Landbou-hoë, familie op plaas aangerand

(Argieffoto: Maroela Media)

Derek Mathews, visevoorsitter van Graan SA, is die naweek saam met familielede op sy plaas in die omgewing van Deelpan naby Biesiesvlei in Noordwes oorval, vasgebind en aangerand.

Kapt. Sam Tselanyane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het ongeveer 22:15 Saterdag plaasgevind terwyl Mathews en sy vrou saam met hul seun, dogter, neef en hul gades gebraai het.

Volgens Tselanyane het vyf verdagtes die familielede in die sitkamer van die plaashuis oorval en op kontant aangedring. Nog ’n verdagte het vermoedelik buite in ’n wegkommotor gewag.

Die familielede is tot op die vloer gedwing, vasgebind, geskop en geslaan voordat die verdagtes met kontant, juweliersware en selfone op die vlug geslaan het.

Tselanyane kon nie in dié stadium aan Maroela Media bevestig of enige familielede ernstige beserings in die voorval opgedoen het nie.

Die polisie ondersoek ’n saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

In nóg ’n voorval is ’n bejaarde egpaar Maandag in die vroeë oggendure in hul huis in Ferndale in Johannesburg oorval en verskeie kere met ’n skerp voorwerp gesteek.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê in ’n verklaring paramedici het vanoggend die gewonde egpaar, in hul 70’s, in hul huis aangetref. Man en vrou was in ’n kritieke toestand.

Volgens Meiring is die egpaar op die toneel behandel voordat hulle na ’n private hospitaal gehaas is vir verdere mediese behandeling.

Die toepaslike owerhede was op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

34 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sanet

Dit klink meer soos huisroof met die doel om ernstig te beseer.

wil graag weet

As die owerheid n jaagduiwel kan opspoor , kan hulle sekerlik aanvallers , moordenaars , skuim van die aarde ook opspoor . Of hoe ?

Baie verward

Aanranding moet tog seer sekerlik deel van die klagstaat vorm??

Daan

Ek bly in n normale huis in die stad, en tog het ek ten alle tye my vuurwapen op my. Hoekom kan mense op plase nie leer om wapens te dra nie. Is dit so moeilik. Julle word daagliks aangeval en vermoor, gemartel of verkrag. My hart is regtig seer as ek sulke goed lees. Ek hoop die familie is okay, maar asb maak n plan. Almal van ons, begin julself en jul families te beskerm. Dit gan nie ophou nie. Ek smeek julle

Paraat

Waar was die honde, die elektriese heining om die opstal, en hoekom was niemand gewapen nie? Ek was in 1977 in Namibie op n plaas waar daar in daardie jare al sulke voorsorgmaatreels was!