Landbouprodusente in oorlewingstryd

droogte

Foto: Skymetweather.com

Agri SA het ʼn dringende beroep op die publiek en die korporatiewe sektor gedoen om die organisasie se droogtehulpfonds te ondersteun.

“Agri SA se kantoor word tans oorweldig deur versoeke vanaf uiters desperate kommersiële en opkomende landbouprodusente om droogtehulp,” het Omri van Zyl, Agri SA se uitvoerende direkteur, gesê.

“Finansiële bydraes tot die droogtehulpfonds word benodig vir die befondsing van voerpille en die vervoer daarvan na produsente in nood.”

Hy het gesê ʼn ander groot probleem wat die organisasie ondervind is dat ʼn toenemende getal hoogs produktiewe en suksesvolle kommersiële produsente tans sukkel om kop bo water te hou. “Ons doen ʼn beroep op kommersiële banke en agri-besighede om maniere te vind om grootskaalse bankrotskappe onder hierdie produsente te verhoed. Ons vra ook dat die regering hulp verleen aangesien hierdie produsente ʼn belangrike rol speel om voedsel op groot skaal vir die kommersiële mark te produseer.”

Van Zyl het gesê dit is veral produsente in dele van die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes, Oos-Kaap en Wes-Kaap wat deur ʼn ernstige krisis in die gesig gestaar word en dringend finansiële hulp benodig. “Hulle kan nie langer bekostig om veevoer aan te koop nie en het nie die nodige kontant om hul boerderye aan die gang te hou nie. Boorgate op baie plase het ook begin opdroog en diere is besig om te vrek. Plaaswerkers en hul gesinne het ook dringend humanitêre hulp nodig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Lida ·

Die 4 groot banke kan miljoene skenk ipv onbenullige goed borg.

Bravo16 ·

Julle, kan ons nie al die tuin afval vir die diere stuur nie. Ons kan mos dieselfde doen as met die water. Al die tuindienste gaan gooi elke dag tonne gras en blare weg. Die diere kan dit mos eet.

Bravo16 ·

Gooi die varsprodusente mark nie ook groente wat begin af gaan of nie verkoop nie weg nie? Kom ons begin werk hieraan. Een van die dae gaan ons ok niks he om te eet nie. Hoe kan ek ‘n bydra lewer?

Johan ·

Bravo 16, jou entoesiasme is mooi. Ek weet jy wil graag help. Oppas net vir afval produkte en tuin afval vir plaas diere. Daar is werklik net sekere materiaal wat kan nuttig wees. As baie mense skielik al hulle afval vir boere wil gee (en ek glo dit sal net met ‘n mooi hart hart bedoel word) en boere wyer van die materiaal, kan mense aanstoot neem en dink boere is ondankbaar. Verstaan dat boerdery delikaat is. Sommige materiaal kan baie skadelik wees en as goeie materiale gemeng word kan dit ook dodelik wees. Ek dink finansiële hulp sal die beter en veiliger opsie wees, sodat boereverenigings die regte voere kan koop en versprei.

Jan maak n Plan ·

En die stilte van die regering heroor is weer oor verdowerend. Proudly weer South African.

TJ ·

Dis ons plig om die mense dringend te help kom ons help hulle. Ek stem saam dat al die afvaal groente van al groente markte n groot hulp aan die diere sal wees. Selfs tuindienste

John ·

Soos dorpenaars/stedelinge wat in finansiele verknorsings sit, moet boere ook maar hul trots in hul sak steek en finansiele raadgewers gaan spreek en raad inwin oor hoe om hul finansies beter te beplan. Stedelinge en kan nie net skuld op skuld maak nie en dan die pers nader om iemand te vind om hul kinders se skoolgelde te betaal nie, maar die boere kan wel. AgriSA moet dringend kursusse aanbied vir boere oor hoe om hul finansies te laat klop. Sedert 1994 moes die gewone mense maar aanpas en planmaak in die nuwe bedeling in SA. Welkom in die nuwe SA, boere!

jennefer ·

Dit gaan hier oor n droogte. Ek boer nie op skuld , ook nie kommersieel , maar as dit nie binne 3 maande reen, moet ons alle diere verkoop, teen swak prys en dan weet ek nie of ons ooit weer kan begin nie

Ouman ·

Duidelik verstaan u nie die impak van droogte op boerdery nie. Insette koste is buite verhouding hoog en as die reen wegbly is daar geen inkomste nie. Meeste stedelinge is ook maar net ‘n paar salristjeks weg vanaf bankrotskap.

Ander Koos ·

Ai John, hierdie is ‘n natuurramp en het niks met finansiele beplanning te doen nie. Jou kommentaar is onvanpas. Dit is ‘n skreiende skande dat die anc regering nie die boere bystaan nie. Wereldwyd help regerings hulle boere in tye van natuurrampe

Paul ·

Almal wat vir John so aanvat. Onthou net een ding – hierdie droogte is laaaaaank reeds voorspel. Die vorige groot droogte in Suid-Afrika was omtrent 25 jaar gelede, so dis regtig nie asof enige boer kan sê: “Ek het nie verwag dat daar binnekort ‘n groot droogte sal wees nie.”
As jy boer en jy dink daar kan nie natuurrampe wees nie, dan moet jy eerder nie boer nie.

Fj ·

Kan Afriforum nie weer n sms veldtog reel wat R20 kos per sms nie. Ek het baie meer as R20 se hulp gekry van hulle af vir die droogte. Ons gebied het lekker reën gehad ons is baie dankbaar vir dit, en ons diere is vet. Ek sal meer as een sms stuur.

Fj ·

Afriforum het nie alleen gehelp nie. Ek bedoel almal wat gehelp het,en daar was baie. Reel weer so n veldtog. Jammer as ek my verkeerd uitgedruk het.

lynette ·

John, as n dwaas swyg, sal mense dink hy is slim, maar as hy sy mond oop maak kom die nonsens uit. Daar is ñ verskriklike droogte aan die gang en geen kursus kan n Boer leer om sy begroting te laat klop as daar nie reen val nie!!!!! Niks groei nie en daar is geen kos en water vir sy diere! Dan begin hy dit aankoop maar geld raak ook op. Dis hartverskeurend om jou diere te sien vrek van honger en dors, daarom maak hulle nadethand skuld. Dink voor jy praat asseblief, jy kan nie n boer en n stedelinh se skuld en omstandighede vergelyk nie.

Han ·

Ek wil baie graag bydra. Òf deur middel van sms’e, òf deur ‘n bankinbetaling na Agri SA, wat die fondse kan versprei na waar nodig.

pop ·

John my Oupa, wat tussen hakies n boer was het kort voor sy dood gese die boere boer deesdae op die dorp in stede van die plaas. Ons het ook droogte beleef en moes maar sien kom klaar. Maar daar is in die geil jare weggesit vir daai dag. So nou het julle nog iemand om mee te baklei. Tussen hakies ek dink ons pensioenarisse moet nou ook hulp kry want die swak rand besnoei nou erg aan die pensioene

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.