Landboudepartement het wet oortree, sê OB

Busisiwe Mkhwebane (Foto: ANA)

Die openbare beskermer Busisiwe Mkhwebane het Dinsdag gesê haar ondersoek oor die Vrystaatse departement van landbou het slegs gefokus op kwessies van wanadministrasie, wat aan die lig gebring het dat die hoof van die departement en ander beamptes onwettig opgetree het.

Sy het haar verslag voorgehou aan die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste, te midde van bewerings dat sy versuim het om die rol van die voormalige minister van minerale hulpbronne, Mosebenzi Zwane, en uittredende Vrystaatse premier Ace Magashule, te ondersoek in die Gupta-gekoppelde Vrede-suiwelplaasprojek. Daar is gerugte dat miljoene rande, wat geoormerk is vir plaaslike boere, aangewend is tot voordeel van die Guptas, na bewering met behulp van Magashule en Zwane.

Minstens agt verdagtes het verlede maand in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn in verband met die geld.

Die komitee het besluit om Mkhwebane te ontbied, ná ʼn uitlating dat sy nie die kapasiteit of finansiële hulpbronne gehad het om inligting wat met GuptaLeaks verband hou, te ondersoek nie.

Mkhwebane, wat in haar onderhoud vir die pos van openbare beskermer gesê het dat sy na arm mense se behoeftes sal omsien, is veroordeel dat sy nie na die behoeftige begunstigdes van dié onsuksesvolle projek omgesien het nie.

Die openbare beskermer moes ook vrae beantwoord waarom fakture wat aandui dat miljoene op serpe spandeer is, haar nie genoop het om verder ondersoek in te stel buiten die administratiewe foute wat sy ondersoek het nie. Glynnis Breytenbach, voormalige staatsaanklaer en nou DA-LP, het daarop gewys dat die serpe elk meer as R1 000 kos en gesê dit is meer as wat sommige behoeftige mense in ʼn maand verdien.

Mkhwebane het gesê die verslag was reeds afgehandel toe sy die pos oorgeneem het en sy het dit net gefinaliseer. Sy het ook gesê dit is wettig nie moontlik om die saak weer oop te maak nie. Sy het ook gesê sommige van die kwessies waaroor sy gepols word, vorm deel van die staatskaping-ondersoek en dit is sub judice. Die LP’s het dit egter bevraagteken, want die publiek se reg om te weet weeg swaarder as dié oorweging.

Mkhwebane het erken dat haar kantoor die e-posse, genaamd GuptaLeaks, ontvang het, en gesê: “Ons moes ons eie ondersoek doen.” Sy het gesê die ondersoek is belemmer as gevolg van ʼn gebrek aan fondse.

“Ons gebruik nie net inligting van die media en sluit daardie inligting in ʼn verslag in nie, want ons kan daarvan beskuldig word dat ons inligting gebruik wat in die media gebruik is. Mens moet self gaan en jou eie ondersoek instel en dan die inligting saamstel sodat, selfs al word dit hof toe gevat, ek dit kan verdedig,” het sy verduidelik.

Die verhoor is vir ʼn paar minute opgeskort toe lede van die Black First Land First-groep plakkate in stilte opgehou het. Die plakkate het gelui: “Ons soek ʼn staatskaping-ondersoek #hands of Mkhwebane”. Die betogers is vinnig deur veiligheidswagte verwyder.

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann ·

Doen jouself n guns en LUISTER na die dame se gesprekke tydens die sessie. Sy gly agteruit teen n opdraande op soos sy Eeee… en Aaaa en cover vir haar wickets. GEEN STATUUR van wat mens sou verwag haar pos vra nie!!!!! Sys daar om ZUPTOPIA en sy ZUMAIKIES te beskerm, waarskeinlik teen n stewige paar serpeas betaling. Die arrogansie en vermetelheid om SO pateties te reageer ip direkte aanjlagte dat sy vir ACE en sy buddies cover? ANC LEGACY!!!!!!

Blits ·

Sy is onbevoeg vir di pos, na al die dinge wat sy so lekker pak oor gekry het in die hof, verwag sy dat ons haar nogsteets vertrou en haar glo???
Dan is die BLF ook nou in ha kant, en ons weet wie en wat di useless klomp verteenwoordeig.
BEDROG, KORRUPSIE, STAATSKAPING, DIEFSTAL VAN MENSE SE GELD EN AFPERSING EN AANRANDING

As ek n politikus was sou ek wraggies nie di klop useless BLF agter my wou he nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.