Landboubedryf begin proses teen minimumloon vir plaaswerkers

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

ʼn Groep rolspelers uit die landbou-waardeketting het Vrydag samesprekings gevoer oor die minimumloon vir plaaswerkers wat op 1 Maart 2021 in werking tree. Ten spyte van verskeie insette uit die landboubedryf wat teen die volhoubaarheid van die voorstel kapsie gemaak en ook die implikasie daarvan bespreek het, is die verhoging van 16% steeds deurgevoer.

“Ons het wye terugvoer ontvang van landbouers en ander rolspelers in die waardeketting wat aandui dat hulle noodgedwonge aanpassings oorweeg om hierdie verhoging te akkommodeer,” sê Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Ongelukkig is die algemene gevoel dat arbeidsintensiewe vertakkinge soos groenteverbouing beëindig word en daar na bedrywe oorgeskakel word waar meganisasie ingespan word om voedsel te produseer.”

Die vergadering is dit eens dat dit meestal ongeskoolde werkers is wat deur hierdie aanpassing geraak sal word en waarskynlik in werkloosheid sal verval.

“Geen van die rolspelers wil hê dat werkers teen onbillike vergoeding moet werk of afgedank moet word nie,” sê Geldenhuys. “Ons wil bloot hê dat die regering besef dat landbouers eenvoudig nie hierdie verhoogde loon kan bekostig nie. Enige produsent moet winsgewendheid as prioriteit beskou om volhoubaar te kan boer. As wins geraak word, moet die landbouer noodwendig aanpassings maak.”

Vanuit die vergadering is voorstelle gemaak dat die minister van arbeid en indiensneming, Thulas Nxesi, gevra word om amptelik terugvoer te gee oor die proses van kommentaar en of enige insette in ag geneem is in die besluit. Die minister van landbou, Thoko Didiza, sal ook gevra word hoe sy in die proses geken is en waarom sy nie vir landbou in die bresse tree nie.

Die rolspelers het verder voorgestel dat regsaksie beslis oorweeg word en politieke en openbare druk uitgeoefen word om die verhoging om te keer.

Die vergadering het saamgestem dat samewerking vanuit al die sfere van landbou benodig word om die volhoubaarheid van landbou te beskerm. Daarom het die vergadering die volgende besluit:

  • ʼn Dispuut sal verklaar word met die minister van arbeid en indiensneming aangaande hierdie irrasionele aankondiging. In die verband sal daar in ʼn vergadering met die minister gevra word dat die minimumloon op die ys geplaas word totdat die dispuut bygelê is;
  • Die VF Plus sal die aangeleentheid amptelik binne die parlement met beide die ministers van arbeid en landbou aanspreek;
  • Die LWO Werkgewersorganisasie sal ʼn riglyn saamstel om die remedies wat binne die wet tot beskikking is, uit te lig;
  • Dat ʼn regsproses geïnisieer word ten einde die irrasionele optrede van hierdie aankondiging in die hof te gaan toets;
  • Die landboubedryf sal openbare druk opbou en soveel as moontlik rolspelers aanmoedig om die saak te ondersteun, hetsy finansieel of op ander wyses. In die verband sal die nodige petisies opgestel word waarby benadeelde werkers ook betrek word.

Die verklaring en besluite word deur TLU SA, die VF Plus, LWO Werkgewersorganisasie en ander rolspelers in landbou ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Dup ·

Hulle plan is om die boere op hulle knieë te dwing en dan die plase oor te neem.Dieselfde stryd word tans teen Afrikaans en Afrikaanse skole gevoer.

Die Wolf ·

Dan kan ons maar hongersnood in die gesig staar. Dit is oor en oor bewys dat dit n groot gemors gaan afgee, behalwe as hulle chinese en ander broeders dit gaan kry?

Jaco ·

Met dié optrede versnel die oorwegend wit landboubedryf die instelling van onteiening sonder vergoeding en gaan die bietjie welwillendheid van die regering t.o.v. bietjie hulp om plaasaanvalle te keer, HEELTEMAL verdwyn. AANVAAR eerder wat aan die gang is en pas daarby aan. Gaan kyk na die Jode: hulle is vir eeue lank dwarsoor die wêreld vervolg en aan bande gelê. Hulle het meestal dit aanvaar en aangepas by dit wat hulle wel toegelaat was om te doen.

annie ·

… en toe is die Jode met liefde aanvaar en almal het gelukkig saam gelewe? Glo jy ook WW2 was ‘n fliek? Watter boere moet hul grond afstaan… hul eiendom? Dink jy regtig net 20 of so swartes gaan ‘n plotjie wil hè en die res gaan tevrede wees? En vir diè wat grond onwettig verkry het, gaan jy meer belasting betaal sodat CR se daggaplasies floreer terwyl koskaste in winkels leegstaan? Verkeerd = reg = 1984?

Persheks Adri ·

Die boere kan dit eenvoudig nie bekostig nie en 16% is mal! Die boere moet die ongeskoolde werkers laat gaan en blanke mense kry om te werk vir huidige loon. Familie van my doen dit al jare lank. Dis tyd dat ons na ons eie mense begin kyk

James ·

Strooptyd hierdie jaar so om en by Junie tot Augustus is daar ‘n jong wit man wat die John Deere tegnologie in die kajuit verstaan. Hy’t by John Deere gewerk – jonk, wit, en onderbetaal. Hy VERSTAAN daai moderne stroper. Die vorige (swart) drywer het gedros – te veel geluister vir die ANC.

Die besluit is geneem om nie een van die ander (swart) werkers op te lei in die gebruik van die stroper nie. Ons soek ‘n stroperdrywer wat die uiters moderne kajuit verstaan, niks breek nie, en sy ideologiee tuis laat wanner hy aanmeld vir werk.

So -in die 2021 stroopseisoen het ons ‘n mannetjie in die kajuit wat die tegnologie verstaan, per hektaar betaal word, en nie bang is om te stroop tot alles vol is nie – al is dit 23h00 vanaand – ( tot die dou en ryp beslis dat stroop gestaak moet word)

Hy gaan huis toe na die stroop seisoen met ‘n vet tjek.

Ons sit nie met skade en ideologiese arbeidsprobleme nie.

Soos die Engelse verklaar het: ” Cut your nose, to spite your face.”

Vrijburger ·

Mmm Jame ek hou hiervan. Hier in Texas vorm boere ‘n ‘kooperasie’, koop die nodige toerusting (strooper) en sit dan ‘n jongman soos hierdie in beheer wat dan bloot spesialiseer in stroopwerk op al die plase.

Thom ·

Ek is ook ‘n boer en MY morele kompas laat my nie toe om mense uit te buit nie . Ek betaal my mense meer as die minimum loon en ek daag jou persoonlik uit om ‘n familie te onderhou en behoorlik te voed met daardie tipe inkomste . Boere hier gaan nog verder en beskou die minimum as die totale pakket en trek dan nog alles daarvan af wat die wet toelaat bv behuising , vuurmaakhout ens . Sulke boere se drankrekening per dag is gewoonlik hoër as wat hy sy arebeiders per dag betaal .
Alle boere is nie so nie maar wees bewus van die werlkiheid ook .

Persheks Adri ·

Hulle buit nie hulle werkers nie glo my! Hulle kry obviously meer as die minimum loon en behuising, kos, medies ens. Jy mis my punt: sorg vir die blankes Thom dis realiteit

James ·

Hou op sleg voel oor die mense wat afgedank gaan word. Ek se dit nie ligtelik nie – ek verstaan die menslike aspek: Die mense met wie jy elke dag saamwerk, en ‘n persoonlike belangstelling in kweek en koester.

Maar weet jy wat? Elke 4 jaar stem dieselfde mense(meerderheid), die ANC in regering in. Tyd dat hulle die lat voel wat hulle stemsiklus na stemsiklus vir hulle eie agterstewes pluk.

Dis nou maar hoe dit is – en hulle bring dit oor hulleself met hulle kruisie. Laat hulle nou maar die vrugte van hulle kruisie pluk – getraande ogies en soebat ten spyt.

Wie nie wil hoor nie – moet voel. Miskien begin hulle dink oor hulle kruisie. Tot dan – Sterkte, en geen simpatie – vir hulle.

James ·

Soveel as moontlik. Dis ANC beleid om die “onvoltooide revolusie” te voltooi. Daarvoor benodig hulle ‘n proletariaat. Hulle werk daaraan – Cyril heel voor.

Begin jy nou om die ANC te verstaan? Nie? Gaan lees hulle beleidsdokumente saans, instede van Kyknet kyk.

Jack ·

Ek is in beginsel gekant teen regerings inmenging in werkgewer/werknemers verhoudings. Laat mark kragte dit uitsorteer. You don’t hire if you can’t fire.

Hierdie regering geringskat die groot rol wat Boere in voedselsekerheid asook die ekonomie speel. Daar sal seker eers groot hongersnood moet kom alvorens die ANC se oë sal oopgaan, indien ooit.

Barend ·

Kyk maar vir iets wat stil in die agtergrond ook deurgevoer gaan word, soos die krimmenele wet vir Covid maskers.

Piet ·

R173 ‘n dag. Dis waarvoor die landbou bedryf besluit om aksie te neem teen. Nie die geldgierige middeman herverkopers. Nie die blatante markte manipulasie deur die groot boere nie. Die absolute minimum vir die werkers wat AL die produksie lewer.

Die Wolf ·

Is mense wat heeldag in n lugverkoelde kantoor sit wat die meeste geraas maak. Die ou gesegde van lee blikke maak die meeste geraas?

Gatvol... ·

Gaan Cyril sy plaaswerkers ook daardie 16% verhoging gee? Onthou dis blanke mense.

Anoniem ·

Met die verhoging wat is nou die presiese minimum bedrag wat per uur betaal moet word????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.