‘Landbousektor hoofrede dat SA uit resessie gelig is’

landbou-mielies-pexels

Foto: Pexels/Pixabay.com

Suid-Afrika se ekonomie is uit resessie ná ʼn groeisyfer van 2,5% kwartaal-op-kwartaal in die tweede kwartaal. Bruto binnelandse produk (BBP) het gekrimp met 0,7% in die eerste kwartaal van 2017 ná ʼn afname van 0,3% in die vierde kwartaal van 2016, wat die land in ʼn tegniese resessie gedompel het.

“Hoewel hierdie broodnodige groei deur alle Suid-Afrikaners verwelkom sal word, is Agri SA bekommerd dat dit slegs ʼn beperkte uitwerking sal hê op die ekonomie aangesien aanwysers op die langer termyn gedempte groei voorspel,” het Requier Wait, hoof van handel en ekonomie by Agri SA, gesê.

Wait meen die land sukkel steeds met rekordvlakke van werkloosheid en armoede, lae beleggersvertroue en onsekerheid in die beleidsomgewing. “Suid-Afrika kon sedert 2014-’15 nie daarin slaag om groei oor drie agtereenvolgende kwartale aan te teken nie, en is dus een van die swakste spelers onder die opkomende markekonomieë. Dit is weens sy onstabiele politieke omgewing en gepaardgaande beleidsonsekerheid, korrupsie en gebrek aan ekonomiese en politieke leierskap,” het Wait laat hoor.

Agri SA is egter verheug oor die landbou se positiewe groei in ʼn tweede agtereenvolgende kwartaal en die breër positiewe uitwerking daarvan op die ekonomie. “Ondanks lae uitsette in die Wes- en Oos-Kaap weens voortslepende droogte, het landbouproduksie in die tweede kwartaal van 2017 toegeneem met 33,6%1. Dit is gedryf deur die produksie van gesaaides en tuinbouprodukte. Ons voorsien positiewe groei in die landbou in komende kwartale, maar die voortdurende droogtetoestande bly steeds ʼn bron van kommer,” het Wait gesê.

Agri SA meen die landbousektor het dus ’n belangrike rol gespeel om die ekonomie uit die resessie te lig. “Agri SA, as ʼn federasie van landbou-organisasies en ʼn organisasie wat verbind is tot die ontwikkeling van die landbou in Suid-Afrika, gaan voort om uit te reik na die regering in ʼn poging om sodanige ontwikkeling ʼn nasionale prioriteit te maak,” het Wait laat hoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

julius ·

Nou moet die boere meer op hul hoede wees want die anc hou niks van iets wat werk nie.

Anoniem ·

Net jammer al die boere word uitgemoor… Dink net hoe sterk sal die agri groei dan wees.

Eish ·

Darem een ligpuntjie in die helhool. Die gans wat die goue eers lê. Die res van die ekonomie is lam, verbruikers bestee nie.

Countryboy ·

Maar nog steeds word ons boere uitgemoor en die regering sien nog steeds nie die groot rol wat ons landbouers speel nie want hul is te besig om hulle self blind te staar teen hul eie soustrein agenda…

Swart Piet ·

Ja en dan is dit die arme ouens wat op hulle plase vermoor word met goedkeuring van die regering.

Swart Piet ·

Ja dan is dit nou die arme mense wat met goedkeuring van die regering op hulle plase vermoor word.

Vermeende ·

Dit is juis die droogte wat hupstoot aan landbou gegee het, aanbod en aanvraag bepaal die prys. In tye van droogte verhoog produksie nie maar baie beter pryse word behaal.
Sodra n streek droogte ervaar dan sak graanproduksie maar tynbou neem toe, die rede is dat groente n maklike kontant gewas is wat nie afhanklik is van reenval nie maar wel besproeiing.

AC ·

Ja, middelman en ander parasiete gee boere 17 jaar terug se pryse vir hul mielies. Wie sal werk vir ñ salaris van 1999? Die inset koste is die jaar 2017 sin! Die diesel, kunsmis, arbeid en omgewingsvriendelike gifstowwe is nie aangepas soos mieliepryse nie. Almal word ryk uit boer se sak. Mielies per 100g is 16c in boer se sak, toiletrol van 100g is R6. Maak somme mense. Na 5jaar droogte is mens dankbaar vir reën maar jou handewerk en oes is niks werd nie.

Selfbeskikking ·

Ons kan onsself baie beter as hierdie af ANC regeer, ons het geen beter opsie as om nou te begin onderhandel met volle vertroue in selfregering nie. Daar is geen hoop dat die land ooit sal regkom nie en ons moet vanvoor begin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.