‘Landbou kan binne jaar oplossing vir beurtkrag bied’

‘n Sonkragaanleg in De Aar in die Noord-Kaap (Foto: @eskom_sa, Twitter)

Agri SA meen die landbousektor het die vermoë om binne een jaar ʼn oplossing vir beurtkrag te bied.

Nicol Jansen, Agri SA se voorsitter van die Sentrum van Uitnemendheid: Ekonomie en Handel, het gesê Agri SA se lede het die vermoë om voldoende elektrisiteit deur sonkragopwekking te verskaf wat nodig is om toekomstige beurtkrag te voorkom.

“Daar is reeds 500 aansoeke vir sonkragopwekkingsaanlegte, wat die potensiaal het om 1 400 MW by te dra om druk op die kragnetwerk te verlig. Indien die administrasieprosesse gestroomlyn word, kan dié 500 aansoeke en ander uitgerol word.

“Ons vra nie om befondsing of selfs spesiale behandeling nie, net om die proses binne Eskom en Nersa te bespoedig om hierdie aansoeke te verwerk,” het Jansen gesê. “Dit is ’n wen-wen‑geleentheid vir die regering en Suid-Afrika.”

Kleinskaalse sonfotovoltaïese (PV) installasies bied ’n geleentheid vir boere om elektrisiteit op te wek en druk op die kragnetwerk te verlig. “Ongelukkig is slegs 13 projekte tans gekoppel en in bedryf, weens Eskom se stadige verwerking en administrasie van aansoeke, asook die stadige implementering van elektrisiteitsregulasies en die bottelnek om by Nersa te registreer.”

Jansen het gesê indien Eskom en Nersa hul prosesse kan bespoedig, kan hierdie aansoeke (meestal van boere) 1 400 MW genereer wat fase 1‑beurtkrag kan verhoed. “Verder kan die landbou dié

1 400 MW potensiaal meer as verdubbel, indien kommersiële banke bereid is om sonkragsentrales as sekuriteit te gebruik om toegang tot kapitaal te verkry. Tans benodig banke bykomende sekuriteit om hierdie projekte te finansier, wat deelname aan projekte beperk.

“Deur die regulatoriese en administratiewe beperkinge te verwyder en die gebruik van sonkraginstallasies as sekuriteit vir befondsingsprojekte [te aanvaar], kan boere potensieel met verdere uitbreiding genoeg elektrisiteit verskaf om fase 3‑beurtkrag te verhoed.”

Agri SA het gesê hy sal met Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, en Jeff Radebe, minister van energie, vergader om voorstelle te bespreek.

Minister Pravin Gordhan. Foto: GCIS

Nog ʼn landbou-organisasie, TLU SA, meen dit is nou tyd om Eskom te privatiseer. Louis Meintjes, president van TLU SA, meen dit is die enigste oplossing.

“Die privatisering van Eskom sal die impak van onbevoegde munisipaliteite en die elektrisiteitstoevoer uitskakel. Die tyd het aangebreek om aan privaat instellings die reg te gee om elektrisiteit op te wek, te versprei en te bestuur.

“Boere en ander besighede kan eenvoudig nie meer bekostig om aan die een kant deur onvoorspelbare elektrisiteitsvoorsiening en aan die ander kant onsekere belegging- en uitvoergeleenthede gekniehalter te word nie.

“Indien privatisering nie gebeur nie, moet die hele Suid-Afrika – boere, besighede en individue – gereed maak om hulle sake sonder elektrisiteit te doen.

“Gesien teen die kultuur van korrupsie en swak finansiële bestuur wat eie is aan staatsinstellings, is TLU SA van mening dat privatisering nou die beste oplossing is.

“Eskom het in die afgelope tien jaar tien uitvoerende hoofde gehad. Korrupsie, bedrog en die invloed van staatskaping het die kredietwaardigheid van dié maatskappy in die gedrang gebring.

“Ons rig ʼn dringende versoek aan minister Gordhan om vol te hou met sy onbaatsugtige optrede teen korrupsie, bedrog en die ondermyning van vooruitgang in die land.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Nuwe staatskapers? ·

Volgens die Youtube kanaal “South Africa Awakening” is daar ‘n baie eenvoudige antwoord vir die regering se voetesleepery met die toeken van kragopwekking lisensies.
Kyk gerus na die Youtube insetsel getiteld ” So You Thought Zumas’ State Capture Was big? ”
Zuma was die spreekwoordelike “Choir Boy” gemeet teen die nuwe plaag staatskapers

Nuwe Staatskapers 2 ·

@ Nuwe Staatskapers,
Ek het daai video gesien, nou maak als sin hoekom die regering so vas skop TEEN privaat kragopwekking.
Almal, gaan kyk gesrus “so you thought zuma’s state capturue was big ( op Youtube)” Dis die antwoord op almal se vrae oor loadshedding. Die video is 8.15 minute lank maar die moeite werd om te kyk.

Vryheid ·

Dit is die moeite werd om na die video te gaan kyk. “South Africa awakening”

Willem ·

Elke plaas kan eintlik ‘n klein sonkragsentrale word as slegs die bestaande dakoppervlaktes van store en ander geboue met sonkragpanele bedek word. Die infrastruktuur bestaan reeds.

Oujongvrou ·

Eks n dom ou vrou. So asb kan iemand vir my verduidelik. Mag n plaas nie op sy stoor se dak n sonkrag opstel nie?? Is mos sy eie saak of hy wil of kan al dan nie. En mag hy dit dan nie die surplus verniet aan bure gee nie.?En ek hier op die dorp. Kan ek my huis se dak onder sonpanele sit. Kan iemand my mooi verduidelik

Vraagteken ·

Hi Oujongvrou – nee, jy mag nie. Ja, dis dalk jou eiendom, maar dis nogsteeds Eskom se lyn waaraan jy gekoppel is.

Sinies ·

Tans mag jy nie aan jou buurman elektrisiteit lewer nie, jy mag nie oor n eiendomsgrens lewer nie. Wet verbied dit.
Daar is wel spesifieke uitsonderings.

Daan Erasmus ·

As iets te goed klink om waar te wees. Dan is dit gewoonlik. Ek wil graag 7 uur die aand die nuus op TV kyk. Dan skyn die son nie. Dit is net nie prakties dat Eskom elke middag 4 uur ‘n kragstasie aan die gang kry en 8 uur die oggend afskakel nie.
Sonkrag word duurder aan Eskom verkoop as wat hul self krag opwek. Dit maak nie sake sin nie.
Verskaf ‘n konstante stroom 24 uur per dag. Dan praat ons weer.

Wynand ·

Daan, daardie eerste aanlegte se pryse is nie iets om op te gaan nie. So krag kan nou teen so min as 35c per eenheid opgewek word, as jy 20 jaar afbetaalperiode gebruik. Van Durban tot Springbok dek ons baie ure se sonskyn. Selfs energieberging kompeteer al met Eskom koste. So, moenie ou gegewens gebruik om ‘n probleem vir elke oplossing te soek nie.

Daan Erasmus ·

Maroela. Mag ons groot asb vir Wynand toelaat om vir ons meer inligting te gee. Dalk ‘n web adres. Natuurlik is goeie raad altyd welkom.

Ronel ·

Kroonstad het sy eie kragsentrale, wat verwaarloos en vervalle staan. ELke keer wat iemand die munisipaliteit nader om dit weer in werkende toestand te kry – wat die munisipaliteit niks gaan kos nie – dan skop hulle teen dit. DIe eerste vraag wat hulle vra, is What is in it for us. Of hulle verskree net die organisasie wat die projek wil begin. En dis ‘n werkskeppingsgeleentehid, maar NEE Moqhaka weier want hulle doen niks as hulle nie ‘n paar sente kry nie.

Piet Pompies ·

Die artikel en van die kommentaar is so waar, daar is heelwat instellings wat krag kan voorsien om die huidige en toekomstige probleme reg te stel. As gevolg van wetgewing word ESKOM beskerm as alleen voorsiener.
Daar word beweer dat “black mildew” ‘n uitstekende hernubare energie bron is vir energie opwek. Black Mildew is daardie onwelkome swart uitslag wat op storte se mure groei.
Dit word in grootmaat gekweek soos sampioene in warm nat toestande, die organismes is lewendig en het ‘n effektiewe ontbrandings eienskap.

John ·

In ‘n artikel op BBC word beweer dat Eskom alle private kragopwekkking gaan annekseer om nog groter beheer uit te oefen. Eskom is glo een van die grootste maatskappye van sy soort in die wèreld… en nog groter droom… Dit wil dus lyk of die oplossing gesoek word in druk op die private sektor.

Hanna Hoekom ·

Ek kan myself net indink hoe vinnig die sogenaamde “grondgryp” op sulke plase gaan toeneem terwyl die “regmatige eienaars” wag vir die onteienings proses. Hierdie gaan n catch-22 situasie wees!

Sinies ·

Daar is al 20 jaar terug n volledige besigheidsplan en finansierings Odelle om by die uitlate van die groot damme in SA turbiene op te sit, van 250kW tot MW grootte.
Regering blokkeer dit.
Groot voordeel is, dit kan binne enkele minute van nul tot vollas opskaal. Ideaal vir oggend en vroeg aand pieke

Des Nigrini ·

Waarom sit Eskom nie die krag deur die nag bv. van 23:00 tot 04:00 af nie dan is daar baie minder besighede, klein handelaars en fabrieke wat nie werk nie. Hulle mense kan hulle opknap werk met generators met spreiligte verrig en dan sal hulle nie soveel geld verloor soos gedurende die dag wanneer almal vir krag moet betaal as die krag aan is nie. Met ander woorde, hulle sal geld ontvang vir die dag wanneer die krag gebruik word waar hulle nou niks ontvang wanneer dit af is nie. Vra maar net.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.