Landbou helder lig in troebel begroting

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Die landboubedryf is ʼn helder ligsuil in die dikwels donker feite, syfers en vooruitskattings wat die nasionale tesourie se begrotingsdokumente vir vanjaar kenmerk.

Die enigste werklik slegte nuus vir die landbou – benewens die algemene negatiewe nasionale toestand van die ekonomie – was die stewige toename in brandstofheffings en die reeds geykte groot jaarlikse styging in sogenaamde sondebelasting, wat die grootste uitwerking op die tabak-, wyn- en verwante bedrywe het.

Maar dit moet ʼn ywerige boer soos die minister van finansies, Tito Mboweni, groot vreugde verskaf om uit sy departement se omvattende begrotingsdokumente te sien hoe goed sy gunstelingsektor van die ekonomie vaar – veral gemeet teen die gebrekkige vertoning van soveel ander sektore in die sukkelende ekonomielandskap.

In sy bestekopname van die begrotingstoneel meld die nasionale tesourie dat die landbousektor verlede jaar veerkragtige groei behaal het, met ʼn groei van 13,3% in bruto waardetoevoeging in die eerste drie kwartale van verlede jaar vergeleke met dieselfde tydperk in 2019.

Kwartaallikse landbougroei is veral ondervang deur groei in plantverbouing, graan en veeboerdery.

Volgens die tesourie bly die vooruitsigte vir die huidige finansiële jaar positief, hoewel dit nie heeltemal so puik daaraan toe is as verlede jaar nie. Gunstige weersomstandighede en sterk internasionale aanvraag na plaaslike landbou-uitvoerprodukte sal na verwagting die huidige produksiegroei bly onderskraag.

Handelsontwrigting, byvoorbeeld die hervatting van internasionale inperkingsmaatreëls, kan volgens die tesourie se berekeninge wel die landbousektor se voortgesette sterk uitvoervertoning bedreig.

Op medium termyn kan beleidsonsekerheid en indirekte tariefmure soos internasionale invoerkwotas en gehaltestandaarde uitdagings vir die landboubedryf inhou, meen die nasionale tesourie.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

lodewyk ·

Weet nie hoe lank hierdie sektor n sukses gaan wees met die minimum loon verhogings,plaas moorde en grond onteining nie

Persheks Adri ·

Dis hoekom ons dit NIE gaan toe laat NIE! Hulle kan gaan werk vir hulle eie goed soos ons blankes doen. Demand se agter ent hulle ondermyn ons hulle moet pasop!

Karel Kobus Kruger ·

Adri, solank jy nie dink jy gaan hulle met petisies, memorandums, vergaderings of vreedsame optogte en daai alewige “morele hoëgrond” stop nie.

Persheks Adri ·

Ek hoor wat jy sê, maar ongelukkig word jy as ‘n oortreder gesien op my privaat eiendom dít beter hulle mooi verstaan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.