Landbou gee hupstoot vir ekonomie

landbou-mielies-pexels

Foto: Pexels/Pixabay.com

Suid-Afrika se ekonomie het in die derde kwartaal van 2017 met 2% gegroei. Dit volg op die tweede kwartaal se groei van 2,8%.

Statistieke Suid-Afrika (SSA) het gesê die grootste bydraer tot Bruto Binnelandse Produk (BBP) tydens dié tydperk was die landbou-, bosbou- en visserye-sektor wat met 44,4% gegroei het en 0,9%  tot die algehele groei bygedra het.

Groei in die mynbousektor het met 6,6 % toegeneem terwyl vervaardiging met 4,3 % toegeneem het.

Dié sektors het die inkrimping van die elektrisiteits- en watersektor, asook handel en die staatsdienssektor teengewerk.

Suid-Afrika se ekonomie sukkel om aansienlik te herstel ná die 2008/2009-resessie en is intussen deur Nigerië onttroon as die grootste ekonomie in Afrika.

Die nasionale tesourie verwag nou ʼn groei van slegs 0,7 % vir die hele 2017, ʼn afwaartse aanpassing van die 1,3% wat in Februarie voorspel is.

Die swak ekonomiese groei kniehalter ook pogings om die werkloosheidskoers van meer as 28% van die arbeidsmag teen te werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Riena ·

Vat so!! Ons boere weet hoe om te boer! As ons onsself goed verdedig teen hierdie vlaag plaasaanvalle waardeur ons tans geteister word, die brandewyn agter ons sit en weer kinders kry om `n volgende geslag te vestig aan wie ons dit kan oorhandig………. kan ons gaan hierdie wa deur die drif trek. Hou bene hou!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.