Landboubeleid moet bly soos dit is

Vrystaat, landbou, windpomp, mielies, landbou

Agbiz sê die huidige landboubeleid is voldoen. (Foto: Argief)

Onlangse verkiesingspeilings dui steeds daarop dat geen enkele politieke party ’n volstrekte meerderheid na die nasionale verkiesing gaan hê nie. Dit skep onsekerheid betreffende die nasionale regering wat na moontlike koalisiebesprekings saamgestel gaan word.

Ongeag sy samestelling, die volgende regering van demokratiese Suid-Afrika sal in alle waarskynlikheid sy ekonomie moet opknap wanneer dit aan bewind kom.

Vir sommige sektore van die ekonomie kan so ’n hersiening nodig wees.

Wandile Sihlobo, hoofekonoom van Agbiz, sê die globale omgewing waarin ons werk, het die afgelope maande aansienlik verander, deels vanweë die stygende politieke spanning en die gepaardgaande ekonomiese risiko’s.

“Die landboubeleid vereis nie hersiening nie. Die sektor benodig ’n skerper fokus op die implementering van bestaande programme. Die fokus moet primêr wees op die uitvoering van die verantwoordelikhede van die verskillende direktorate op nasionale en provinsiale vlak van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling (DALRRD).”

Die landbousektor het ’n ambisieuse en verenigende visie deur die landbou- en landbou-verwerkingsmeesterplan (AAMP) wat in Mei 2022 van stapel gestuur is.

“Inderdaad, die AAMP is nie volmaak nie, en sommige aspekte is betwis tydens sy opstelfases. Dit is te wagte, gegewe die omvang van maatskaplike vennote wat betrokke is by die opstel daarvan.”

Tog het die meeste maatskaplike vennote, soos die sakegemeenskap, die regering en arbeid, saamgestem dat die AAMP ’n raamwerk bied om die landbou- en landbouverwerkingsektor te laat groei, mededingendheid te bou, meer beleggings te lok, insluiting te verbeter en werk te skep.

Hierdie vooruitsigte sal help om Suid-Afrika se sosio-ekonomiese uitdagings te takel, veral in landelike gebiede en klein dorpies.

Boonop het die DALRRD sy voorneme aangedui om die sowat 2,5 miljoen ha se grond wat onder die proaktiewe grondverkrygingstrategie (PLAS) is, met titelaktes aan begunstigdes vry te stel.

(Argieffoto: Unsplash)

Hierdie grondvrystelling sal deur die agentskap vir grondhervorming en landbou-ontwikkeling, wat tans van stapel gestuur word, geskied.

“Die bekendstelling van hierdie agentskap het langer geneem as wat ons verwag het. Na informele gesprekke met die huidige leierskap van die DALRRD glo ons egter dat daar ’n verbintenis tot die grondvrystelling met titelaktes aan begunstigdes is.”

Hierdie grond sal help om Suid-Afrika se landbou-uitset oor verskeie kommoditeite te verhoog.

“Deur die belofte van hierdie grondvrystelling bly die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP) glo dat Suid-Afrika se landbou in die komende jare kan aanhou groei en indiensneming uitbrei.”

Daar is weliswaar toenemende angstigheid in die bedryf en onder georganiseerde landbou-belanghebbendes oor die stadige pas van die implementering van die AAMP.

Die regering en maatskaplike vennote het die plan gedurende ’n moeilike tyd afgehandel. Soos die implementeringsproses begin het, het verskeie uitdagings die fokus van die AAMP weggeneem.

Dit sluit die aanhoudende beurtkrag die afgelope jare, logistieke beperkings by hawens, proteksionisme in uitvoermarkte soos China (wol), die EU (sitrus) en Afrika (groente), en die verspreiding van dieresiektes (bek-en-klouseer by beeste, Afrika-varkpes by varke, en voëlgriep by pluimvee) in.

(Foto ter illustrasie: Komati Fruit)

Hierdie gebeure het beteken dat die regering en verskeie belanghebbendes in die bedryf in “krisis”-modus beweeg het, en die aandag van die AAMP verskuif het.

“Daar was inderdaad ook ’n gebrek aan fokus en belangstelling in samewerking met sakeondernemings op ’n provinsiale vlak van die regering, wat bygedra het tot die stadige implementering van die beleide.”

Spanning tussen die regering en die private sektor het ontstaan terwyl dringende en korttermynkwessies opgelos moes word.

“Hierdie politieke spanning in die ekonomie is geneig om vertroue en die samewerkende visie onder druk te plaas, selfs al is dit net tydelik. So ’n omgewing is ’n ryk teelaarde vir stadige optrede om die AAMP te implementeer.

“Boonop hoor ons dikwels by landbousakeleiers van die kil ervaring wat hulle by sommige provinsiale en plaaslike regeringskantore, wat instrumenteel is tot die sukses van die implementering van die AAMP, gehad het. Dit is ’n gebied waarop die nasionale regering moet fokus om die belyning van visie en dringendheid met die aanvaarde beleide en programme te verseker.”

Die jongste suksesse is die avokado’s in China, beesvleisuitvoer na Saoedi-Arabië, en graanuitvoer na Egipte. Die poging van die regering en nywerheid om die EU se uitdagings vir sitrusuitvoer deur die WHO te hanteer, is noemenswaardig.

Voortaan behoort die uitbreiding van die uitvoermarkte ’n prioriteit vir die Suid-Afrikaanse regering en georganiseerde landbou te bly. Dit is selfs belangriker in die huidige omgewing van die toenemend proteksionistiese wêreld, terwyl Suid-Afrika ’n toename in produksievolumes van verskeie produkte ervaar.

Foto ter illustrasie. (Foto: Paul Teysen / Unsplash)

“Uitvoer sal nie ’n sukses wees sonder ’n groter fokus op logistiek nie. Die samewerkingspoging by die hawens en spoorweë moet voortgaan en uitbrei na padinfrastruktuur in die klein dorpies waar verswakkende paaie groot koste en ondoeltreffendheid vir landbou-ondernemings meegebring het.”

Die een aspek wat ’n toevoeging tot die gereedskapstel behoort te wees, is deurlopende betrokkenheid en vrugbare samewerking tussen belanghebbendes in die bedryf en georganiseerde landbou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kokerboom ·

Visie, fyn beplanning, koordinering, oopkop denke en toewyding noodsaaklik om die verskillende elemente in die landboubeleid te laat koordineer sonder politieke ideologiee en retoriek met groei en voedselsekerheid die hoofdoelwitte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.