Landboustudente ontstig oor wegdoen met Afrikaans

Foto: Alta Griffiths/eGGSA Library

Foto: Alta Griffiths/eGGSA Library

Afrikaanse studente by die Elsenburg-landboukollege buite Stellenbosch is woedend nadat die kollege Woensdag begin het om onderrig net in Engels aan te bied, terwyl ’n 50/50-taalbeleid glo vroeër aanvaar is.

Die eensydige gebruik van Engels het begin nadat 14 swart studente glo eergister kapsie teen onderrig in Afrikaans gemaak het. Hulle het glo onwettig betoog, op die kampus geskreeu en lesings ontwrig. Dít terwyl die meerderheid van die studente Afrikaanssprekend is.

Sowat 150 Afrikaanssprekende studente weier nou om klasse by te woon totdat die dubbelmedium-taalbeleid teruggebring word.

’n Student, wat uit vrees vir viktimisering anoniem wil bly, het gesê die Afrikaanse studente is baie ontevrede oor die toedrag van sake. “Ons het ingeskryf met die verstandhouding dat 50% van die onderrig in Engels en 50% in Afrikaans is. Ons wil ons klasgelde terughê en ons gaan nie terug voordat daar weer ook lesings in Afrikaans is nie.” Die student het gesê die taalprobleme op die kampus het ’n lang aanloop.

Die kollege het eergister ’n brief uitgestuur waarin Darryl Jacobs, waarnemende adjunk direkteur-generaal van landbou-ontwikkeling en ondersteuningsdienste in die departement van landbou, glo gesê het dat alle klasse met onmiddellike effek net in Engels aangebied sal word totdat die hele studentegemeenskap by die sensitiewe taalkwessie betrek is.

Die brief is gestuur nadat die groepie oproerige studente aangedui het dat hulle uitgesluit voel omdat van die lesings net in Afrikaans of gedeeltelik in Afrikaans aangebied word. Luidens die brief sal daar ook binne twee weke samesprekings tussen die studenteraad en huiskomitee wees om verhoudings en die taalkwessie te bespreek. ’n Dringende vergadering sal ook met die kollegeraad belê word.

Dr. Irving de Swardt, oupa van een van die studente, het ook sy misnoeë met die verandering in die taalbeleid uitgespreek. “Die studente is baie ‘opgeklits’. Hulle het ingeskryf om in Afrikaans te studeer. Die kollege kan nie die onderneming nou summier verbreek nie.”

Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, het ’n brief aan die kollege gestuur waarin beswaar gemaak word oor die wegdoen van Afrikaans. “Dit is studente se grondwetlike reg om in hul moedertaal onderrig te word sover dit moontlik is. Die Afrikaanse studente het juis by Elsenburg ingeskryf omdat hulle in Afrikaans onderrig wil word.”

AfriForum Jeug verteenwoordig sowat 60 studente se belange en gaan hulle bystaan in hul stryd om Afrikaanse onderrig te behou, het Maree gesê.

Maroela Media kon nie onmiddellik die kollege se woordvoerder vir kommentaar bereik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Ronell Wilken ·

Gaan dit ook onder die aandag van Solidariteit bring en dit op Facebook uitbesuim.

J.Z ·

So werk die ANC hulle het geslaag met 50/50 nou vir alles,en dat daar wit mense is wat dit nie kan raak sien nie.

Therese van Schalkwyk ·

Kan net hoop dat die studente voet by stuk hou oor Afrikaans, want soos Afrikaners in die verlede al gewys het, raak hulle alles gewoond en is altyd die minste. Wys my een ander groep mense ter wêreld wat so vreedsaam sal bly terwyl hulle stelselmatig uitgewis word. Die meerderheid is klaar gewoond aan plaasmoorde en beskou dit as vanselfsprekend van die nuwe SA. “Almal ly onder misdaad”. Om te kla is “rassisties” en hunkerend na die verlede.

magriet ·

as ‘n instansie nie my taal praat nie kry hulle nie my geld nie. daar is altyd ‘n ander uitweg / opsie.

Adriaan ·

Sover ek weet, val Elsenburg onder die Wes-Kaap Departement van Landbou met ‘n provinsiale DA minister. Afrikaners wees bedag!

Tinus ·

Mooiso afrikaanse studente staan saam en werk daardie studente uit

Johan 2 ·

Hou so aan Afrikaners, de hel met hulle. By kovsies (en elders glo ek) beteken 50/50 taal dat engels gebruik word. Waag dit gerus om by sommige van die mediese kursusse n Afrikaanse vraestel of werkstuk in te dien, jy gaan dit nie maak nie!

Jennefer ·

Johan, Kovsies wil ook oorskakel na net engels. Die afrikaanse studente word glo bevoordeel , stem op Afriforum daarteen. My seun studeer op Kovsies , Hy het verlede jaar dieselfde graadkursus by Tukkies op Mamelodi kampus geloop. Natuurlik nie geslaag nie want selfs al was sy antwoord reg ,was dit nie in engels, en is dit foutief gemerk. Meerderheid dosente wat klas gee was net engels sprekend.

Peet Schabort ·

Maroela, publiseer asb. Darryl Jacobs se e-pos sodat ons hom kan gas gee.

Peet Schabort ·

Beter nog kan ons hom kunsmis of beesmis gee. Dis mos ‘n landboukollege.

jennefer ·

Kovsies wil blykbaar ook Afrikaans afskaf. Die afrikaanse student word blykbaar bevoordeel.Teken asb die aanlyn petisie op Afriforum webwerf.
My seun doen nou dieselfde graadkursus by Kovsies as wat hy verlede jaar by Tukkies Mamelodi kampus probeer slaag het. Aangesien meeste van die dosente engelssprekend was, is sy afrikaanse antwoorde ( selfs die korrekte antwoorde) verkeerd gemerk. Noudat hy in sy moedertaal onderrig ontvang , gaan dit goed.

jennefer ·

Kovsies beplan dieselfde, die afrikaanse studente word bevoordeel, my mening: die standaard van onderig is beter en die afrikaanse student presteer beter as die engelse. Steun Afriforum se petisie teen die verengelsing van Kovsies

MJL ·

14 swart studente? 150 wit studente? Kan julle wit studente nie mèèr ontwrig of mèèr lawaai nie? Moenie weier om klas te draf nie! ONTWRIG die lot!

Yolani ·

Ja gaan klas toe vra vrae in Afrikaans, begin sing en dans.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.