Landboubedryf begin proses teen minimumloon vir plaaswerkers

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

ʼn Groep rolspelers uit die landbou-waardeketting het Vrydag samesprekings gevoer oor die minimumloon vir plaaswerkers wat op 1 Maart 2021 in werking tree. Ten spyte van verskeie insette uit die landboubedryf wat teen die volhoubaarheid van die voorstel kapsie gemaak en ook die implikasie daarvan bespreek het, is die verhoging van 16% steeds deurgevoer.

“Ons het wye terugvoer ontvang van landbouers en ander rolspelers in die waardeketting wat aandui dat hulle noodgedwonge aanpassings oorweeg om hierdie verhoging te akkommodeer,” sê Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Ongelukkig is die algemene gevoel dat arbeidsintensiewe vertakkinge soos groenteverbouing beëindig word en daar na bedrywe oorgeskakel word waar meganisasie ingespan word om voedsel te produseer.”

Die vergadering is dit eens dat dit meestal ongeskoolde werkers is wat deur hierdie aanpassing geraak sal word en waarskynlik in werkloosheid sal verval.

“Geen van die rolspelers wil hê dat werkers teen onbillike vergoeding moet werk of afgedank moet word nie,” sê Geldenhuys. “Ons wil bloot hê dat die regering besef dat landbouers eenvoudig nie hierdie verhoogde loon kan bekostig nie. Enige produsent moet winsgewendheid as prioriteit beskou om volhoubaar te kan boer. As wins geraak word, moet die landbouer noodwendig aanpassings maak.”

Vanuit die vergadering is voorstelle gemaak dat die minister van arbeid en indiensneming, Thulas Nxesi, gevra word om amptelik terugvoer te gee oor die proses van kommentaar en of enige insette in ag geneem is in die besluit. Die minister van landbou, Thoko Didiza, sal ook gevra word hoe sy in die proses geken is en waarom sy nie vir landbou in die bresse tree nie.

Die rolspelers het verder voorgestel dat regsaksie beslis oorweeg word en politieke en openbare druk uitgeoefen word om die verhoging om te keer.

Die vergadering het saamgestem dat samewerking vanuit al die sfere van landbou benodig word om die volhoubaarheid van landbou te beskerm. Daarom het die vergadering die volgende besluit:

  • ʼn Dispuut sal verklaar word met die minister van arbeid en indiensneming aangaande hierdie irrasionele aankondiging. In die verband sal daar in ʼn vergadering met die minister gevra word dat die minimumloon op die ys geplaas word totdat die dispuut bygelê is;
  • Die VF Plus sal die aangeleentheid amptelik binne die parlement met beide die ministers van arbeid en landbou aanspreek;
  • Die LWO Werkgewersorganisasie sal ʼn riglyn saamstel om die remedies wat binne die wet tot beskikking is, uit te lig;
  • Dat ʼn regsproses geïnisieer word ten einde die irrasionele optrede van hierdie aankondiging in die hof te gaan toets;
  • Die landboubedryf sal openbare druk opbou en soveel as moontlik rolspelers aanmoedig om die saak te ondersteun, hetsy finansieel of op ander wyses. In die verband sal die nodige petisies opgestel word waarby benadeelde werkers ook betrek word.

Die verklaring en besluite word deur TLU SA, die VF Plus, LWO Werkgewersorganisasie en ander rolspelers in landbou ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Dup

Hulle plan is om die boere op hulle knieë te dwing en dan die plase oor te neem.Dieselfde stryd word tans teen Afrikaans en Afrikaanse skole gevoer.

Jaco

Met dié optrede versnel die oorwegend wit landboubedryf die instelling van onteiening sonder vergoeding en gaan die bietjie welwillendheid van die regering t.o.v. bietjie hulp om plaasaanvalle te keer, HEELTEMAL verdwyn. AANVAAR eerder wat aan die gang is en pas daarby aan. Gaan kyk na die Jode: hulle is vir eeue lank dwarsoor die wêreld vervolg en aan bande gelê. Hulle het meestal dit aanvaar en aangepas by dit wat hulle wel toegelaat was om te doen.

Persheks Adri

Die boere kan dit eenvoudig nie bekostig nie en 16% is mal! Die boere moet die ongeskoolde werkers laat gaan en blanke mense kry om te werk vir huidige loon. Familie van my doen dit al jare lank. Dis tyd dat ons na ons eie mense begin kyk

James

Hou op sleg voel oor die mense wat afgedank gaan word. Ek se dit nie ligtelik nie – ek verstaan die menslike aspek: Die mense met wie jy elke dag saamwerk, en ‘n persoonlike belangstelling in kweek en koester. Maar weet jy wat? Elke 4 jaar stem dieselfde mense(meerderheid), die ANC in regering in. Tyd dat hulle die lat voel wat hulle stemsiklus na stemsiklus vir hulle eie agterstewes pluk. Dis nou maar hoe dit is – en hulle bring dit oor hulleself met hulle kruisie. Laat hulle nou maar die vrugte van hulle kruisie pluk – getraande ogies en… Lees meer »

Stefan

Hoeveel werkloses (plakkers) wil ons nòg byhè?