarhede moet publiseer nie. Wonder of sy rekenaar daardie tesis op gehad het. Dalk was daar nog ‘ n rekenaar met sy tesis wat gevat is. Dis maar net ‘ n gedagte.

Jacques Marais ·

3 skote vorige aand gehoor. Niemand reageer. Woonagtig op plot was daar honde buite en binne die huis?? Tragiese verlies dink aan sy familie.

Ian bikia ·

Oorlewendes van hierdie ongenaakbare dade moet aan die wereld media uit gewys word, want dit is tans nog net ‘iets’ en nie ‘iemand’ of werklike mense nie.

Wilmien ·

Hoe verskriklik tragies! Mense, ons moet ophou vra “waar is die regering” of “wat gaan die regering doen”. Ons ken lankal reeds die antwoord: die regering help nie eers hulle eie mense nie, hoekom sal hulle ons help? Bewapen julleself, en sien om na julle eie veiligheid. Vir die wat dit nog nie besef nie, julle is in ‘n oorlog. Veg vir julkw veiligheid. Ons sit in ‘n ander land en ons harte huil oor wat in Suid-Adrika aangaan en al wat ons kan doen is om vir julle te bid.

SS ·

Korrek ons het ook gisteraand carte Blanche gekyk. Baie duidelike boodskap van die geagte mnr malema en om afrikaners uit te haal. Was reguit en duidelik en geen skaamte daaroor nie. Korrek n ex moordenaar het paar dinge genoem en dat mnr malema ook uitnodigings gee vir mense om hom te sien en kan balaklavas en vuurwapen handskoene ens voorsien word. My mond oopgeval want dis direkte haatspraak en opsweping
Hiervoor moet mos vervolging en straf wees maar niks gebeur met hierdie menere nie
Daar is baie bloed op hulle hande baie bloed vloei maar hulle sal definitief nie God se afreken kan vryspring nie. Mag ons Vader ons help
So so jammer vir nog familie en geliefdes wie by n graf moet staan
Alle alle medelye en sterkte van Bo.

SS ·

O ja ook noem….die lafaards kom 7 tot 10 ofso teenoor 1 boer en met hulle vuurwapens. Lafaards want watse kans het 1 man teenoor soveel van hulle . Meestal moet boer sy vrou en gesin ook beskerm. Ja die opdrag duidelik vir hulle en om dood te maak. Woorde ontbreek ons noual en net skokkend verby.

Anita ·

Plaas landmyne rondom julle heinings..keer hulle voordat hulle binne jul erf is!!

Elizabeth ·

Onlangs op fb gelees. Neem wit gesinne uit plakkerskampe om ‘n klein gemeenskappie op die plaas te vorm. Lei die manne op om met die implemente te werk. So kan vreemdes gouer gesien en gehoor word. Die belangrikste. Ons moet ‘n opregte verhouding met ons hemelse Vader he

Mariem ·

Daar is lankal oorlog teen die wittes verklaar. Nou se hulle die regering sal n plan moet maak. Wat gaan hulle maak? Vir elke rower en moordenaar n briefie skryf en vra om asb nou te stop met die aanvalle en moorde. As ons nie self opstaan en se genoeg is genoeg nie gaan dit baie erger raak. Ons blankes word lekker aan die slaap gevang.

Marie ·

Daar is lankal oorlog teen die wittes verklaar. Nou se hulle die regering sal n plan moet maak. Wat gaan hulle maak? Vir elke rower en moordenaar n briefie skryf en vra om asb nou te stop met die aanvalle en moorde. As ons nie self opstaan en se genoeg is genoeg nie gaan dit baie erger raak. Ons blankes is aan die slaap gevang.

Bekommerd ·

Sien vandag ‘n sms wat mens nogal kriewelrig maak, kom vanaf UK: “what is the influence of crime on the S.A. Govt? answer- crime generates millions and millions of Rands for them. 1 :
1mil home owners in GP pay for “armed crime reaction” (after the crime has taken place- no wonder they never make any arrests!) est. R250p/m can generates about R403mil in tax revenue. 2 : a car thief steals a R500 000 car , he gets between R10 000 and R30 000 and the govt approximately R70000 VAT for replacement of car. Who profited the most? Overseas your safety and security is covered by income tax and tax deductable! how much do you think the S A govt has made out of estate duty from the murders of 1300 S A farmers? The Govt should also pay for the medical cost for victims of violence and hijackings. It is time that South Africans make the Govt and public aware of the Govt’s “income” from crime. In the meantime crime is the goose that lays the golden egg.
Come on South Africa, ask the right questions and demand the right answers!”

Etuenne ·

Ek wounder of die Jode soos van jully gedink het praat en hoop vir die beste .dan is jully volgende .daar is net een oploosing ons Vader wat in die hemel is so kom ons kom saam met oom Angus die 22 April .dit is die antwoord

Dries Pretorius ·

Ai dit is SO SAD…. Het saam met Frikkie by LNR Hoofkantoor gewerk in die laat 90tigs. Altyd ‘n grappie gehad….Rus in VREDE my MATER….SOOOOO onnodig!!!! Sterkte aan Familie…Dries Pretorius

Grotman ·

Hoeveel keer gaan ons vra hoeveel nog? Hoeveel keer gaan ons se die regering moet iets doen? Hulle doen iets! Hulle help dit aan! Hoeveel keer gaan ons almal in rigtings praat maar niemand kom tot saam staan! Gepraat is net wind en bring niemand erens want niemand stem met mekaar saam nie. Mnr Mc Donald! Tyd vir praat is verby, dis nou tyd vir doen. Die regering gaan niks doen om te help nie.

LMF ·

Ja en dan voel dit ons gee twee tree voorentoe met afriforum en drie tree agteruit

Dirk01 ·

Jean ons moet iewers begin die lafaards sal hulle siele verkoop en so stelsel word bewys by verskeie misdade, kom ons vertrou Maroela media voorwaarts die geskrewe na TLU en Afri forum

Johannes ·

Die regering van ons is soos donkies met oogklappe hulle beskerm die kriminele die wet gehoorsame burgers word uitgemoor my vraag is hoe kan jy mense vermoor af of dit niks is nie dan is daa nog opstokers in die regering maa ek sal bid dat die Here hulle in die hande kry

Katrien ·

Hierdie, soos al die ander, sal seker weer as “huisroof” afgemaak word! So jammer vir almal was so seerkry en vermoor word.

gert ·

Met die onttrekking van ons magte van die grens ens. Het die oorlog eers werklik begin, selfs mandela het saamgesing “. Kill the boer” onder dekmantel van vrede het die werklike oorlog teen blankes begin.

Skrik wakker Suid Afrika! Keer terug na God, vertrou Hom ! Hierdie mense gebruik ons eie leuse teen ons ” Eendrag maak Mag”! Kom ons vat dit terug met God aan ons kant!

michiel ·

Tyd vir blankes om saam te staan, die slagting onder ons mense raak nou eens te erg, dis tyd dat ons ophou passief wees en terug veg i.p.v. om soos ‘n klomp verdoofde rotte in ‘n val te sit en wag op ons lot.

Mandy ·

IT IS TIME.. Angus Buchan..22 April
We need to stand up as ONE and pray together..

Elna ·

My hart ween oor my land en oor my volk. Net God kan ons red…..as is verbrande hout, as ek kón, sou ek more ons mooi land verlaat het, want ek het ni hoop dat dt gaan beter word ni……

Gerald ·

God het vir ons n brein gegee om te weet wat om te doen. As ons nou nog nie weet nie sal ons stadig maar seker verdwyn uitgemoor word. Die probleem hier is ons kort n leier wat nie…….vat nie.
Tyd dat ons begin uitdeel . Hoe gaan die gesegde. Aanval is die beste manier van verdedig. Mooi praat nee wat, kan myself nie meer omi bos lei nie. Word wakker Suid Afrika

Maryn ·

Neem kennis van Narysec program wat militêre opleiding doen sedert 2010.

Johannes Meintjes ·

Ek pleit in beskeidenheid vir beter voorkomende misdaadbeheer in SA, beter GPF kommunikasiestelsels tot op nasionale vlak, en kameras waar ookal moontlik (selfs per geankerde lugbalon.)

Leon Kirstein ·

Mense van ons geliefde land…
Ek lees elkeen van jul bydraes hier en stem herlhartig saam met meeste van julle. Dit is egter n feit dat blankes as die vyand, setlers, indringers en probleem bestempel is. Die haat en slagting teen die volk eskaleer en dit is presies wat die magte agter ons leiers wil he…..algehele volksmoord (genocide). Ek wil n beroep op elke suid afrikaner hier vandag maak…om julle harte voor God te ondersoek en voor Hom nederig buig en vra vir leiding oon 22 April 2017.
Dit is tyd….tyd dat elkeen wat hom/haarself christen noem, om te besef dat die nasionale biddag, stap no 1 is en daarna / tydens byeenkoms God te vertrou vir die pad vorentoe. Daar is magte wat n geweldige aanval loots teen oom Anghus. Hy is net n instrument in God se hande en het ons gebedsondersteuning nodig.
Ek groet julle in die naam bo alle name…Jesus Christus

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.