Landbou-hoë vas wat glo grond verkoop

(Foto: Valke)

ʼn Senior werknemer van die departement van landbou in De Aar is deur die Valke in hegtenis geneem op aanklag van bedrog.

Die 56-jarige man is ʼn direkteur by die departement en het glo voorgegee dat hy die wettige eienaar van ʼn leë stuk grond in De Aar is en dit probeer verkoop.

Volgens kapt. Tebogo Thebe, Valke-woordvoerder, het die verdagte aanvanklik glo belowe om ’n vergadering tussen die eienaar van die grond en die koper te fasiliteer. Hy het egter later van deuntjie verander en gesê dat hy die eienaar verteenwoordig aangesien die wettige grondeienaar meestal in Kaapstad besig is.

“Die genoemde leë stuk grond is besoek en alle relevante regsdokumente is afgehandel. ’n Betaling van R95 450 is tot voordeel van die verdagte gemaak. Die leë grond wat verkoop is, het egter nooit aan die verdagte of sy medewerkers behoort nie.

Die verdagte sal na verwagting Woensdag in die De Aar-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Andries ·

Ek sê jou van alle plekke,hulle word darem nou te gerus.

Shakespeare ·

Sluit die hele spul toe en gooi weg die sleutel. Begin by die President.

efjy ·

Twak!!! Niemand betaal vir grond voordat dit deur akte kantoor op jou naam geregistreer is nie.

Di ·

Sjoe, lyk my daar is meer skelm amptenare in die Staat as enige iets anders! Kader aanstellings! Goed geleer by hulle President

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.